SuperSport Schools Plus

Griekwas se onderskeie ligas bereik uitspeelrondes

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-08-04 Tags: , , , , , , ,

Die Griekwaland-Wes klein- en mediumskole halfeindronde vind Saterdag by die Kimberley-stadion plaas.

Hartswater en Hoërskool Kathu veg dit uit vir een van die plekke in die mediumskole-eindstryd, voordat Curro Kathu en Hopetown mekaar pak in die hoofwedstryd van die dag.

Curro Kathu lyk soos die gunstelingspan om vanjaar se titel te neem na hul 41-10 sege oor hul buurskool in die groot Kathu-derby verlede naweek.

Hul spoedvraat binnesenter, Julius Muzaza, is een van die gevaarpunte in hul agterlyn en is ‘n speler om die naweek dop te hou.

Hopetown se skakelpaar van Junaid Jood (losskakel) en Driean Wiid (skrumskakel) is hierdie seisoen baie effektief vir hulle, maar Curro Kathu is tot dusver nog onstuitbaar in die liga en Hopetown sal hul beste vertoning van die jaar moet lewer om hulle te ontstel.

Hartswater het ook bo aan hul poel geeindig na ‘n sterk seisoen, ondanks hul nederlaag in die derby laas naweek het Hoërskool Kathu egter ook baie goed gevaar die seisoen, en daardie wedstryd belowe om een van die hardste van die dag te wees.

In die kleinskole-halfeindronde speel De Aar teen Postmasburg en Douglas teen Namakwaland.

Douglas beleef ook ‘n sterk seisoen hierdie jaar. Hulle het onlangs vir Kimberley Boys’ High met 73-0 kaf gedraf en kon vroeër die jaar in hul groot inter teen Hopetown met 22-19 wen nadat hulle teen halftyd nog agter was.

Sy slot, AJ Wiid, is gereeld deel van die aksie en hulle kan staat maak op die skopskoen van hul senter, Janro Faber, sowel as die losskakel, Caleb Fisher.

Die spanne is:

Curro Kathu t. Hopetown om 16:00:

Curro Kathu: 15 Luis Cassumba, 14 Timothy Isaacs, 13 Julius Muzaza, 12 Rehaden van Wyk, 11 Ashley Sickles, 10 Leighton Hopshire, 9 Marcwin Nero, 8 Ruben Wessels, 7 Zavier Magerman, 6 Lindzae Peacock, 5 De-Anzo Eilerd, 4 Biochoko Thlopele, 3 Damian Maclean, 2 Wiaan Hatting, 1 Michael Viljoen.

Hopetown: 15 Rewaldo Olyn, 14 Gino Jood, 13 Cheslyn Jonas, 12 Tyrese Human, 11 Dewaan Makaleni, 10 Junaid Jood, 9 Driean Wiid, 8 Gerard Wiid, 7 Lucien Bosman, 6 Tshulu Ntlama, 5 JF Prins, 4 Hennie du Plessis, 3 Christiaan Smit, 2 Thomas Bisset, 1 Richard Smith.

Hartswater t. Hoërskool Kathu om 14:20:

Hartswater: TBC

Hoërskool Kathu: 15 Louis Marx, 14 Eagon Barry, 13 Ashrand Rooi, 12 Stefan Brits, 11 Elandro Rooiland, 10 Mitchell Havenga, 9 Caylib Jacobs, 8 DP Kotze, 7 Meiring Grove, 6 Ockie Maritz, 5 Tinus Barnard, 4 Denzil von Broen, 3 Duan Janse van Rensburg, 2 Riaan Esterhuizen, 1 Kutlo Moyo.

De Aar t. Postmasburg om 13:00:

De Aar: 15 Alvandré van Wyk, 14 Braudy Rosendal, 13 Inga Nongqyai, 12 Thapelo Mphulunyana, 11 Asekho Mnele, 10 Luhle Moses, 9 Amand Kityenge, 8 Malcolm James, 7 Solulelo Matha, 6 Athong Motstatsi, 5 Lithemba Filifani, 4 Lukhalo Yekani, 3 Bre-Win Isaacs, 2 Pieter-John Visser, 1 Athanda N.

Postmasburg: 15 Lorenzo Hael, 14 Carlo de Beer, 13 Mandre Maritz, 12 Oratile Mathe, 11 Andile Tshaka, 10 Emmanuel van der Merwe, 9 Eugene Makhubedu, 8 Schalk van Wyk, 7 Phumezo Nel, 6 Bradley Clark, 5 Jack Nhundu, 4 Paul Murray, 3 Koketso Pule, 2 Evando Markus, 1 Bradley Mophatlheng.

Douglas t. Namakwaland om 11:40:

Douglas: 15 Canden de Jager, 14 Zane Paulse, 13 Janro Faber, 12 Gershwin Claasen, 11 Darren Pretorius, 10 Caleb Fisher, 9 Phillip de Jager, 8 Stefan Brummer, 7 Juandre Steenkamp, 6 James Scholtz, 5 NJ Eveleigh, 4 AJ Wiid, 3 Deyante van der Westhuizen, 2 Michael Lovemore, 1 Shawn Wheeler.

Namakwaland: 15 Conway Williams, 14 Dequin van Wyk, 13 Rihaadt Cloete, 12 Jackwin Magerman, 11 Berton Visser, 10 Leorick Magerman, 9 Mikhail Afrikaner, 8 Raven Petro, 7 Markwin Kordom, 6 Pieter van der Walt, 5 Logan Karstens, 4 Earlio Paul, 3 Dequin Engelbrecht, 2 Zander Coleman, 1 Chad-Lee Jansen.

Ander bepalings:

o.17: 09:00 – Namakwaland t. Prieska; 09:00 – Curro Kathu t. De Aar; 10:20 – Hartswater t. Postmasburg; 10:20 – Hopetown t. Hoërskool Kathu.

o.15: 11:40 – Namakwaland t. Wildeklawer Akademie; 13:00 – Douglas t. HMO; 14:20 – Curro Kathu t. Hartswater; 16:00 – De Aar t. Hoërskool Kathu.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.