SuperSport Schools Plus

Groot moontlikheid van Potch-derby vir Bowl-eindstryd

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-08-21 Tags: , , , , , ,

FOTO: Marius Nortjé.

Potchefstroom sal Saterdag tot stilstand kom wanneer Potchefstroom Gimnasium en Potchefstroom Volkskool in hul onderskeie tuishalfeindstryde in aksie is.

Volg al die SDC Noordvaal Bowl-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Gimmies, die verdedigende Bowl-kampioen, sê vir Hoërskool Jeugland op die Piet Malan-veld die stryd aan.

Die tuisspan is stewig op dreef om sy titel in die eindstryd te verdedig, maar moet nietemin katvoet loop vir die besoekers van Kempton Park wat heelwat momentum die afgelope ruk opgebou het. Jeugland sal straks die bal taamlik lug probeer gee en die Gimmies se strukture probeer versteur uit gebroke spel, waar hy op sy gevaarlikste is.

Goeie nuus uit die Gimmies se kamp is dat hulle die spreekwoordelike “bomb squad” kan opstuur indien dinge taai raak.

Rugbydirekteur Regardt Kleingeld verwelkom van sy grootname terug, met stut, Jeandré Barends wat uiteindelik, na hy ‘n lang ruk op die kantlyn, weer gereed is. Die woelige Reuel Potgetier se insluiting is ook uitstekende nuus, terwyl Elrich Bosch wonder bo wonder van sy kniebesering herstel het. Al drie staatmakers sal vanaf die bank ingespan word.

Elders in die dorp, pak Potchefstroom Volkskool en Bergsig Akademie mekaar vir die derde keer vanjaar. Die Volkies het in albei vorige kragmetings die septer geswaai, maar besef dat Saterdag die belangrikste kragmeting van die drie is. Albei spanne is gelukkig om die stryd onveranderd te betree.

Volkies se agterlyn het giftig voorgekom is hul laaste uitstappe. Hennie Pretorius se skuif na losskakel, met Anro Nel wat saam met River Samuel in die middeveld saamspan, het heelwat oemf aan die Volkies se agerhoede verleen.

Die stryd sal oudergewoonte egter voorlangs gewen of verloor word. Christian De Abreu en die Arende se sukses sal grootliks daarvan afhang of hul agttal die Volkies se dodelike dryfmaalbewegings sal kan stuit. Indien wel, kan die drieëvraat op regtervleuel, Keabetswe Daile, meer in spel kom om sy stempel af te druk.

Sou die twee Potchefstroomse spanne albei wen, sal dit ‘n herhaling in die eindstryd afgee van die plaaslike Potchefstroom-derby, toe die Gimmies met 21-12 die pyp gerook het.

Die spanne: 

Potchefstroom Gimnasium t. Jeugland om 12:45, by Potchefstroom Gimnasium, in Potchefstroom: 

Potchefstroom Gimnasium: 15 Josh Pretoruis, 14 Rea Moalosi, 13 Itumeleng Pheto, 12 De Wet Grobler, 11 Orabile Koena, 10 Zandre Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 Damian Zwahlen, 7 Jacques van Straten, 6 Zach De Jager, 5 Joubert Niemann, 4 Dirk Stear, 3 Matt Redelinghuys, 2 Kobus Grobbelaar, 1 Janru Jansen van Rensburg.

Jeugland: 15 King Agbanzo, 14 Thando Ngomane, 13 Andrew Goremusanda, 12 Innocent Vilakazi, 11 Jan Ramano, 10 Koketso Maphopa, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Alec Mohlala, 7 Joseph Ngoma-Ngoma, 6 Tshepang Moeketsi, 5 Nivan Duvenhage, 4 Uche Morka, 3 Levino Domingo, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.

Potchefstroom Volkskool t. Bergsig Akademie om 11:30, by Potchefstroom Volkskool, in Potchefstroom: 

Potchefstroom Volkskool: 15 Lethabo Riet, 14 Lourenzo Louw, 13 River Samuel, 12 Anro Nel, 11 Juan Fourie, 10 Hennie Pretorius, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombard, 7 Henre Nel, 6 Wian Victor, 5 Caden Kruger, 4 Stef Schoeman, 3 AB Brink, 2 Louis Fourie, 1 Koan Smit.

Bergsig Akademie: 15 Heinrich Krugel, 14 Keabetswe Daile, 13 Carlo de Jager, 12 Dan Bogopane, 11 Daniel Addinal, 10 Alzandro Dos Santos, 9 Martin Pieterse, 8 Christian De Abreu, 7 Stephan Harmse, 6 Thatano Bagwase, 5 Ryan Nagel, 4 Jacques Viviers, 3 Thabang Machubene, 2 Marnus Dercksen, 1 Dylan Smith.

Afskoptye van Junior spanne in Potchefstroom (Gimnasium eerste): 

o.16: 11:20 – Potchefstroom Gimnasium t. Jeugland; 10:20 – Eldoraigne t. Dinamika.

o.15: 10:10 – Dinamika t. Ermelo: 09:10 – Eldoraigne t. Bergsig Akademie.

o.14: 09:00 – Jeugland t. Ermelo; 08:00 – Potchefstroom Gimnasium t. Dinamika.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.