Hier is die Noord/Suid-toernooi se bepalings vir 2019
Die jaarlikse Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi is vinnig besig om onder die Wildeklawer-toernooi se skadu uit te beweeg. Van die grootste skolerugbywedstryde van 2019 sal volgende jaar tydens dié toernooi in Pretoria gespeel word.
Die Hoërskool Garsfontein sal die gasheer vir die sesde Barloworld Noord/Suid-toernooi wees. Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria sal ook vir die eerste keer in jare op Berepark in aksie wees. Affies en die Hoër Jongenskool Paarl is twee van die drie nuwelinge vir 2019 se toernooi.
Helpmekaar-kollege sal ook volgende jaar vir die eerste keer aan die gesogte toernooi deelneem. Die twee spanne het mekaar onlangs in die eindstryd van die Virsekerbeker die stryd aangesê. Monnas het die titel met ‘n sege van 57-11 verower.
Die wedstryd op die eerste dag van die toernooi om nie mis te loop nie, sal die kragmeting tussen Monument en Paarl Gimnasium wees. Die twee spanne het vanjaar op die Wildeklawer-toernooi vir die eerste keer in jare kragte gemeet. Gimmies het die spannende kragmeting met 34-31 gewen.\
Monnas, kampioen van die Virsekerbeker, sal soos vanjaar se Wildeklawer ook ‘n strawwe Noord/Suid-toernooi beleef. Die span van Krugersdorp sal op die tweede dag van die toernooi teen Paarl Boishaai te staan kom.
Soos op vanjaar se Noord/Suid-toernooi sal Grey-kollege en Garsfontein weer kragte meet. Die wedstryd vind op die tweede dag van die toernooi plaas. Grey het 2018 as Suid-Afrika se voorste skolespan afgesluit. Grey kom op die eerste dag teen Menlopark te staan wat ook ‘n goeie wedstryd behoort te wees.
Die hele toernooi van 2019 beloof om ‘n fees van rugby te wees met Boland Landbou, Stellenberg, EG Jansen, Outeniqua, Waterkloof en Durbanville wie se eertstespanne ook jaarliks onder die voorste spanne in die land tel wat ook weer in aksie sal wees.
Die bepalings is:
Dag 1
Affies vs Stellenberg
EG Jansen vs Durbanville
Paarl Boys’ High vs Helpmekaar
Grey College vs Menlopark
Boland Landbou vs Waterkloof
Garsfontein vs Outeniqua
Monument vs Paarl Gimnasium
Dag 2
Affies vs Outeniqua
Stellenberg vs EG Jansen
Waterkloof vs Durbanville
Boland Landbou vs Helpmekaar
Paarl Gimnasium vs Menlopark
Monument vs Paarl Boys’ High
Garsfontein vs Grey College





