Ervaring en talent sal twee van die hoekstene wees wat van Heidelberg Volkskool ’n gevaar in vanjaar se rugbyseisoen sal maak.
Die Volkies van Heidelberg se seisoen sal Saterdag, 7 Maart, in die NWU Prestige-reeks teen Hoërskool Jeugland op tuisbodem afskop.
In 2025 was dit welbekend dat die span van Heidelberg uit ’n hele klomp jongelinge bestaan het. Vanjaar is dié jongelinge egter die fondasie van ’n gedugte span.
Die opwindende Jerado Tafel is slegs een van twee nuwelinge in die Volkies se span.
Tafel draf Saterdag op buitesenter uit, wat van hom en Vaughn Steynvaart ’n besonderse uitdaging in die middelveld maak. Albie Botha is die ander nuweling en sal op slot agter die tuisspan se ervare voorry sak.
Volkies se tweede stel Munro-tweeling, Tristan Munro en Tyrone Munro, sal onderskeidelik op losskakel en heelagter na die span terugkeer. Oopkantflank Jaco Botha sal die span aanvoer.
Jeugland se betrokkenheid by Wildeklawer Super Interhoër se Groep 4 vroeër die week het die span van Kempton Park se afrigtingspan nog aan die raai oor moontlike kombinasies vir Saterdag se ontmoeting in Heidelberg.
Hoërskool Wagpos se nuwe seisoen sal met nuwe ywer op tuisbodem teen Hoërskool Die Anker van Brakpan begin. Die Anker het reeds litte losgemaak met ’n sege van 21–7 oor Hoërskool Oosterlig ’n week tevore. Saterdag sal Wagpos se eerste verskyning vanjaar wees.
Hoof van Rugby, Christo van Niekerk, meen egter dat vanjaar se span nie onderskat moet word nie. Die span van Brits beskik self oor hope ervaring, met slegs drie jongelinge in die groep van 23. Myburgh Henning se verantwoordelikheid sal wees om die gevaarlike agterhoede aan die gang te kry.
Henning het in 2025 as losskakel uitgedraf, maar skuif vanjaar na skrumskakel. Raymond Language neem die rol as generaal oor. Die losskakel se kanonvoet sal waarskynlik deur die seisoen ’n rol van sy eie speel. Spoedvraat Dylan Joubert sit die kersie op ’n gevaarlike aanvalskoek met sy vermoë om spasie te skep vanuit sy posisie op heelagter.
Steelkantflank, Markus Herbst, sal die span lei. Herbst is ‘n bekende van in Die Anker se span. Markus se ouer broer, Ruben Herbst was die span van Brakpan se kaptein in 2025. Dié se neef, Edrick Pienaar maak oop sy terugkeer. Pienaar sal in die middelveld op sy verkose binnesenter posisie uitdraf. Hy sal ook as dié span se onderkaptein dien.
Die spanne is:
Heidelberg Volkskool t. Jeugland om 13:30 op Heidelberg:
Franco is a sports fanatic from Tzaneen, a small town in Limpopo. Obsessed with both cricket and rugby, he still does the sport at club level when given the chance. Combining the rush of sports with his other passion, writing, gives him the fix any sport-crazy fan needs. In his spare time, he spends quality time with family and friends, preferably around a braaivleis fire.