SuperSport Schools Plus

Helpies mik hoog in 2025

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-02-05 Tags: ,

FOTO: Frans Lombard

Geoordeel aan die tweede helfte van Helpmekaar Kollege se rugbyseisoen verlede jaar, asook die sukses wat die jongmanne op o.16-vlak behaal het deur die SDC Noordvaal Cup te wen, hou 2025 inderdaad reuse belofte in vir die Johannesburgers.

Volg al die Helpmekaar-aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

Die Helpies ontvang ook vanjaar ‘n beduidende hupstoot met die welbekende rugbybrein van Tjaart van der Walt, wat as tegniese ontleder deel van die eerste span se bestuur sal uitmaak. Die gesoute RJ Liebenberg vat die leisels as hoofafrigter, met Hannriël Coetzee wat die voorspelers sal touwys maak en Shaun Jackson wat beheer neem oor ‘n giftige agterlyn.

Die span van Johannesburg skop op 8 Maart teen Michaelhouse op dié se tuisveld af, waarna hy teen die Witbulle van Pretoria, Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies), ‘n week later, op 15 Maart, in die Jakarandastad te staan sal kom.

Coetzee beskik oor ‘n ervare pak voorspelers, met die haker en een van Helpies se uitblinkers in 2024, Gustav Grotius, wat vir nóg ‘n seisoen beskikbaar is, terwyl loskopstut, Liam “Varkie” Devenier, saam met Grotius, teenstanders se voorrye kan laat les opsê.

Oopkantflank, Ziaden Krige, en slot, Eugene de Lange, is ook weer terug in die tuig, terwyl die jongelinge, Jeandré van der Merwe (haker) en Diandro Botha (loskopstut), wat ‘n groot aandeel in die sukses van die o.16-kampioenspan gehad het, ook deur Coetzee ingespan kan word om die voorry meer oemf te gee.

Agterlangs kan Helpies-ondersteuners uitsien na nóg ‘n aksiebelaaide seisoen met vernaam die senterpaar, Clinton Cloete en Ty Ax, wat heelwat gevaar inhou op die aanval. Ax, uiters ervare na ‘n beseringsvrye 2024 waartydens hy die Akademieweek by Jeppe High School for Boys op horings geneem het, sal ongetwyfeld ‘n sleutelrol in die agterlyn vervul.

Shayne en Ethan Lourens behoort hard aan die eerste span se deur klop as skakelpaar. Albei het die Goue Leeus by verlede jaar se Grant Khomo-rugbyweek by Grey High School in Gqerberha vertoonwoordig.

Soos enige span wat met die groot honde in Suid-Afrika wil saamblaf, verwag die Helpies geen maklike wedstryde nie. Bloot die feit dat daar só min te kies was tussen die spanne in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling in 2024, is ‘n aanduiding van hoe taai die kompetisie kan wees.

Boonop wag Oakdale Landbou, by die jaarlikse Noord/Suid-toernooi, en Grey College, by die Wildeklawer, op die Johannesburgers, én is die derby teen King Edward VII School ook weer vanjaar  ‘n instelling wat die vonke in Johannesburg sal laat spat.

Die Helpies se doelwit is eenvoudig, maar tóg, wat die groter prentjie betref, taamlik ingewikkeld, naamlik om goed te vertoon by die land se top-rugbyfeeste én om die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling te verower, iets wat die skool van Johannesburg beslis kan vermag.

Bepalings vir 2025:

#nt_header_1nt_header_2nt_header_3nt_header_4nt_header_5nt_header_6
108/03/2025Helpmekaar17Michaelhouse10Balgowan
215/03/2025Helpmekaar8Affies40Pretoria
321/03/2025Helpmekaar24Kingswood College31Makhanda
429/03/2025Helpmekaar33Nico Malan17Noord/Suid
501/04/2025Helpmekaar21Oakdale Landbou40Noord/Suid
612/04/2025Helpmekaar29Garsfontein47Johannesburg
717/04/2025Helpmekaar38Diocesan College12St Stithians Easter Festival
819/04/2025Helpmekaar18Wynberg Boys' High17St Stithians Easter Festival
926/04/2025HelpmekaarMenloparkJohannesburg
1001/05/2025HelpmekaarGrey CollegeAbsa Wildeklawer
1103/05/2025HelpmekaarFramesbyAbsa Wildeklawer
1210/05/2025HelpmekaarNoordheuwelJohannesburg
1317/05/2025HelpmekaarHoërskool NelspruitMbombela
1424/05/2025Helpmekaar15EG Jansen35Boksburg
1531/05/2025HelpmekaarMonumentKrugersdorp
1607/06/2025HelpmekaarKing Edward VII
1714/06/2025HelpmekaarWaterkloofJohannesburg
1826/07/2025HelpmekaarTransvaliaVanderbijlpark
1902/08/2025HelpmekaarHoërskool RustenburgJohannesburg
Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.