Grey-kollege skop seisoen af op Steyners se sportdag
 Die Hoërskool President Steyn bied op Saterdag, 25 Februarie sy jaarlikse Hester van der Walt Sportdag aan.
Die Hoërskool President Steyn bied op Saterdag, 25 Februarie sy jaarlikse Hester van der Walt Sportdag aan.
Dit is die 30ste keer wat dié sportdag aangebied word en sal ook vanjaar die skolerugbyseisoen in die Vrystaat afskop.
In die hoofwedstryd van die dag kom die Steyners op Gonval Store-park teen Wessel Maree van Odendaalsrus te staan. Die gasheer het verlede jaar vir die Hoërskool Bultfontein met 15-5 in die hoofwedstryd verslaan.
Die wedstryd wat egter die skare gaan lok is die kragmeting tussen Grey-kollege en Hoërskool Trio.
Grey het verlede jaar soos gebruiklik weer onder die voorste skolespanne in Suid-Afrika getel, terwyl Trio in sy eerste seisoen vriend en vyand verras het deur as die Griffon-liga asook die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga se kampioen gekroon te word.
Dit sal ook dus die eerste keer wees dat die twee skole mekaar op die rugbyveld ontmoet.
Fichardtpark wat ook ‘n goeie seisoen in 2022 beleef het sal behoorlik deur Wesvalia tydens die sportdag getoets word. Wesvalia het ‘n appeltjie met die Fichies te skil na hy verlede jaar met 29-3 behoorlik die loef afgesteek is.
Jim Fouché van Bloemfontein sal sy seisoen teen Hentie Cilliers van Virginia afskop. JF het verlede jaar ook ‘n goeie seisoen beleef en sal vanjaar weer sy stem in die Vrystaat wil dikmaak.
Die bepalings:
Gonval Store-park
17:20 – President Steyn vs Wessel Maree
 16:10 – Grey-kollege vs Hoërskool Trio
 15:00 – Brandfort vs Riebeeckstad
 13:50 – Fichardtpark vs Wesvalia
 12:40 – Louis Botha vs Cherries
 11:30 – Jim Fouché vs Hentie Cilliers
 10:20 – Sand du Plessis vs Bultfontein
 09:10 – Hendrik Potgieter vs Ladybrand
 08:00 – Fichardtpark II vs Peaches
B-veld
16:20 – o.14 – Jim Fouché vs Hentie Cilliers
 15:25 – o.16 – Fichardtpark vs Wesvalia
 14:30 – o.15 – Jim Fouché vs Hentie Cilliers
 13:35 – o.16 – Jim Fouché vs Hentie Cilliers
 12:40 – o.16 – Zastron vs Ficksburg
 11:45 – o.19 – Zastron vs Ficksburg
 10:45 – o.19 – Marquard vs Sentraal III
 09:35 – o.16 – Grey-kollege vs Trio
 08:40 – o.15 – Brandfort vs Riebeeckstad
 07:45 – o.16 – Brandfort vs Riebeeckstad
 
 
 
 




 
  
  
  
  
  
  
  
  
 