SuperSport Schools Plus

Hoërskool Middelburg het die meeste spelers in die Oakdale Rugbyweek XV-tal

By Hannes Nienaber , in Featured | Main Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-04-02 Tags: , , , , ,

Old School
MATTHEW ABBEY, losskakel van die Hoërskool Middelburg, in aksie tydens die Klein Karoo Saadproduksie Oakdale Rugbyweek net buite Riversdal. FOTO: Lunchbox Photography

Die Hoërskool Middelburg van Mpumalanga het vanjaar met drie spelers die grootste verteenwoordiging in die Klein Karoo Saadproduksie XV-tal wat na tydens die Oakdale Rugbyweek gekies is.

Die Middies se losskakel, Matthew Abbey, haker, Roux Grobler, asook die loskopstut, Carlo Joubert, het die uitsoekspan gehaal.

Abbey, wat die Pumas reeds verlede jaar tydens die Cravenweek in Krugersdorp verteenwoordig het, is as Agterspeler van die Week aangewys.

Abbey behoort weer vanjaar een van die unie se sleutelspelers op die toernooi te wees, wat vanjaar deur sy skool aangebied word.

Die Brandwag van Kariega en Hoërskool Zwartkop het elk twee spelers in die uitsoek XV-tal. Albei die slotte van die span van Kariega, Damian le Roux en Nicolis Thysse, is hul skool se twee verteenwoordigers.

Middelburg en Die Brandwag het op die eerste dag van die week kragte gemeet, met die Middies wat met 10-5 na ‘n titaniese stryd van die veld gestap het. Le Roux is vir sy uitmuntende spel as die Voorspeler van die Week aangewys.

Zwartkop wat met die toekenning vir die opwindendste rugby beloon is, se twee vleuels, Luan Isaacs en Zulu Mona, het die span gehaal.

Die span word slegs gekies om erkenning aan die spelers vir goeie vertonings tydens die week te gee. Hy sal dus in geen wedstryd in aksie wees nie.

Die Klein Karoo Saadproduksie XV-tal is: 

15 Paul Schutte (Die Anker), 14 Luan Isaacs (Zwartkop), 13 Lorenzo Kroutz (Overberg), 12 Johan van der Walt (Hermanus), 11 Zulu Mona (Zwartkop), 10 Matthew Abbey (Hoërskool Middelburg), 9 Jaun Nel (Ooskus Gimnasium), 8 KG Legodi (Lichtenburg), 7 Juan Janse van Vuuren (Hoërskool Middelburg), 6 Tiaan Serfontein (Hoërskool Upington), 5 Damian le Roux (Die Brandwag), 4 Nicolis Thysse (Die Brandwag), 3 Matthew Redelinghuys (Potchefstroom Gimnasium), 2 Roux Grobler (Hoërskool Middelburg), 1 Carlo Joubert (Hoërskool Middelburg).

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.