Griffons se voorlopige spanne vir nasionale weke
Die Griffons het sewe spelers in hul voorlopige Cravenweek-span ingesluit wat verlede jaar al op die gesogte toernooi in aksie was. Die ses spelers is JW Meades, Francois Klopper (albei stutte), Andrew Kota (heelagter), DJ Hattingh (slot), Jason Wagman, Dealine Jafta (albei losskakel) en Triumph Baloyi (vleuel). Vanjaar se Coca-Cola Cravenweek vind van 17 tot 22 Julie op die velde St Stithians College in Johannesburg plaas.
Die Perses sal op die eerste dag van die toernooi die ryp van die gras af teen Griekwa-platteland speel. Die span se eerste opwarmingswedstryd wat ook as verdere proewe gebruik sal word sal teen die Valke op Dinsdag, 13 Junie in die Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark wees.
Die Perses word deur Roean Bezuidenhout (Welkom-Gimnasium) en Nico Pretorius (Bothaville) gebrei. Pretorius het voorheen die Griffons se o.16-span afgerig. Bezuidenhout was verlede jaar die hulpafrigter, maar het die pos as hoofafrigter by Kassie Kasselman (Wessel Maree) oorgeneem.
Die spanbestuurder sal die Griffon-speler Tertius Maarman wees. Karen Hitge is die fisioterapeut.
Die spanne is:
Cravenweek: 15 Andrew Kota (Welkom-Gimnasium), 14 Triumph Baloyi (Goudveld), 13 Virlyn van Vollenhoven (Welkom-Gimnasium), 12 Keith van Aswegen (Welkom-Gimnasium), 11 Francois Maree (Welkom-Gimnasium), 10 Jason Wagman (Welkom-Gimnasium), 9 Owen Kleynhans (Hentie Cilliers), 8 Ulrich Stander (Welkom-Gimnasium), 7 Christo Steyn (Welkom-Gimnasium), 6 Brandon Botha (Welkom-Gimnasium), 5 Husayn Banzi (Welkom-Gimnasium), 4 DJ Hattingh (AHS Kroonstad), 3 JW Meades (Witteberg), 2 Dillon Minnaar (Welkom-Gimnasium), 1 Francois Klopper (Voortrekker). Plaasvervangers: 16 CJ Sheppard (Hentie Cilliers), 17 Daniel Jordaan (Witteberg), 18 Carl Senyane (Welkom-Gimnasium), 19 Regard Smalberger (Voortrekker), 20 Marnich Thessner (Welkom-Gimnasium), 21 Georgen Kiewiet (Welkom-Gimnasium), 22 Dealine Jafta (Hentie Cilliers), 23 Brendan van der Walt (AHS Kroonstad).
Akademie-week (Stedelik): 15 Austin Adams (Hentie Cilliers), 14 Tresor Wilondja (Witteberg), 13 Lorenzo Cloete (Goudveld), 12 Johnny Scholtz (Voortrekker), 11 JW Viljoen (Welkom-Gimnasium),10 Heinrich Boshoff (Affies), 9 Kobus Hattingh (Welkom-Gimnasium), 8 Marius Liebenberg (AHS Kroonstad), 7 Jon-David Duthie (Hentie Cilliers), 6 Jubaren Adriaan (Goudveld), 5 Johannes van Graan (Witteberg), 4 Wikus Nieuwenhuis (Goudveld), 3 Dian de Bruyn (AHS Kroonstad), 2 Edlee Wiggens (AHS Kroonstad), 1 Jannie Crous (AHS Kroonstad). Plaasvervangers: 16 Morena Sekoai (HTS Welkom), 17 Deavan Geswindt (Hentie Cilliers), 18 Kamahelo Khampepe (HTS Welkom), 19 Lerato Mohlabe (Welkom-Gimnasium), 20 Jaco Vermeulen (Hentie Cilliers), 21 Slade Douse (HTS Witbank), 22 Kyle Ortman (Welkom-Gimnasium), 23 Craig Colby (Goudveld).
Akademie-week (Platteland): 15 Sefan Diniso (Hennenman), 14 Docter Makhubu (Riebeeckstad), 13 Boitimelo Maleka (Kroonstad), 12 Riekus Faber (Hoopstad), 11 Nyakallo Masitha (Harrismith), 10 Jaco Burger (Hoopstad), 9 Tiaan Venter (Ficksburg), 8 Nkile Mpomelelo (Bothaville), 7 MC Grobler (Bultfontein), 6 Nathen Fourie (Riebeeckstad), 5 Leriche Fouche (Bultfontein), 4 Gerhard van der Merwe (Theunissen), 3 Thembelani Mguni (Harrismith), 2 Nhlanhla Kubheka (Retief), 1 Siyanbonga Miya (Harrismith). Plaasvervangers: 16 Calvin Meyer (Bothaville), 17 Stiaan Olivier (Ficksburg), 18 Vincent Geldenhuys (Ficksburg), 19 Thapelo du Preez (Ficksburg), 20 Lebogang Moopela (Riebeeckstad), 21 Siza Mthembu (Harrismith), 22 Rodriques Cornelius (Ladybrand), 23 Willem van der Merwe (Bothaville).
Grant Khomo-week (o.16): 15 Fernando Galant (Witteberg), 14 Neo Mohlabai (Retief), 13 Juan-Roscoe Ruiters (Hentie Cilliers), 12 Dylan Smith (Goudveld), 11 Mpho Ntsutle (Witteberg), 10 FC du Plessis (Welkom-Gimnasium), 9 JC Allan (Goudveld), 8 Keke Morabe (Welkom-Gimnasium), 7 Tebiso Mofokeng (Voortrekker), 6 MT Steyn (Reitz), 5 Rian Olivier (Goudveld), 4 K. Moss (Voortrekker), 3 Chris Burger (Hoopstad), 2 Amonelane Matima (Riebeeckstad), 1 Ruhan Marx (Hoopstad). Plaasvervangers: 16 Marnus Nel (Witteberg), 17 JP Knoesen (Goudveld), 18 Teboho Matibe (Ficksburg), 19 Heinricht Cloete (Goudveld), 20 Maxwell Mashiya (Bothaville), 21 Shaquile van Heerden (Welkom-Gimnasuim), 22 Cammi Roux (Voortrekker), 23 Masada Tshabalala (Voortrekker).




