Hier is al die Virsekerbeker aksie wat die naweek plaasvind
Die eindstryde van Afdeling 3, 4 en 5 van die Virsekerbeker word Saterdag op die velde van Hans Moore in Benoni beslis. In Afdeling 3 se eindstryd kom Leeuwenhof teen Curro Heuwelkruin te staan.
Warmbad vanaf Bela-Bela kom in die eindstryd van Afdeling 4 teen Springs Boys’ High te staan. In Afdeling 5 sal Heilbron en Lyttelton Manor sake om die titel uitspook.
In Afdeling 1 sal Menlopark in sy halfeindstryd teen Garsfontein poog om ‘n lang droogte te verbreek. In die ander halfeindstryd kom Monument teen Helpmekaar-kollege te staan.
Al die wedstryde van die Beker-kompetisie asook die Plaat-kompetisie sal regstreeks deur DigiTV.co.za gebeeldsend word.
Ben Vorster speel gasheer vir die Hoërskool Rustenburg in die halfeindronde van die Plaat-kompetisie. In die ander halfeindstryd kom Montana op sy tuisveld teen Eldoraigne te staan.
In Afdeling 2 wag daar ‘n riller van ‘n wedstryd wanneer die Hoërskool Pietersburg en Hoërskool Klerksdorp mekaar in die halfeindronde in Polokwane pak. Die wenner van die kragmeting sal die gunsteling wees om volgende week as kampioen van die afdeling gekroon te word.
In die ander halfeindstryd sal Wesvalia op sy tuisveld in Klerksdorp vir Ligbron van Ermelo inwag.
Al die wedstryde van die naweek in die Virsekerbeker (tuisspanne word eerste vermeld):
| AFDELING 1 | ||||
| Beker-afdeling | ||||
| 12:30 | Garsfontein | Menlopark | ||
| 12:30 | Monument | Helpmekaar | ||
| Ander spanne – o.16: 11:15 – HTS Middelburg vs Helpmekaar; 11:10 – Menlopark vs Noordheuwel. o.15: 10:05 – Helpmekaar vs Garsfontein; 10:05 – Monument vs Menlopark. o.14: 09:00 – Monument vs Menlopark; 09:00 – HTS Middelburg vs Helpmekaar. | ||||
| Plaat-afdeling | ||||
| 12:40 | Ben Vorster | Rustenburg | ||
| 12:20 | Montana | Eldoraigne | ||
| Ander spanne – o.16: 11:20 – Marais Viljoen vs Zwartkop; 11:00 – Rustenburg vs Nelspruit. o.15: 10:10 – Ben Vorster vs Marais Viljoen; 10:00 – Zwartkop vs Rustenburg. o.14: 09:00 – Montana vs Rustenburg; 09:00 – Marais Viljoen vs Nelspruit. | ||||
| Skild-afdeling | ||||
| 12:30 | Lichtenburg | Hugenote | ||
| 12:10 | Hoërskool Middelburg | Heidelberg Volkskool | ||
| Ander spanne – o.16: 11:00 – Middelburg vs Lichtenburg; 11:00 – Heidelberg Volkies vs Florida. o.15: 10:00 – Florida vs Oos-Moot; 10:00 – Lichtenburg vs Middelburg. o.14: 09:00 – Lichtenburg vs Middelburg; 09:00 – Jeugland vs Heidelberg Volkies. | ||||
| AFDELING 2 | ||||
| 10:20 | Pietersburg | Klerksdorp | ||
| 10:00 | Wesvalia | Ligbron | ||
| Ander spanne – o.16: 09:30 (Donderdag) Ligbron vs Die Anker; 09:00 – Pietersburg vs Dr. Malan. o.15: 09:00 (Vrydag) – Klerksdorp vs Wonderboom; 09:00 (Vrydag) – Potchefstroom Volkskool vs Ermelo. o.14: 09:00 – Klerksdorp vs Secinda; 09:00 – Wesvalia vs Ligbron. | ||||
| AFDELING 3 | ||||
| 12:30 | Leeuwenhof | Curro Heuwelkruin | ||
| Ander spanne – o.16: 11:45 – Hoogenhout vs Brits. o.15: 09:30 – Brits vs Vryburg. o.14: 09:30 – Standerton vs Curro Nelspruit. | ||||
| AFDELING 4 | ||||
| 10:30 | Warmbad | Springs Boys’ High | ||
| Ander spanne – o.16: 10:30 – Gerrit Maritz vs Goudrif. o.15: 08:30 – Elspark vs Eric Louw. o.14: 08:30 – Warmbad vs Carel de Wet. | ||||
| AFDELING 5 | ||||
| 08:30 | Lyttelton Manor | Heilbron | ||
| Ander spanne – o.15: Lyttelton Manor vs Koster. | ||||
[powr-comments id=”1f600895_1565267465085″]




