SuperSport Schools Plus

Hope aksie in die Vrystaat

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-05-17 Tags: , , , , , , , , ,

FOTO: Dirkie Groenewald

Landboudal en Jim Fouché sluit Saterdag ‘n aksiebelaaide week van skolerugby in die Vrystaat af wanneer hulle mekaar die stryd aansê in Jacobsdal, terwyl Fichardtpark hul tweede wedstryd van die week speel, teen Hoërskool Burgersdorp.

Die Fichies het Dinsdag in ‘n klipharde kragmeting met HTS Louis Botha met 36-14 as oorwinnaars uit die stryd getree, danksy ‘n driekuns deur loskopstut, Zaine van Zyl.

Daardie wedstryd het egter fisies sy tol geëis, en die Bloemfonteiners sal blitsig moet hergroepeer voor hulle Saterdag teen die vurige Burgersdorpers te staan kom.

Gedurende die week het Zastron en Brandfort ook hul veldtogte in die Vrystaat B-liga voortgesit met oortuigende seges teen onderskeidelik St. Andrews en Heatherdale.

Brandfort se agsteman, Pieter Bezuidenhout, het vier keer agter Heatherdale se doellyn gaan kuier in hul wegholsege van 64-7, terwyl Zastron verhoed het dat Saints enige punte teen hulle kon aanteken. Drieë deur WG Rautenbach, Kamo Masiloane, Rheinico Nel en Juan Botha het bygedra tot hul spogsege van 26-0.

Hierdie naweek pak Zastron vir President Steyn in Bloemfontein. Brandfort besoek ook die Rosestad om vir St. Andrews uit te daag, terwyl Heatherdale en Bloemfontein-Suid kragte meet op die Clive Solomon-stadion.

Puntemakers:

Dinsdag, 14 Mei

Fichardtpark 36 (14) – Drieë: Zaine van Zyl (3), Divan Martens, Ruben Visagie. Doelskoppe: Visagie (4). Strafdoel: Visagie. HTS Louis Botha 14 (7). 

Brandfort 64 (35) – Drieë: Pieter Bezuidenhout (4), MJ Wolmarans, Xander van Heerden, Malan Kriel, Johan van Wyk, Franco de Klerk, TK Lichaba. Doelskoppe: De Klerk (7). Heatherdale 7 (7).

Zastron 26 (19) – Drieë: WG Rautenbach, Kamo Masiloane, Rheinico Nel, Juan Botha. Doelskoppe: Lechabile Leballo (3). St. Andrews 0.

Bepalings:

Landboudal t. Jim Fouché om 13:30

Landboudal: 15 Marius Etzebeth, 14 Simeon de Klerk, 13 Jan-Louis Nel, 12 Divan Vorster, 11 Jannie de Waal, 10 Henko Truter, 9 Craven Crause, 8 Juhan van der Westhuizen, 7 Jaco Venter, 6 Brink Bruwer, 5 Renier Pietersen, 4 Franke Fourie, 3 Ruan van Bosch, 2 Regard Scheepers, 1 Wianco Ludike.

Jim Fouché: 15 Christian Strydom, 14 Kay Dinn Langley, 13 Justin Groenewald, 12 Heinrich Hattingh, 11 Bendré Vermaak, 10 Breyten de Wee, 9 Brenden de Wee, 8 Franco Oberholzer, 7 Qian Moller, 6 Brenden Weyers, 5 Milan Marais, 4 JW Stone, 3 Jandré Opperman, 2 Ian Nel, 1 Tristan Russle.

Hoërskool Burgersdorp t. Fichardtpark om 13:10

Hoërskool Burgersdorp: 15 Agcobile Pati, 14 Nischaan van der Merwe, 13 Esona Marks, 12 Sinethemba Nkolomba, 11 Sinenjongo Paulus, 10 Okuhle Dyani, 9 Vinchenzo Booysen, 8 Christiaan Oosthuizen, 7 Kyle Osborne, 6 Azizipho Stafa, 5 Ruhane Pylman, 4 Herman van Heerden, 3 Bukhulubakhe Mdaka, 2 Lisakhanya Taba, 1 Stephan Grove.

Fichardtpark: 15 Martin Kalp, 14 Ruben Visagie, 13 Duan Viviers, 12 Junior Titoti, 11 Divan Martens, 10 Pule Motsilili, 9 Divante Claasen, 8 MJ Herbst, 7 Janel du Plessis, 6 Tumelo Leputla, 5 Pieter Tembo, 4 Buko Mlali, 3 Nathen Swanepoel, 2 MJ Hattingh, 1 Zaine van Zyl.

Vrystaat B-liga

o.19: 10:10 – President Steyn t. Zastron; 11:00 – St. Andrews t. Brandfort; 11:15 – Heatherdale t. Bloemfontein Suid.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.