Groot stryd wag tussen Oakdale se Bulle en die Rooi Bulle
‘n Titaniese stryd wag Saterdag in die hoofwedstryd van die Oakdale Rugbyweek wanneer die gasheer Oakdale Landbou en HTS Middelburg se Rooi Bulle mekaar net buite Riversdal pak.
Die Bulle van Oakdale sal steeds glad nie lekker voel na hy verlede week tydens Brackenfell se jaarlikse Sportdag teen Stellenberg met 10-21 vasgeval het nie.
Oakdale het verlede jaar onder die voorste tien spanne in die land getel, terwyl die Rooi Bulle ‘n seisoen beleef het wat hulle liefs van sal wil vergeet. HTS Middelburg het in 2018 slegs vier oorwinnings deur die seisoen behaal.
Dit sal egter nie ‘n maklike wedstryd vir die gasheer wees nie. Die Rooi Bulle gaan nie net omgedop word nie. HTS Middelburg het in sy twee wedstryde tot dusver vanjaar vir die Hoërskool Rustenburg (47-30) en Eldoraigne (27-26) verslaan.
Al die wedstryde op die De Eike-veld sal regstreeks deur OakNet op DigiTV.co.za uitgesaai word.
Die bepalings:
Never miss a Moment with DigiTV.co.za
| POPULIERBOS | |||
|---|---|---|---|
| 08:45 | Vredendal | vs | Montagu |
| 09:55 | Landboudal | vs | Overberg |
| 11:05 | Oosterlig | vs | Agri XV |
| 12:15 | Despatch | vs | Bredasdorp |
| 14:00 | Hugenote (Wellington) | vs | Potchefstroom Gimnasium |
| 15:10 | Langenhoven Gimnasium | vs | Rockingham |
| 16:20 | Robertson | vs | Hoërskool Grens |
[powr-comments id=”898c2a11_1552644419321″]




