SuperSport Schools Plus

Helpies hou kanse op uitspele lewend met sege oor Monnas, Fichie Leeus kampioen van Wesgrow

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2023-07-30 Tags: , , , , , ,

RYNHARDT VAN DER LINDE (met bal), buitesenter van Helpmekaar-kollege sit hier af op een van sy gevaarlike lopies in die middelveld in sy span se sege van 38-31 oor Monument van Krugersdorp. Helpies moes die kragmeting wen om sy kanse in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling lewendig te hou. FOTO: Marius Nortjé

KRUGERSDORP. – Die geluksgodin het Saterdag op die Ras van Rooyen-veld hier nie net vir Helpmekaar-kollege se eerstespan geglimlag nie, maar sommer diep uit haar maag geskaterlag.

Helpies het in die doodsnikke daarin geslaag om ‘n soen van hul sussie te vermy en ‘n sege van 38-31 oor Monnas se Wit Bulle te behaal.

Dié sege beteken dat die span van Johannesburg se kanse om die uitspeelrondes van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling te haal ‘n stewige hupstoot gegee.

Die span se slot JP Lombaard het terwyl die sirene geloei het ‘n skop afgestorm en die bal opgepik om onder die pale oor te duik om aan sy span ‘n bonuspunt-sege te besorg.

Dit was Helpies se laaste ligawedstryd en hulle sal die laaste twee rondes voor die uitspele aandagtig dophou. Die span beklee tans die derde posisie op die puntelys met 28 punte.

Monnas (18) en Waterkloof (20) is die ander rolspelers wat nog tot die halfeindronde kan deurdring. Die Wit Bulle moet nog teen Menlopark en Klofies sake uitspook, terwyl Waterkloof ook nog vir Marais Viljoen die stryd moet aansê.

Garsfontein en EG Jansen is die enigste onoorwonne spanne in die reeks. Albei het met seges teen onderskeidelik Noordheuwel (30-28) en Hoërskool Nelspruit (48-17) seker gemaak dat hul ‘n plek in die halfeindronde het.

Garsies het met ‘n strafdoel in die doodsnikke deur sy losskakel, Nicallen Gabrielsen, seker gemaak dat hy die Nories kon klop. Sy direkte teenstander, JT Kapank, het minder as ‘n minuut te vore met ‘n strafdoel sy span met 28-27 laat voorloop.

Die Hoërskool Fichardtpark het gesweet om Witteberg van Bethlehem met 29-27 te troef, maar kon met dié sege die Wesgrow-liga onoorwonne afsluit. Die Fichies Leeus is ook daarmee as kampioen van die liga gekroon.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het vir Waterkloof met 57-31 gekarnuffel om te wys dat hulle nie sommer net die stryd gewonne sal gee nie.

Affies se linkervleuel, Eagan Roux, het ‘n driekuns aan drieë behaal, terwyl die heelagter, Migael de Lange, ook ‘n pragdrie vanuit sy span se eie halfgebied afgerond het.

Grey-kollege van Bloemfontein het in Gqeberha sy naamgenoot op die Kolisi-veld met 38-14 kaf gedraf.

Outeniqua het danksy ‘n strafdoel deur die plaasvervanger-skrumskakel, Ellie Meyer, ‘n sege van 10-8 teen Hoërskool Stellenberg deurgetrek.

Al die uitslae:

SDC NOORDVAAL CUP

Groep 1

Beker: Helpmekaar 38, Monument 31; Garsfontein 30, Noordheuwel 28; EG Jansen 48, Hoërskool Nelspruit 17; Marais Viljoen 48, Menlopark 15; Plaat: Kempton Park 24, Zwartkop 18; Hoërskool Middelburg 19, Montana 17; Hoërskool Rustenburg 25, Transvalia 21; HTS Middelburg 33, Hoërskool Klerksdorp 22. Skild: Ligbron Akademie 21. Lichtenburg 17; Secunda 45, Oos-Moot 41. Bowl: Die Anker 38, Eldoraigne 13; Merensky 64, Dr. Malan 5; Wesvalia 31, Hoërskool Pietersburg 22.

Groep 2 – Uitspeelwedstryde

Potchefstroom Gimnasium 39, Centurion 12; Bergsig Akademie 41, Randburg 29; Ellisras 55, Overkruin 10; Ermelo 20, Oosterlig 10; Midstream College 28, Frikkie Meyer 23; Brandwag (Benoni) 22, Rob Ferreira 19; Hans Moore 47, HTS Tom Naudé 17; Dinamika 19, HTS Witbank 8.

Groep 3 – Uitspeelwedstryde

Die Wilgers 37, Nylstroom 29; Bastion 30, Volksrust 15; Vereeniging Gimnasium 24, Lydenburg 22; Brits 35, Zayo Academy 6; Overvaal 21, Louis Trichardt 19; Curro Nelspruit 37, Piet Potgieter 7; Vryburg 36, Standerton 24; Erasmus (Bronkhorstspruit) 24, Delmas 15.

KWAZULU-NATAL

Maritzburg College 43, Pretoria Boys’ High 12; Durban High School 27, Northwood 5.

NOORDVAAL

Affies 57, Waterkloof 31; Jeppe 43, King Edward VII 31.

OOS-KAAP

Queen’s College 21, Selborne College 17; Framesby 41, Diamantveld 7; St Andrew’s College 37, Dale College 22; Nico Malan 22, HTS Daniël Pienaar 19; Kingswood College 26, Graeme College 14; Hudson Park 24, Stirling 12; Marlow Landbou 32, Pearson 19; Graaff-Reinet Volkskool 20, Gill College 5.

VRYSTAAT/GRIEKWAS

Fichardtpark 29, Witteberg 27; Grey-kollege 38, Grey High School 14; Hoërskool Trio 65, Jim Fouché 21; Voortrekker 57, Sentraal 14; Duineveld 47, Hoërskool Bellville 21; Hoërskool Upington 34, Kalahari 19; Welkom Gimnasium 58, Noord-Kaap 12; Sand du Plessis 17, Hoërskool Bloemfontein 14; Zastron 40, Sand du Plessis 7; Brandfort 14, St Andrews 12; President Steyn 26, Hoërskool Bloemfontein 14; Brandfort 53, Brebner 0; Vrede 28, Ficksburg 12; Hoopstad 24, Wilgerivier 17; Hennenman 27, Winburg 27; Retief 36, Harrismith 27; Landboudal 18, Louis Botha 0; Curro Kathu 41, Hoërskool Kathu 10.

WES-KAAP

Outeniqua 10, Stellenberg 8; Boland Landbou 32, SACS 22; Oakdale Landbou 31, HTS Drostdy 24; Hoër Jongenskool Paarl 22, Bishops 12; Paarl Gimnasium 41, Rondebosch Boys’ High 7; Hugenote (Wellington) 21; Brackenfell 14; Milnerton 33, DF Malan 22; Curro Langebaan 24, Labori 0; Vredendal Sekondêr 10, Lutzville 7; Hopefield 15, Swartland 12; Melkbosstrand 22, Tygerberg 17; Charlie Hofmeyr 36, Hermanus 13; Piketberg 34, Vredendal 24; Langenhoven Gimnasium 38, Montagu 7; Vishoek 5, Bergvliet 3; Kasselsvlei 18, Bosmansdam 7.

 

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.