Hencu Lamberts breek rekord na 8 jaar by Statebond-jeugspele
 Tydens die onlangse Statebond-jeugspele wat in Trinidad en Tobago gehou is, het die 16-jarige, Hencu Lamberts (Affies), ‘n agt jaar oue rekord in gewigstoot verpletter en sy naam in die geskiedenisboeke aangeteken met ‘n indrukwekkende gooi van 20.17 meter.
Tydens die onlangse Statebond-jeugspele wat in Trinidad en Tobago gehou is, het die 16-jarige, Hencu Lamberts (Affies), ‘n agt jaar oue rekord in gewigstoot verpletter en sy naam in die geskiedenisboeke aangeteken met ‘n indrukwekkende gooi van 20.17 meter.
Buiten sy rekordbrekende vertoning, het hy ook ‘n silwermedalje in diskus verower.
Sy voorbereiding het nie net ‘n strawwe fisieke oefenprogram behels nie, maar hy moes ook ‘n streng dieët gevolg het om seker te maak hy verloor nie gewig nie, en bou genoeg spiermassa.
Die geleentheid was vir Hencu ‘n ongelooflike ervarig hoewel die hitte, humiditeit en uitdagende weerstoestande ‘n aanpassing was.
Ten spyte hiervan het die elektriese atmosfeer en oorweldigende ondersteuning van die skare sy vasberadenheid om uit te blink aangevuur.
Hy onthou ook die lewendige verwelkoming wat hulle as atlete met musiek, dansers en gasvryheid van die plaaslike inwoners ontvang het.
Hencu het egter sy visier stewig ingestel op toekomstige mylpale met drome om in 2024 aan die junior Wêreldspele deel te neem en nog ’n medalje te verower. Hy streef ook daarna om vir die gesogte Olimpiese Spele in 2028 te kwalifiseer.
Agter elke suksesvolle atleet staan ‘n sterk ondersteuningnetwerk, en Hencu is geen uitsondering nie.
Sy ouers, tweelingbroer en vriendin is sy grootste ondersetuners asook sy familie, vriende en afrigters wat almal bygedra tot sy indrukwekkende prestasie.
 
  
 




 
  
  
  
  
  
  
  
  
 