Griekwa en Griffons ligas se kampioene word hierdie naweek gekroon

Die Griekwaland-Wes en Griffon-streke se onderskeie ligas bereik hierdie naweek hul eindpunt.
In die Griekwas se mediumskole afdeling speel Curro Kathu en Hartswater teen mekaar in die eindstryd terwyl Postmasburg en Namakwaland meeding vir die kleinskole titel. Hierdie wedstryde vind Saterdag by die Windhoek Draught Park in Kimberley plaas.
In Welkom, by die Rovers Rugby Klub, veg Wilgerivier en Bothaville dit uit vir die Griffons mediumskole-titel, terwyl Vrede en Hoopstad mekaar die stryd aansê in die ander eindstryd.
Die wenners van hierdie wedstryde beweeg dan ook aan na die Kovsiereeks halfeindstryd, waar hulle teen mekaar, en twee spanne in elke liga uit die Vrystaat uit sal meeding.
Curro Kathu lyk nog onstuitbaar hierdie jaar nadat hulle ‘n begeesterde Hopetown kon inperk om ‘n plek in die eindstryd oop te speel deur om met 28-17 te wen.
Die senterpaar van Julius Mhzaza en Rehaden van Wyk blyk om ‘n probleem vir hul teenstanders te wees, met hierdie twee wat weekliks punte bydra vir die span van Kathu.
Mhzaza kon hierdie naweek weer met twee doelskoppe slaag, ‘n verantwoordelikheid wat hy met sy loskakel, Leighton Hopshire, deel.
Hopshire kon ook twee drieë vervyf, en Van Wyk kon weer agter die doellyn gaan draai.
Hartswater het in hul halfeindstryd teen Hoërskool Kathu danksy twee drieë deur hul senter, Tshiamo Tsiane, met 27-12 geseëvier.
Onder die leiding van hul kaptein en losskakel, Emmanuel van der Merwe, kon die manne van Postmasburg vyf drieë teen die span van De Aar in te ryg in hul halfeindstryd.
Namakwaland moes sweet in die hardste wedstryd van die naweek om vir Douglas uit die eindstryd uit te hou met ‘n 24-19 sege.
Bothaville het ook hard gewerk vir hul plek in die eindstryd met ‘n 24-19 oorwinning teen Ficksburg.
Op die ou end was dit die nege punte deur hul losskakel, Alex du Pisani, se betroubare skopskoen wat die verskil tussen hulle en die manne van Ficksburg kon maak.
Wilgerivier se blitsige vleuel, Thlompo Motsapi, kon ‘n driekuns teen die uitdagers uit Ladybrand aanteken en sy buitesenter, Marnus Swart, kon ook twee maal agter die doellyn gaan draai om hul span na ‘n 56-25 sege te lei.
Vrede en Hoopstad marsjeer voort in die kleinskole liga , na Vrede kon uithou om vir Hennenman 18-12 te verslaan, en Hoopstad vir Paul Erasmus met ‘n omvattende vertoning 73-23 kon wegsien.
Theo van Zyl, Vrede se groot slot, kon twee van sy span span se drieë aanteken.
In die Hoopstad wedstryd was daar drie spelers wat twee drieë elk kon druk, met die twee flanke, AB Muller en Jurgens Human, asook Arrie Ferreira, die losskakel, wie elkeen ‘n skof kon aanteken.
Die stryd tussen Vrede en Hoopstad beloof om vonke te lewer waneer die twee ontmoet vir die titel, albei spanne speel nog heel seisoen top-gehalte plattelandse rugby en dit gaan ongetwyfeld ‘n opwindende aflsuiting van ‘n spogseisoen wees.
