SuperSport Schools Plus

Herbst en Ackerman skitter vir Fichies teen Grey o. 17

By Willem Louw , in Cricket | Featured Cricket | News , at 2024-02-09 Tags: , , ,

Fichardtpark 1ste XI, 2024 (Foto verskaf)

MJ Herbst se beurt van 95 lopies was Donderdag die bepalende faktor in Fichardtpark se sege oor Grey-kollege se o. 17 A-span.

Beleef die wedstryd weer op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die wedstryd

Fichardtpark se kaptein, Eben Botha, het saam met Herbst sy span aangevoer tot 95 lopies in nege beurte, voordat Zander van der Bergh uiteindelik vir die tuisspan ‘n deurbraak kon lewer met Botha se paaltjie.

Herbst het egter aanhou probleme veroorsaak vir die jong Grey-span en kon altesaam 15 grenshoue moker om die Fichies tot op 146 te dryf, voordat hy uiteindelik uitgeharloop is deur Tamim Alam.

Zayne Williamson het ‘n verdere bydrae van 34 lopies in 22 balle gelewer teen die einde van hul beurt, om die besoekers verby die 200-merk te skuif.

Michael Cruywagen het twee Grey-paaltjies binne die eerse boulbeurt laat spat om vir Fichardtpark die oorhand te gee, maar dit was Nathan Ackerman wat die kollig sou steel met sy boulwerk.

Ackerman het vier paaltjies in vier beurte gevat, om grootliks daartoe by te dra dat die tuisspan vir 112 uitgeboul kon word.

Na twee moeilike weke is dit presies wat die Fichies nodig gehad het om weer momentum te bou voordat hulle Saterdag vir Witteberg aandurf in hul Lejweleputswa-ligabepaling.

Dinsdag was Jim Fouché in aksie teen St Andrew’s se tweedespan, in die Superliga Pro-20.

Vyftigtalle deur Adrian de Necker (58*) en Arnaud Marais (52) was genoeg vir die JF-manne om oorwinning te smaak, maar Jonathan Hickley het ‘n indrukwekkende terugveg-poging geloots vir Saints en kon self spog met ‘n onoorwonne 51 lopies .

Maandag het Diamantveld met Sentraal geploeg in hul eie agteplaas, danksy ‘n skitterende bydrae van 79 lopies deur Luhan de la Rey.

De La Rey het die Sentraal-boulers 10 keer oor die draad gejaag vir sesse om sy span tot 168/7 te dryf.

Beknopte telkaarte:

Fichardtpark: 207/5 (MJ Herbst 95, Eben Botha 37, Zayne Williamson 34; Zadian du Preez 2/33). Grey College: o. 17: 112 (HJ Janse van Rensburg 21; Nathan Ackerman 4/32, Juan Moster 2/20, Michael Cruywagen 2/30). Fichardtpark wen met 95 lopies.

Jim Fouché: 146/4 (Adrian de Necker 58*, Arnaud Marais 52; Heindre Serfontein 1/10). Saint Andrew’s: II 104/8 (Jonathan Hickley 51*; Pieter Conradie 3/16, Henko Venter 3/22, Cobus Wilken 2/17). Jim Fouché wen met 42 lopies.

Diamantveld: 168/7 (Luhan de la Rey 79, Henrico van Staden 26; AJ Joubert 2/24, Pieter van Biljon 2/39). Sentraal: 106 (Pieter van Biljon 29, Ekstras 27; Vernon Rossouw 2/2, Danie van der Merwe 2/12, Luhan de la Rey 2/16). Diamantveld wen met 62 lopies.

 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.