SuperSport Schools Plus

Hentie Cilliers vier 70ste jaar met naweek vol sewes-aksie

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-09-01

Hentie CilliersDie Hoërskool Hentie Cilliers van Virginia vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar met ‘n groot Henties Fees oor die naweek.

Een van die hoogtepunte van die vermaak sal die sewes-toernooi wees wat Vrydag middag afskop.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die toernooi

Agt o.17 spanne en ses 0.15 spanne sal meeding vir die titel oor die twee dae. Die gasheerskool het ‘n trotse geskiedenis van sewes-sukses en sal graag hul ontstaan wil herdenk met ‘n goeie vertoning by die toernooi.

Om dit te doen sal hulle egter eers verby die heersende Kovsiestreekkompetisie se Shimla-kampioene, Welkom Gimnasium  moet kom.

Dit sal ‘n jonger Gimmie span wees as wat ons deur die seisoen gesien het, maar indien hul eerstespan vertoning enige indikasie is, gaan die seuns van Welkom definitief van die voorste aanspraakmakers op die titel wees.

In die o.15 toernooi lyk Voortrekker van Bethlehem soos die gevaarmanne.

Hulle het ook onlangs die Shimla-titel verower in hul ouderdomsgroep.

Na afloop van die groepwedstryde teen Saterdag middag sal daar uitgespeel word om die finale ranglys te bepaal.

Vyf uit die sewe kampioene van die verskillende Kovsiestreekkompetisie ligas kom hierdie jaar uit die Griffons streek uit. Hierdie naweek belowe dan nog ‘n laaste bietjie hoë gehalte plattelandse rugby voordat die Wintersportseisoen klaar maak vir die jaar.

Hentie Cilliers het ‘n baie sterk rugbytradisie gevorm oor die laaste 70e jaar, hulle oorskry gereeld verwagtings waneer hulle teen van hul groter teenstanders in die omgewing te staan kom.

Die voormalige Springbokslot, Jean Deysel, is by die trotse skool geslyp en hulle kon vanjaar weer drie Cravenweek spelers oplewer in Andisile Mentz (heelagter), Lungile Samson (stut) en Paseka Mokoena (losskakel).

Die bepalings is:

Vrydag:

o.17: 12:40 – Voortrekker t. Hoërskool Trio; 13:00 – Hentie Cilliers t. Witteberg; 14:00 – Goudveld t. Welkom Gimnasium II; 14:20 – Voortrekker t. Wessel Maree; 15:20 – Welkom Gimnasium t. Hoërskool Trio; 15:40 – Welkom Gimnasium II t. Witteberg; 16:40 – Voortrekker t. Welkom Gimnasium; 17:00 – Hentie Cilliers t. Goudveld.

o.15: 12:00 – Hentie Cilliers t. Hoërskool Trio; 12:20 – Voortrekker t. Welkom Gimnasium; 13:20 – Hoërskool Trio t. Witteberg; 13:40 – Hentie Cilliers t. Welkom Gimnasium; 14:40 – Voortrekker t. Hoërskool Trio; 15:00 – Goudveld t. Witteberg; 16:00 – Hentie Cilliers t. Goudveld; 16:20 – Voortrekker t. Witteberg.

Saterdag:

o.17: 08:40 – Hoërskool Trio t. Wessel Maree; 09:00 – Hentie Cilliers t. Welkom Gimnasium II; 09:40 – Witteberg t. Goudveld; 10:00 – Welkom Gimnasium t. Wessel Maree.

o.15: 08:00 – Goudveld t. Welkom Gimnasium; 08:20 – Hentie Cilliers t. Witteberg; 09:20 – Welkom Gimnasium t. Hoërskool Trio; 10:20 – Welkom Gimnasium t. Witteberg; 10:40 – Goudveld t. Hoërskool Trio.

Die spanne wat deelneem is:

o.17 – Hentie Cilliers, Welkom Gimnasium, Hoërskool Trio, Witteberg, Goudveld, Voortrekker, Wessel Maree, Welkom Gimnasium II.

o.15 – Hentie Cilliers, Voortrekker, Welkom Gimnasium, Goudveld, Hoërskool Trio, Witteberg.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.