Die spanne is:
Griekwaland-Wes eindstryd:
Curro Kathu t. Hartswater om 15:25:
Curro Kathu: 15 Luis Cassumba, 14 Timothy Isaacs, 13 Julius Muzaza, 12 Rehaden van Wyk, 11 Ashley Sickles, 10 Leighton Hopshire, 9 Marcwin Nero, 8 Ruben Wessels, 7 Zavier Magerman, 6 Lindzae Peacock, 5 De-Anzo Eilerd, 4 Biochoko Thlopele, 3 Damian Maclean, 2 Wiaan Hatting, 1 Michael Viljoen.
Hartswater: 15 Lyle Thompson, 14 Takunda Chindenga, 13 Mi-Chaelle Moeng, 12 Tshiamo Tsiane, 11 MJ Blaauw, 10 Jerome Davids, 9 Kesley Kock, 8 Ji-Andre Visser, 7 Henre Kruger, 6 Kamogelo Tshaka, 5 Nico van der Westhuizen, 4 Layton van Niekerk, 3 Tiaan Pretorius, 2 Nico van den Heever, 1 Eduardt Erasmus.
Postmasburg t. Namakwaland om 14:00:
Postmasburg:15 Lorenzo Hael, 14 Carlo de Beer, 13 Mandre Maritz, 12 Oratile Mathe, 11 Andile Tshaka, 10 Emmanuel van der Merwe, 9 Eugene Makhubedu, 8 Schalk van Wyk, 7 Phumezo Nel, 6 Bradley Clark, 5 Jack Nhundu, 4 Paul Murray, 3 Koketso Pule, 2 Evando Markus, 1 Bradley Mophatlheng.
Namakwaland: 15 Conway Williams, 14 Dequin van Wyk, 13 Rihaadt Cloete, 12 Jackwin Magerman, 11 Berton Visser, 10 Leorick Magerman, 9 Mikhail Afrikaner, 8 Petro Raven, 7 Markwin Kordom, 6 Pieter van der Walt, 5 Logan Karstens, 4 Paul Earlio, 3 Dequin Engelbrecht, 2 Zander Coleman, 1 Chad-Lee Jansen.
Griffons Platteland eindstryd:
Wilgerivier t. Bothaville om 15:10:
Wilgerivier: 15 Jonty Graaff, 14 Thlompo Motsapi, 13 Marnus Swart, 12 Tiaan Hattingh, 11 Ersnt Richter, 10 Wian Muller, 9 HG Muller, 8 Jean-Pierre Prinsloo, 7 Ruan Mayer, 6 JD van den Berg, 5 Tom van der Watt, 4 Juan de Klerk, 3 Zernich van Zyl, 2 Louis de Villiers, 1 Gerhart Venter.
Bothaville: 15 Hanru Coetzee, 14 Josh Petersen-de Andrade, 13 Joshua Scholtz, 12 Tohan Taljaard, 11 Tshepo Nteo, 10 Alex du Pisani, 9 Hanco van der Merwe, 8 Andre Eloff, 7 Edrian Erasmus, 6 Hanco van der Walt, 5 Neo Mosolodi, 4 Johan Swanepoel, 3 Ruan Meyer, 2 GJ Papenfus, 1 Schalk Engelbrecht.
Vrede t. Hoopstad om 13:40:
Vrede: 15 Awie Viljoen, 14 Henco Crouse, 13 Skosana Lesolang, 12 Wynand Engelbrecht, 11 Nichaelin Patrick, 10 Ewan Luus, 9 Charl Cilliers, 8 Wikus Fourie, 7 Nathan Venter, 6 Thabang Motaung, 5 Theo van Zyl, 4 Du Toit Neethling, 3 Paul du Plessis, 2 PJ Botha, 1 Adriaan Mostert.
Hoopstad: 15 Busi Mfebe, 14 Corne Wilsnach, 13 Hennie Barnard, 12 Abrie van Zyl, 11 Michael Steyn, 10 Arrie Ferreira, 9 Edward Graham, 8 Adam Barnad, 7 AB Muller, 6 Jurgens Human, 5 Christiaan Liebenberg, 4 AP Meyer, 3 Hano Botha, 2 Ruben Enslin, 1 Pieter Vosloo.




