SuperSport Schools Plus

Griekwas kies voorlopige spanne vir nasionale weke

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-06-06

Griqualand WestGriekwaland-Wes se keurders kon slegs vier spelers in sy voorlopige span vir die 53ste Cravenweek-rugbytoernooi vir hoërskole in Durban insluit.

Slegs die haastige vleuel Cameron Hufke, die senter De-an Ackerman, flank Rian Kotze en die slot Bernard Jansen het die Poubloues ook verlede jaar op die toernooi in Stellenbosch verteenwoordig.

Hufke, Jansen en Ackerman behoort indien hulle stewige vertonings op die toernooi lewer sterk aanspraakmakers vir plekke in die nasionale skolespanne te wees.

Die grootste verrassing in die voorlopige span is die weglating van Diamantveld se losskakel, Charles Williams. Hy was tot dusver een van sy skoolspan se sterre die seisoen, maar die keurders ag na die proewe Vaalharts se Petri du Plessis hoër as Williams.

Diamantveld het nege spelers in die span, terwyl Noord-Kaap agt spelers in het.

In die vaskopstut, Byron du Plooy, sal die Hoërskool Douglas sy eerste hoërskool Cravenweek-speler sedert Dries Scholtz en Dolf Swiegers in 1997 oplewer. Scholtz het wel in 1998 ook vir Griekwas op die Cravenweek verteenwoordig, maar dit was tydens ’n post-matriekjaar vir die Hoërskool Vaalharts.

Die keurders van Griekwa-platteland het daarin geslaag om ’n goeie balans tussen ’n ervare en jongspan te kies. Die span het vyf spelers Heinrich Fourie, Talie Dick, Ettienne le Roux, Jacques Page en Mpho Molaolwa in sy geldere wat verlede jaar ook vir die span op die toernooi in Stellenbosch gespeel het.

Sewe spelers het verlede jaar die unie op die Grant Khomo-week vir o.16-spelers verteenwoordig. Die streek se twee groot skole, Duineveld en die Hoërskool Upington, het elk agt spelers in die voorlopige span. Daar is 24 spelers in die voorlopige span so daar moet nog een speler uit die groep gelaat word.

Die span word deur Fillip Venter, J-Ell Slabbert en Stefan van Wyk afgerig. Die span se eerste wedstryd in Durban sal op die eerste dag teen Zimbabwe wees.

Die spanne is:

Griekwas: Ashwin Botha (Diamantveld), Gladwin Nieuwenhuizen (Noord-Kaap), De-an Ackerman (Diamantveld), Ruan Scholtz, Cameron Hufke (Noord-Kaap), Petri du Plessis (Vaalharts), Chad Adams (Noord-Kaap), Jacques Ackerman (Diamantveld), Rian Kotze, Jeffrey Muzazza (albei Noord-Kaap), Bernard Jansen (Diamantveld), Heinrich Klopper (Hartswater), Byron du Plooy (Douglas), Anton van Romburg, André du Toit (albei Diamantveld). Plaasvervangers: WS Coetzer (Diamantveld), Justin Murphy (Noord-Kaap), Edwill Speelman, Edrich Brand (albei Noord-Kaap), Jody Schmidt (Diamantveld), Niel Coetzee (Hartswater), Dihan du Plessis (Diamantveld), Chadwyn November (Noord-Kaap).

Griekwa-platteland: Mpho Molaolwa (Kalahari), Sebastiaan Jobb, Jacques Page (albei Duineveld), Devan Walters (Upington), Oscar van Wyk (Kathu), Iwan Lombaard (Upington), Ettienne le Roux, Johan Geldenhuys (albei Duineveld), Johannes Terblanche (Upington), Ruan Visser, Rudolph Oberholzer, Jovan Oosthuizen (almal Duineveld), Gerhard Gregory (Kalahari), Talie Dick (Concordia), Zean Augustyn (Duineveld). Plaasvervangers: Waylen Cloete (Upington), Wilfred Saunderson (Saul Damon), Theuns van Zyl, Hanlu Kotze (albei Upington), Wayne Ventura (Concordia), Delron Speelman (Daniëlskuil), Connie de Jager, Byron Coetzee (albei Upington), Heinrich Fourie (Kalahari).

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.