SuperSport Schools Plus

Hans Coetzee moet Durbies tot nuwe hoogtes neem

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2020-02-10 Tags:

NewsG Hans CoetzeeDie Hoërskool Durbanville het die afgelope jare groot opgang gemaak in WP Rugby. Die junior spanne het groot skole laat les opsê en verskeie 7’s toernooi titels ingepalm.

Die Eerste XV het verlede jaar ‘n goeie seisoen beleef deur die plaaslike spanne oortuigend te klop en behaal ook seges oor SACS en Stellenberg in die 15-man kode en oor Paul Roos en HTS Drostdy in die 7’s formaat. Durbanville lewer ook vier WP o.18-spelers in die 2019 rugby-seisoen.

Die Hoërskool Durbanville is bevoorreg om vanjaar een van die land se kundigste en mees ervare rugbyafrigters, Hans Coetzee as Direkteur van Rugby te kon aanstel. Coetzee, ‘n voormalige Direkteur van Rugby by Monnas (Hoërskool Monument op Krugersdorp) is alombekend vir sy kundigheid, ervaring en tegniese analise van die spel. Sy evaluering en ontwikkeling van afrigters maak hom ‘n aanwins vir die oudste Afrikaanse hoërskool in Suid-Afrika.

Coetzee, ‘n voormalige breier van die Goue Leeus, het ook die SA Akademie en SA Skole rugbyspanne afgerig en word beskou as een van die land se mees gerespekteerde afrigters. 

Durbanville slaan inderwaarheid ‘n dubbele slag deur nie net Coetzee in die pos van Direkteur van Rugby aan te stel, maar ook Mnr. Coenie Venter, wat alom beskou word as een van Suid-Afrika se top skoolhoofde en ook voormalige wenner van hierdie prestige toekenning, as skoolhoof.

Die skool en die Durbanville gemeenskap is baie opgewonde om mense van hierdie statuur te verwelkom. Vanjaar se Eerste XV sal strawwe kompetisie hê en speel teen spanne soos HTS Drostdy, Waterkloof, Noordheuwel, Oakdale, Bishops, SACS Outeniqua en Stellenberg.

Die Eerste XV neem vanjaar deel aan die Noord Suid Rugbytoernooi in Pretoria, die WP Rugbydag op die Kaapstad stadion en die Marius Schoeman 7’s toernooi in die Paarl.

Die Durbanville-gemeenskap verwelkom Coenie Venter en Hans Coetzee by die Durbie-familie.

[powr-comments id=”4564bb44_1581313229406″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.