SuperSport Schools Plus

Helpies voor kruispad in SDC Noordvaal Cup, Nories en Garsies kan ook vir vuurwerk sorg

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2023-07-28 Tags: , , , ,

FOTO: Marius Nortjé

Dit is nou of nooit vir Helpmekaar-kollege se eerste rugbyspan.

Helpmekaar kom Saterdag voor ‘n kruispad in sy kragmeting om 12:30 op die Ras van Rooyen-veld in Krugersdorp teen Monument te staan. Dit is Helpies se laaste ligawedstryd in vanjaar se SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling.

Die span van Johannesburg bevind homself in die derde posisie op die puntestand met 23 punte. Indien hy egter nie ‘n sege oor die verdedigende kampioen, Monnas, behaal nie – is die kanse skraal dat 23 of selfs 24 ligapunte genoeg sal wees om hul tot die uitspeelrondes te laat deurdring.

Waterkloof wat tans die vierde posisie beklee het nog twee wedstryde oor teen Marais Viljoen en Monument. Hulle het 20 ligapunte tot dusver ingevorder.

Klofies sal indien Helpies vandag daarin kan slaag om Monnas om te dop nie sommer die span van die Goudstad uit die vierde posisie kan lig nie. Monnas beklee tans die vyfde posisie, maar het nog drie wedstryde oor en het reeds 16 ligapunte ingesamel.

Indien Monnas Saterdag teen Helpies gly, sal hy boonop ‘n reuse aanslag in sy laaste ligawedstryd teen die Klofies moet afweer vir ‘n plek in die uitspeelrondes.

Helpies se haker, Ruan Welman, sal so ietwat meer as sy spanmaats vandag gemotiveerd wees. Welman se naam is nie as deel van die Suid-Afrikaanse o.18-span uitgelees wat volgende maand teen Engeland en Frankryk sal kragte meet nie. Welman het verlede week ‘n driekuns aan drieë in sy span se nederlaag van 48-49 teen Garsfontein behaal.

Die onoorwonne Garsfontein sal vandag nie op sy louere kan rus wanneer hy na Krugersdorp reis om vir Noordheuwel die stryd aan te sê nie. Die twee spanne het tot dusver in vanjaar se reeks die mees aanvallende rugby gespeel en daarmee die meeste drieë deur al die spanne in die reeks behaal.

Die wedstryd beloof daarom om vir heelwat opwindende oomblikke te sorg. Dit hang ook natuurlik af van watter JT Kapank, losskakel van Noordheuwel, vandag uit die bed uit opgestaan het. Kapank kan op ‘n Saterdag die gevaarlikste aanvallende losskakel in Suid-Afrika wees, maar sy span is onder geweldige druk die dag as hy nie op sy stukke is nie.

Die Garsie Bere het besluit om sy SA Skole-senter, Dimitre Erasmus, op die plaasvervangersbank vir die wedstryd te kies. Die afrigtingspan glo dat Erasmus die afgelope maand al genoeg rugby gespeel het en dat hy ‘n welverdiende ruskans verdien.

Erasmus is ook verbasend uit die SA o.18-span vir die internastionale reeks volgende maand weggelaat.

Die Bere sal ook sonder hul flank Luan Olivier moet klaarkom wat saam die nasionale o.18-sewesspan in Trinidad en Tobago is vir die Statebond Jeugspele.

Die spanne is:

Monument vs Helpmekaar-kollege op die Ras van Rooyen in Krugersdorp om 12:30:  

Monument: 15 Keelan Milton, 14 Hanu Fourie, 13 Jody Schambreel, 12 Zain Henery, 11 Ernesto Oersen, 10 Daylon Myners, 9 Ceano Everson, 8 Jamaal Feldman, 7 RJ Barnard, 6 Tristan da Costa, 5 Ulrigh van der Westhuizen, 4 JC Oosthuizen, 3 Ricardo du Plessis, 2 Stephan Uys, 1 Muller van Reenen.

Helpmekaar: 15 Junayden Seffier, 14 Delano Maritz, 13 Rynhardt van der Linden, 12 Tristan van Niekerk, 11 Trityne Parsons, 10 Juan Storm, 9 JT du Preez, 8 Christiaan Steyn (kaptein), 7 Ulrich Swart, 6 Motlatsi Moloi, 5 Darius Haasbroek, 5 JP Lombaard, 3 Ulrich van der Merwe, 2 Ruan Welman, 1 Pedri de Wet.

Noordheuwel vs Garsfontein in Krugersdorp om 12:15: 

Noordheuwel: 15 Jade Muller, 14 Jenemo Luiters, 13 Cheswill Jooste, 12 Marshall de Vos, 11 Keaton van Deventer, 10 JT Kapank, 9 Coun-Lee Koekman, 8 Marco Maree, 7 Ludie Schutte, 6 Jaun Fourie, 5 Rudolph Coetzee, 4 Donovan Breedt, 3 Martin Nel, 2 Juandré Schoeman, 1 Meyer Opperman.

Garsfontein: 15 Brooklyn Newman, 14 Ruan Enslin, 13 Jason Hugo, 12 Heinrich Cloete, 11 Cassie Prinsloo, 10 Nicallen Gabrielsen, 9 Zian Cilliers, 8 Abri van der Westhuysen, 7 Divan Brits, 6 Stephan Pretorius, 5 Jacques Swarts, 4 Aiden King, 3 Leighton-Jon Cloete, 2 De Wet Lottering, 1 DA Swart.

Hoërskool Nelspruit vs Dr. EG Jansen in Mbombela om 12:30: 

Hoërskool Nelspruit: 15 Le Riche Aitchison, 14 Owen Steyn, 13 Ethan van der Westhuizen, 12 Heino Meiring, 11 Karl Erichson, 10 Theuns Meyer, 9 Andeon Pringle, 8 Braam Basson, 7 Juan Bezant, 6 Ruben Lorist, 5 Banele Ngwenya, 4 Luke Poison, 3 Ryan Venter, 2 Regard Vermaak, 1 Hugwinn Heyman.

EG Jansen: 15 David Twala, 14 R-Jay Pietersen, 13 Jeandré Jacobs, 12 Keanu Engelbrecht, 11 Alonso Meyer, 10 Ruan van Heerden, 9 Gordon Smith, 8 Storm Labuschagne, 7 Reon Pretorius, 6 Zaide-Leigh Rippenaar, 5 Michael Devy, 4 Gerhard van Aswegen, 3 Marnus Swarts, 2 Danré Pike, 1 Shawn Simpson.

Menlopark vs Marais Viljoen in Pretoria om 13:25: 

Menlopark: 15 Jayden Fortuin (kaptein), 14 Christiaan Herbst, 13 Xander Loubser, 12 Anwill Prins, 11 Ruben Fourie, 10 Logan Botha, 9 Wynand van Wyk, 8 Rocco Myburgh, 7 Jacques Oberholzer, 6 Reon Botha, 5 Stephan van der Bijl, 4 Francois Cilliers, 3 Phillip du Plessis, 2 Mocke Balt, 1 Ruan Wolmarans.

Marais Viljoen: Nie beskikbaar.

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.