Hugenote behou onoorwonne status in Heidelberg
Daar is tot dusver vanjaar geen keer aan Hugenote in vanjaar se NWU Prestige-reeks nie.
Herleef al die aksie op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).
Hoërskool Hugenote van Springs het hul onoorwonne status in 2024 behou nadat die span van Springs met 17-10 bo uitgekom het in ‘n fisieke stryd teen Heidelberg Volkskool.
Dit het ‘n taamlike gekners afgegee met altwee spanne wat verbete verdedig het. Hugies het geduldig egter die druk aanhou oplaai om uiteindelik in die eerste helfte die ys te breek met drieë deur heelagter, George Loucas, en binnesenter, Vian van Dyk.
Volkies se losskakel, Kayle Venter, het met ‘n strafdoel geslaag om die rustydagterstand na 3-10 te laat krimp.
Die laaste 35 minute het meer van dieselfde opgelewer, met die twee spanne wat mekaar nogmaals op die verdediging gelooi het. Die Hugie-voorspelers het egter meedoënloos aan die deur bly hamer en die besoekers se derde drie, deur haker, Luan Pretorius, en verdoel deur Corné Pretorius, het Volkies die uitklophou toegedien.
Volkskool het nietemin moedig probeer terugveg, met hul hardwerkende haker, Janco Pretorius, wat einde ten laaste vir sy span kon druk. Dit was ongelukkig net té laat om die kastaiings uit die vuur te krap.
Hoërskool Jeugland het in hul kragmeting met Potchefstroom Volkskool harde waarskuwingskote afgevuur, op die vooraand van die SDC Noordvaal Cup-kompetisie, deur die Potchefstromers met ‘n telling van 64-22 af te ransel.
Vleuels, Oregopots Shilubane en Jetao Jooste, het baljaar met hope spasie wat aan die buitekant vir hulle geskep is, om elkeen twee keer agter die besoekers se doellyn te gaan draai.
Hoërskool Rustenburg kon, ten spyte van ‘n rooikaart vroeg in die eerste helfte, daarin slaag om die sluise in die laaste 20 minute van hul wedstryd teen ‘n begeesterde Hoërskool Montana span oop te maak. Die Rusties het 24 punte in daardie periode aangeteken om met 44-28 te wen, met losskakel, Jayden Meyer, wat twee drieë gedruk het.
Montana kan egter heelwat moed skep uit hul vertoning, wat bestempel word as hul beste tot dusver vanjaar. Ruwald Goosen, Monties se losskakel, was sy span se voorste puntemaker met twee doelskoppe en drie strafdoele.
Hoërskool Wesvalia het vir Hoërskool Oosterlig gewys waar Dawid die wortels begrawe het met ‘n wegholsege van 57-3.
Francois Dumond, Wesvalia se oopkantflank, het in ‘n afgeronde spanvertoning uitgestaan en twee van die Klerksdorpers se agt drieë gedruk. Rickard van Heerden, wat die naweek op binnesenter diens gedoen het, was in die kol met sewe doelskoppe en ‘n strafdoel .
Puntemakers:
Hugenote (Springs) 17 (10) – Drieë: George Loucas, Vian van Dyk, Luhan Pretorius. Doelskop: Corné Pretorius. Heidelberg Volkskool 10 (3) – Drie: Janco Coetzer. Doelskop: Kayle Venter. Strafdoel: Venter.
Jeugland 64 (33) – Drieë: Oregopots Shilubane (2), Jetao Jooste (2), Siyanda Mbanwa, Shammah Nsenda, Sharon Nsenda, Jose Ngoma-Ngoma, Sinenhlanhla Ndlovu. Potchefstroom Volkskool 22 (3) – Drieë: Jaco van der Merwe, Christoff Nel, Louis Fourie. Doelskoppe: Johandre Marre (2). Strafdoel: Marree.
Rustenburg 44 (15) – Drieë: Jayden Meyer (2), Zulu Khumalo, Lorenzo Snyers, Hendré Robinson, Pedrie Human. Doelskoppe: Snyers (3). Strafdoel: Snyers. Montana 28 (11) – Drieë: Devan van der Merwe, Sam Schoeman, Marcell Gouws. Doelskoppe: Ruwald Goosen (2). Strafdoele: Goosen (3).
Wesvalia 57 (29) – Drieë: Francois Dumond (2), Ulrigh du Preez, Junior Kuhn, Kyle Botes, Jeandre Snyman, Justin Adams, Fafa Calitz. Doelskoppe: Rickard van Heerden (7). Strafdoel: Van Heerden. Oosterlig 3 (3) – Strafdoel: Jayden Bouwer.
Noordheuwel 63 – Drieë: Cheswill Jooste (2), Lindsey Jansen (2), Jade Muller, Ignatius Jantjies, Ethan Smith, Gideon Diedericks. Doelskoppe: Jeandré Uithaler (9). Hoërskool Klerksdorp 7 – Try: Diwan Labuschagne. Doelskop: Deacon Loots.
Die Anker 21 (8) – Drieë: Troy Joubert, Jonathan Jordaan, Brandon Crous. Strafdoele: Ruan Smith (2). Lichtenburg 16 (6) – Drie: Donovan Rosato. Doelskop: Albert Joubert. Strafdoele: Joubert (3).
Marais Viljoen 36 (15) – Tries: Dian Scheepers (2), Rynier Welgemoed (2), Ethan Weideman (2). Doelskoppe: Recce Gerber (3). Zwartkop 21 (14) – Tries: Denilson Metcalfe, Luhardt Booyens. Doelskop: Booyens. Strafdoele: Booyens (3).
Hoërskool Pietersburg 19 (6) – Drie: Divan Brown. Doelskop: Brown. Strafdoele: Brown (4). Potchefstroom Gimnasium 18 (6) – Drieë: David Ndala, Tobias van Dyk. Doelskop: Ndala. Strafdoele: Ndala (2).
Ander spanne:
o. 16: Heidelberg Volkskool 26, Hugenote (Springs) 5; Potchefstroom Volkskool 33, Jeugland 19; Rustenburg 35, Montana 10; Wesvalia 22, Oosterlig 7; Zwartkop 52, Marais Viljoen 0; Pietersburg 38, Potchefstroom Gimnasium 3; Noordheuwel 54, Klerksdorp 3.
o. 15: Heidelberg Volkskool 14, Hugenote (Springs) 0; Potchefstroom Volkskool 27, Jeugland 14; Rustenburg 15, Montana 13; Wesvalia 14, Oosterlig 10; Zwartkop 20, Marais Viljoen 12; Pietersburg 54, Potchefstroom Gimnasium 0; Noordheuwel 36, Klerksdorp 12.
o. 14: Hugenote (Springs) 17, Heidelberg Volkskool 13; Jeugland 12, Potchefstroom Volkskool 12; Rustenburg 58, Montana 5; Wesvalia 59, Oosterlig 10; Marais Viljoen 14, Zwartkop 14; Pietersburg 43, Potchefstroom Gimnasium 6; Noordheuwel 28, Klerksdorp 5.
- Marais Viljoen durf 2025 aan met nuwe rugbyhoof en ywer - 2025-02-12
- Klofies beëindig Yesbere-segetog - 2025-02-12
- Groot honde in Finsbury se B-afdeling pak mekaar - 2025-02-11