SuperSport Schools Plus

Hoopstad is koning in die Sandveld, terwyl Vrede sy Oos-Vrystaat titel suksesvol verdedig

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-07-27

FOTO: Marnus Prinsloo

Vrede kon hul Oos-Vrystaat titel verdedig teen Ficksburg met ‘n 28-12 sege op hul tuisveld en by die Griffons-stadion in Welkom het Hoopstad met 24-17 teen Wilgerivier gewen in die Sandveld-liga eindstryd.

Hierdie vier spanne pak mekaar dan volgende in die Vrystaat-platteland liga halfeindstryd aan.

Hoopstad se losskakel, Arrie Ferreira, se ingeoefende skopskoen het die verskil gemaak in hul sege oor Wilgerivier.

Fereirra kon al sy span se drieë verdoel en met ‘n strafdoel slaag om nege punte by te dra in die eindstryd.

Wilgerivier het verlede jaar ook tot in die eindstryd deurgedrin voordat hulle in Bothaville vasgeloop het en na ‘n titaniese stryd met 10-7 verloor het.

Vrede se losskakel, Ewan Luus, het ook al hul drieë verdoel en self agter die wit lyn gaan kuier in die Oos-Vrystaat eindstryd teen Ficksburg.

Hulle het verlede jaar ook die Vrystaat Plattelandse liga gewen en lyk op die oomblik weer soos die voorste aanspraakmakers op daardie titel.

PJ Botha, Vrede se staatmaker haker het nog ‘n drie agter sy naam gekry. Botha speel ‘n sentrale rol in sy span se aanval en kon in die halfeindstryd ook twee drieë aanteken.

Retief en Harrismith het mekaar in die Oos-Vrystaat B-liga eindstryd aangepak met Retief wat daardie titel verower met ‘n 36-27 sege in ‘n harde, eg-plattelandse skolerugby wedstyd.

Harrismith het hard probeer, maar ondanks twee drieë deur hul blitsige binnesenter, Montaung Molete, kon die seuns net nie vir Retief inperk nie.

Die kampioene se heelagter, Fana Nteo, kon ‘n driekuns van drieë druk om sy span te help in die eindstryd, en sy buitesenter, Fani Malakoane, was koel en kalm onder die druk van die bepalende wedstryd om vier drieë te verdoel en ‘n strafdoel oor te skop.

Die plattelandse seisoen kom nou stadig tot ‘n einde, met die finaliste van die Sandveld- en Oos-Vrystaat ligas wat teen mekaar deelneem in die Vrystaat Platteland liga.

Die puntemakers is:

Hoopstad 24 – Drieë: Jurgens Human, AB Muller, Hennie Barnard. Doeskoppe: Arrie Ferreira (3). Strafdoel: Ferreira Wilgerivier 17 – Drieë: Marnus Swart, Ruan Mayer, Thlompo Motsapi. Doelskop: Wian Muller.

Vrede 28 – Drieë: Ewan Luus, PJ Botha, Thabang Motaung, Henco Crouse. Doelskoppe: Luus (4). Ficksburg 12 – Drieë: Robert Ntholi, Khotso Potloane. Doelskop: Ernest Makhele.

Retief 36 – Drieë: Fano Nteo (3), Khehla Sekhosana, Letlotlo Mohale. Doelskoppe: Fani Malakoane (4). Strafdoel: Malakoane. Harrismith 27 – Drieë: Motaung Molete (2), Sanile Dlamini. Conversions: Thabang Radebe (3). Penalties: Radebe (2).

Ander uitslae:

o.19 – Henneman 37, Winburg 27.

o.16 – Ficksburg 24, New Horizon Harrismith 7; Bothaville 17, Wilgerivier 5.

0.15 – Harrismith 15, Ficksburg 12; Wilgerivier 15, Bultfontein 0.

 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.