Helpies en Potch Gimmies bult spiere in Grootskole-afdeling
 Die eerste rugbyspan van Helpmekaar-kollege het nie op al sy silinders teen Hugenote van Springs gevuur nie, maar kon steeds met die telling op 34-18 in sy guns van die veld stap.
Die eerste rugbyspan van Helpmekaar-kollege het nie op al sy silinders teen Hugenote van Springs gevuur nie, maar kon steeds met die telling op 34-18 in sy guns van die veld stap. 
Helpmekaar se losskakel, Justin Taylor, was wel op sy stukke. Sy balverspreiding en oog vir ’n gaping het die grootste rol in sy span se sege gehad.
Sy verspreiding was die grootste rede hoekom die vleuel Mel Mathieson soveel ruimte op die punt gehad het om mee te werk. Mathieson het in die eerste drie minute van die kragmeting deurgedraf, maar die skeidsregter het die drie teruggetrek na sy vlagman ongeoorloofde spel by die voorafgaande lynstaan raakgesien het.
Hugenote se losskakel, Lenus Wilkinson, het met dié strafdoel wat sy span toe gekry het van net binne sy eie halfgebied 15 meter vanaf die kantlyn geslaag. Wilkinson beskik oor ’n gemaklike skopstyl.
Buiten Taylor het Helpies se senterpaar, Zandré Kruger en Keegan Hamman, deurgans vra met hulle hardlooplyne aan Hugenote se verdediging gevra.
Helpmekaar se lynstane was ook onder druk met veral Hugenote se slot, Gustav Brits, wat hier probleme vir die tuisspan besorg het. Helpmekaar pak die Hoërskool Pietersburg in Polokwane in die kwarteindronde.
Potchefstroom Gimnasium wat ook een van die vroë gunstelinge is, het sy spiere met ’n sege van 39-7 oor Overkruin gebult. Die span se heelagter, Jaswyn Damon, het boonop sy gewoontlik betroubare skopskoen by die huis vergeet. Hy het egter steeds op die aanval uitstekend vertoon.
Gimmies se slot, Gwampie van der Berg, was woelig in die vastelos. Hy het elke keer wat hy die bal onder die arm vasgeklem het etlike meters ver veld gewen.
Die span van Potchefstroom kom Saterdag in die kwarteindronde teen Heidelberg Volkskool te staan.
Die verdedigende kampioen, die Hoërskool Klerksdorp, se flank Phillip Barlow-Jones was aan die voorpunt van sy span se oorwinning van 24-18 oor Piet Retief. Die wenspan het teen rustyd reeds met 17-10 voorgeloop.
Die senter Michael Steinberg mag ook maar vandag breëbors oor sy vertoning rondloop. 
 Klerksdorp sal in die kwarteindronde verby ’n omgekrapte Oos-Moot moet kom indien hy tot die halfeindronde wil deurdring. 
Ben Vorster was op sy tuisveld in Tzaneen in ’n klipharde tweestryd met Secunda met 25-25 bo. Die span sal weer op sy tuisveld Saterdag vir die Hoërskool Randburg van Johannesburg in die kwarteinronde wag.
 
 
 
 




 
  
  
  
  
  
  
  
  
 