SuperSport Schools Plus

Heftige verwelkoming wag op Dinamika in Plasies se ‘Kraal’

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-05-23 Tags: , , , , , , , , , ,

FOTO: Marius Nortjé.

Merensky Landbou Akademie is daarop uit om te vergoed vir sy naelskraapse nederlaag met ‘n enkele punt teen Bergsig Akademie verlede naweek, en dit voorspel niks goeds vir Saterdag se opposisie nie.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Die Plasies, ‘n vooraanstaande span wat oor die afgelope paar jaar telkens die SDC Noordvaal Cup se Bowl-halfeindronde kon haal, verwelkom hierdie naweek een van die drie nuwelinge in dié afdeling, Hoërskool Dinamika. Boonop is die Plasies op hul gevaarlikste in die “Kraal” op die “Plaas” in Tzaneen.

Die nederlaag teen Bergsig was ‘n bitter pil om te sluk, maar die silwerrandjie is dat Merensky ongeskonde van Rustenburg teruggekeer het. Derhalwe kon breier, Steve Kruger, sy span onveranderd laat vir Saterdag se stryd, met die Plasies se enigste Cravenweek-verteenwoordiger, senter en kaptein, Maritz Meintjies, wat, saam met sentermaat, Jens Bezuidenhout, weer die middeveld op horings kan neem.

Die span van Alberton is steeds segeloos in sy eerste seisoen as deel van dié afdeling en ‘n sege oor die Plasies sal nie alleen welkom wees nie, maar ook ‘n opskudding in Tzaneen veroorsaak.

Old School

‘n Gekweste Hoërskool Eldoraigne verwelkom vir Bergsig Akademie met nie minder nie as sewe beserings in sy kamp. Die Eldos se nederlaag teen Hoërskool Zwartkop in hul derby verlede naweek het dus nie net op die telbord seergemaak nie.

‘n Aantal noodgedwonge skuiwe moes gemaak word, waarvan die interessantste straks dié is van Hanno Jacobs, van linkervleuel na agsteman, met Esdee Kotze wat op slot sak. Steelkantflank, Justin Meintjies, is ook op die krukkelys, met Kyle de Bruin, ook ‘n kranige krieketspeler, wat sy plek aan die kant van die skrum inneem.

Die stryd tussen Hoërskool Jeugland en Hoërskool Randburg in Kempton Park kan vir een van die aanskoulikstes van die naweek sorg.

Randburg se uitmergelende gelykopuitslag (33-33) teen Potchefstroom Gimnasium het ietwat van ‘n tol geëis, met die gevolg dat hy die tog na Kempton sonder staatmaker-loskop en kaptein, Malan van Heerden, moet aandurf. Van Heerden word deur haker, Diedlof Fourie, op stut vervang, terwyl Michael Payne in die middel van die voorry sal diens doen.

Die spanne: 

Merensky t. Dinamika om 12:25 in Tzaneen: 

Merensky: 15 George Steenkamp, 14 Meschack Mohlala, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Maritz Meintjies, 11 Henru Venter, 10 JD Boshoff, 9 Muis Koen, 8 Phuki Mpiti, 7 PG Botes, 6 Jan Pretorius, 5 Craig Walker, 4 Blessing Mathebula, 3 Otto Muller, 2 Marno Nel, 1 Carel Volschenk.

Dinamika: 15 Zavian Mathys, 14 Nathan Kearns, 13 Shane Serfontein, 12 Nico Greyling, 11 Caiden van der Merwe, 10 Keanu de Sousa, 9 Gustav Schutte, 8 Monré van Wyk, 7 Hendrik Albert, 6 Darren Pretorius, 5 Ruan van Tonder, 4 Branden Smit, 3 Jayden Smith, 2 Duandré Boshoff, 1 Janco Fourie.

Eldoraigne t. Bergsig Akademie om 13:00 in Centurion: 

Eldoraigne: 15 Damian Elferink, 14 Tristan Lee, 13 Hugo Theron, 12 Kevin Earle, 11 Ethan Beyer, 10 Manie Buitendag, 9 Johnny du Randt, 8 Hanno Jacobs, 7 Kyle de Bruin, 6 Cameron Killian, 5 Damian Janse van Vuuren, 4 Esdee Kotze, 3 Chase Wessels, 2 JG Engelbrecht, 1 Wian White.

Bergsig Akademie: 15 Alzandro Dos Santos, 14 Keabetswe Daile, 13 Bradley Stonehouse, 12 Dan Bogopane, 11 Heinrich Krugel, 10 Carlo de Jager, 9 Paulo Dos Santos, 8 Stephan Harmse, 7 Thatano Bagwase, 6 Christiaan de Abreu, 5 Martin Pieterse, 4 Jacques Viviers, 3 Dylan Smith, 2 Marnus Dercksen, 1 Thabang Machubene.

Jeugland t. Hoërskool Randburg in Kempton Park: 

Jeugland: 15 Kokets Maphopa, 14 Beya Nyathi, 13 Andrew Khoza, 12 Innocent Vilakazi, 11 Thando Ngomane, 10 King Agbanzo, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Jaden Kleyn, 7 Alec Mohlala, 6 Joseph Ngoma-Ngoma, 5 Nivan Duvenhage, 4 Daniel Wawina, 3 Khumo Maimane, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.

Randburg: 15 Joshua Wiggett, 14 Eduan Bakkes, 13 Bradley Bitcher, 12 Zander Drake, 11 Jayden Oosthuizen, 10 Jayden Todd, 9 Rico Vosloo, 8 Cruwin Hill, 7 Chrisjan van Niekerk, 6 Victor van Blerk, 5 Philip Rykaart, 4 Jayden Brown, 3 Kian Kritzinger, 2 Michael Payne, 1 Diedlof Fourie.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.