SuperSport Schools Plus

Griffons slag melkkoeie van die Cravenweek met 80-5

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-07-19 Tags:

NewsGGriffonsBorCDDrie spelers van die Griffons het driekunste in hul span se slagting van 80-5 oor Grens-platteland op die derde dag van die Coca-Cola Cravenweek vir hoërskole op St Stithians College se Baytopp-veld in Johannesburg behaal. Die helagter, Andrew Kota, vleuel Triumph Baloyi en senter Virlyn van Vollenhoven het elk drie keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak. 

Die Perses het teen rustyd reeds ‘n voorsprong van 53-0 opgebou. Die Perses het besluit om van hulle doelskoppe nie waar te neem nie wat die slagting selfs nog groter sou maak. Van die Griffons se 14 drieë het die span slegs vyf verdoel. 

Grens-platteland het laas in 2007 ‘n wedstryd op die toernooi gewen toe hy sy grootboet, Grens, met 30-19 op die laaste dag in Stellenbosch verslaan het. Die span kon sedert hy in 1994 oorspronklik as Transkei aan die toernooi begin deelneem het nog net vier keer die soete smaak van ‘n sege proe. 

Die verloorspan het wel meer durf in die tweede helfte ten toon gestel en is met ‘n drie daarvoor deur sy slot Luzuko Mpepo beloon. 

Puntemakers: 

Griffons 80 (53) – Drieë: Andrew Kota (3), Triumph Baloyi (3), Virlyn van Vollenhoven (3), Francois Klopper, Dillon Minnaar, Brandon Botha, Keith van Aswegen, Francois Maree. Doelskoppe: Kota (4), Baloyi. Grens-platteland 5 (0) – Drie: Luzuko Mpepo.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.