Hoërskool Upington sny Fichardtpark se droomseisoen kort
Hoërskool Upington het ‘n rugbyspan wat weet hoe om die groot wedstryde te wen.
Hulle het dit hierdie naweek weer bewys deur om vir Fichardtpark met ‘n omvattende 53-19 vertoning uit te skakel in die Shimla-liga halfeindstryd.
Volgende naweek sal die Uppies teen Welkom Gimnasium mee ding vir die titel, nadat Welkom Gimnasium vir Jim Fouché met 66-5 kon weg sien.
Kyk al die wedstryde weer op SuperSport Schools – Registreer nou
Die Hoërskool Upington seuns het onmiddelik die pas gestel in die wedstryd, en hul ster-flank, Sipho Livingi, was binne twee minute van die afskop agter Fichardtpark se doellyn.
Livingi is nog heel seisoen ‘n uitblinker vir sy span, en was in hierdie wedstryd weer deurlopend betrokke by die aksie. Hy het later nog ‘n drie agter sy naam gekry.
Uppies se agterlyn het die Fichie verdediging oopgekerf met sy heelagter, Rubin Isaks, wat hulle op die voorvoet gehou het my sy onvermoeide aanval en sy vleuel, Khayalenkosi Maganga, en losskakel, Emlyhn Jacobs, wat altyd byderhand was om die momentum te behou.
Die binnesenter, Siphe Msebenzi, het ook twee van sy span se nege drieë aangeteken, maar dit is moeilik om enige iemand uit te sonder in die Hoërskool Upington span wat ‘n nuwe rat gevat het vir die uitspeelrondes.
Fichardtpark het ‘n seisoen wat hulle nog lank sal onthou. Nie net kon hulle ‘n rekord 18 agtereenvolgende wedstryde onoorwonne bly nie, maar hulle het ook hul eerste SA Skole speler ooit opgelewer in Jaco Grobbelaar (slot).
Verlede naweek het hulle die eerste nederlaag van die seisoen ervaar toe Jim Fouché met 31-25 die beter span was in die Vrystaat-liga eindstryd.
Ondanks die nederlaag het hulle steeds gelyk asof hulle sterk aanspraak kan maak op die Shimla-titel, maar Hoërskool Upington het alle verwagtings oorskrei met hul vertoning.
Die Vrystaat kampioene is ook uitgeskakel uit die Kovsiereeks na Jim Fouché in Welkom Gimnasium vasgeloop het.
Die Gimmies is onstuitbaar op die oomblik, en lyk asof hulle weekliks net beter raak.
Hul losskakel, Renaldo Kiewiet, kan nie ‘n voet verkeerd sit nie.
Kiewiet was die voorste puntemaker by die jaar se Cravenweek, waar hy ook die tweede meeste drieë gedruk het. Hy het in hierdie wedstryd weer ‘n driekuns van drieë gedruk en nog 12 punte met sy doelskoppe bygedra.
Sy groot slot, Tristan Appolis, het ook weer ‘n barshou gespeel.
Appolis het die eerste drie van die wedstryd gedruk en was oudergewoonte betrokke by ‘n hele paar ander drieë waneer hy in die agterlyn inval en verdedigers gereeld flous met hoe vinnig ‘n man van sy bou kan beweeg.
Welkom Gimnasium is definitief die gunsteling om volgende naweek weer vir die Shimla-titel ‘n staanplek in Welkom te gee, maar die Uppies het nou al keer op keer gewys dat hulle nooit onderskat moet word nie.
Puntemakers:
Hoërskool Upington 53 (24) – Drieë: Siphe Msebenzi (2), Sipho Livingi (2), Roelof Sabbert, Emlyhn Jacobs, Roedolf Duraan, Sylvester Hoffman, Jaco Fourie. Doelskoppe:Ruwin Isaks (4). Fichardtpark 19 (12) – Drieë: Devanté Claassen, Dailen Geldenhuys, Jaco Janse van Rensburg. Doelskoppe: Geldenhuys (2).
Welkom Gimnasium 66 (33) – Drieë: Renaldo Kiewiet (3), Tristan Appolis, Taschon Meas, Naylen Goeda, Ethan Jones, Jayden Weideman. Doelskoppe: Kiewiet: (6), Naven Goeda (2). Jim Fouché 5 (0) – Drie: Calvin Bolt.
Ander tellings:
o.15 – Voortrekker 52, Jim Fouché 0; Fichardtpark 18 Hoërskool Upington 5.
o.14 – Sentraal 34, Hoërskool Upington 12; Hoërskool Trio 55 Jim Fouché 0.




