SuperSport Schools Plus

Groot Klerksdorp-derby vroeër as verwag

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-03-20 Tags: , , , , , , , , ,

Eduard Dreyer, losskakel van Hoërskool Wesvalia, lê aan pale toe. FOTO: Hoërskool Wesvalia op Facebook.

Klerksdorp hoef nie meer tot 10 Mei te wag om ‘n kragmeting tussen Hoërskool Wesvalia en Hoërskool Klerksdorp te aanskou nie.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

Dié twee plaaslike spanne kom hierdie naweek reeds by Wesvalia in ‘n reuse kragmeting, in die NWU Prestige-reeks se kwarteindronde, teen mekaar te staan.

In die nr. 10-trui wag ‘n tweestryd soos min tussen die tuisspan se Eduard Dreyer en Brendin Mathyse van Klerksdorp, met albei dié generale wat oor hope ervaring en ondernemingsgees beskik. Boonop kan hul akkurate korrelwerk pale toe vir ‘n stryd binne ‘n stryd sorg en uiteindelik die verskil tussen wen en verloor beteken.

In die agterste ry van die skrum gaan twee van die sterkste aanspraakmakers op die nr. 8-trui van die Luiperds se Cravenweekspan, Tiaan Koen (Klerksdorp) en Franco Dumond (Wesvalia), fisies sake uitspook op sowel die aanval as verdediging. Benewens die bedreiging wat Mathyse en Koen op die aanval inhou, sal die Wessie-agterlyn ook op hul hoede moet wees vir Klerksdorp se gevaarman in die middeveld, Winton Abrahams, wat op binnesenter teen Wian du Preez te staan kom.

Hoërskool Zwartkop en die gevaarlike Hoërskool Die Anker durf mekaar reeds voor die Klerksdorp-derby in nóg ‘n fisieke stryd aan.

Die Zwarries is steeds onoorwonne in vanjaar se reeks nadat hulle verlede naweek met die einste Klerksdorp en, Dinsdagaand in die reën, Hoërskool Hugenote van Springs afgereken het. Die Anker is self nie te versmaai nie en spog met ‘n indrukwekkende sege van 50-10 oor Potchefstroom Gimnasium, wat die ander spanne in die reeks laat reggop sit het. Die verskillende speelstyle van dié twee spanne behoort vir ‘n aangrypende 70 minute te sorg.

Die pak van Brakpan sal sy stempel vroeg wil afdruk deur slot, Brendan van Lutterveld, en losskopstut, Branden Sauerman, terwyl die Zwarries die bal soveel en vinnig as moontlik by sy gevaarlike agterlyn, en spesifiek die snellers op die punte, Luan Isaacs en Zulu Mona, sal wil uitkry. In die middelveld kan die stryd tussen die Zwarries se vlugvoetige Justin Julies en die ewe ratse Edrick Pienaar van Die Anker ook vir vuurwerke sorg.

Die spanne:

Wesvalia t. Hoërskool Klerksdorp om 15:30 in Klerksdorp

Wesvalia: 15 Henco Greyling, 14 Stephan Pelser, 13 Jeandré Snyman, 12 Wian du Preez, 11 Fafa Calitz, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Niemand, 8 Franco Dumond, 7 Christiaan Swanepoel, 6 Quewen Fourie, 5 JP Hatting, 4 Deacon Kath, 3 Charl du Preez, 2 Fanie Linde, 1 Ignus Nel.

Hoërskool Klerksdorp: 15 Dorian Isaacs, 14 Tyran Masango, 13 Marco Symington, 12 Winton Abrahams , 11 Jayden Turner, 10 Brendin Mathyse, 9 Jarred van Staden, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 Karabelo Maseka, 5 Juan Hills, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Zander Nienaber, 2 Rionaldao Joubert, 1 De Wet le Roux.

Zwartkop t. Die Anker om 12:40 in Klerksdorp:

Zwartkop: 15 Stiaan Botha, 14 Luan Isaacs, 13 Justin Julies, 12 David van Jaarsveld, 11 Zulu Mona, 10 Tilon Baron, 9 Luan Janse van Rensburg, 8 Wihan Roux, 7 Luan Wepener, 6 Brian Smith, 5 Jethro le Roux, 4 Ettienne van Nieker, 3 AJ Hendrick, 2 Reagan Blignaut, 1 Matthew Smith.

Die Anker (moontlik): 15 Paul Schutte, 14 Dullon le Roux, 13 Arno Krugel, 12 Edrick Pienaar, 11 Jonothan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Jean Blignaut, 8 Jaydon Steenkamp, 7 Markus Herbst, 6 Byron van Zyl, 5 Brendan van Lutterverld, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Xavier Momberg, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman

Ander wedstryde:

Heidelberg Volkskool t. Jeugland om 12:30 in Klerksdorp:

Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 Jason Brits, 13 Jeandré Pretorius, 12 Tristan Munro, 11 JV Badella, 10 Marco Botha, 9 Hein Oelofse, 8 Jaco Botha, 7 Eduard Roets, 6 Klaas Venter, 5 Juan de Villiers, 4 Jano Dietrechsen, 3 Werner Grobler, 2 Henru Coetzer, 1 Dean Last.

Jeugland: 15 Kokets Maphopa, 14 Beya Nyathi, 13 Andrew Khoza, 12 Innocent Vilakazi, 11 Thando Ngomane, 10 King Agbanzo, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Jaden Kleyn, 7 Alec Mohlala, 6 Joseph Ngoma-Ngoma, 5 Nivan Duvenhage, 4 Daniel Wawina, 3 Khumo Maimane, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.

Hugenote van Springs t. Wagpos om 14:00 in Klerksdorp:

Hugenote (Springs): 15 Christaan Basson, 14 Andile Dhlamini, 13 Yovan Prinsloo, 12 Dylan Nel, 11 Kyle de Klerk, 10 George Lucas, 9 Thanyani Mokiri, 8 Euan Venter, 7 Luan Pretorius, 6 Arné Marais, 5 André Coetzee. 4 Tristan de Beer, 3 Wian Rudolph, 2 Luan Smit, 1 Franko Neuhoff.

Wagpos: 15 AJ Nieman, 14 Franco Dippenaar, 13 Pieter Steenkamp, 12 Heinrich Wiehanh, 11 Arrie Joubert, 10 JG Olckens, 9 Myburg Henning, 8 Hendrik de Jager, 7 David van Breda, 6 Dian Coetzee, 5 Dilan Strauss, 4 Wian Botha, 3 Markus Schramm, 2 Adriaan Venter, 1 Armant Botha

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.