SuperSport Schools Plus

Hier is WP se Cravenweek-span vir 2019

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2019-05-31 Tags:

Western ProvinceDie Westelike Provinsie behoort vanjaar weer ‘n sterk aanspraakmaker te wees om as nie-amptelike kampioen van die 56ste jaarlikse Cravenweek in Bloemfontein gekroon te word.  

Die Streeptruie het vyf spelers in sy uitsoekgroep wat verlede jaar die Sharks in die hoofwedstryd van die gesogte toernooi in die Paarl met 47-8 karnuffel het. Die vyftal is Robbie Rodgers (loskopstut), Kade Wolhuter (losskakel), Dylan de Leeuw (slot), Ntumba Raunoald (flank) en Dylan Alexander (skrumskakel). 

Wolhuter het verlede jaar die laaste vesting vir die Streeptruie beman. Paul Roos se Tiaan Pretorius is nie weer in die uitsoekspan ingesluit nie, maar dit is grootliks weens ‘n besering wat hom langs die kantlyn gehou het. 

Rodgers is die seun van die gewese Springbok-stut, Heinrich Rodgers. Laasgenoemde het Suid-Afrika in vyf toetse tussen 1989 en 1992 op die rugbyveld verteenwoordig. Rodgers sr. het vanuit die Hoërskool Harrismith vir Oos-Vrystaat aan die Cravenweek in 1980 deelgeneem. 

‘n Verdere drie spelers – Tharquin Manuel (heelagter), Allister Williams (haker) en Jovan Bekker (vaskopstut) het verhogings ontvang na hulle verlede jaar die WP XV-tal op die toernooi verteenwoordig het. 

Die Hoër Jongenskool Paarl het met sewe spelers die grootste verteenwoordiging in die span. Paarl Gimnasium en Diocesan College (Bishops) het elk vier spelers tot die span bygedra.  

Die Cravenweek-span is: 

15 Tharquin Manuel (Stellenberg), 14 Curwin Gertse (Paarl Gimnasium), 13 Quan Horn (HJS Paarl), 12 Tyler Bocks (HJS Paarl), 11 Angelo Osch (HJS Paarl), 10 Kade Wolhuter (Paul Roos Gimnasium), 9 Dylan Alexander (Paarl Gimnasium), 8 Isaih Warton (Bishops), 7 Pierich Siebert (Paarl Gimnasium), 6 Ntumba Raunoald (Milnerton), 5 Dylan de Leeuw (Paul Roos Gimnasium), 4 Connor Evans (Bishops), 3 Bryan le Roux (Rondebosch Boys’ High), 2 Allister Williams (HJS Paarl), 1 Robbie Rodgers (Paul Roos Gimnasium). Plaasvervangers: 16 Lukhanyo Vokozela (Rondebosch Boys’ High), 17 Rhynardt Rijnsburger (HJS Paarl), 18 Jovan Bekker (Paarl Gimnasium), 19 Marco de Witt (Boland Landbou), 20 Gideon van Wyk (HJS Paarl), 21 Liam Kloosman (Bishops), 22 Sacha Mngomezulu (Bishops), 23 Jacques Rousseau (HJS Paarl). 

[powr-comments id=”5b36dff8_1559302108590″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.