SuperSport Schools Plus

Grey-kollege sal 2021 seisoen teen feesvierende Wit Bulle afskop

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2021-03-08 Tags:

Grey CollegeIndien dit nie genoeg is dat ondersteuners reeds uitgehonger is vir skolerugby nie, is daar boonop nou die vooruitsig dat ‘n kragmeting tydens die eerste naweek van skolerugby na meer as ‘n jaar se onderbreking beloof om een van die hoogtepunte van die 2021-seisoen te wees.

Die land se voorste skolerugbyspan van 2019, Grey-kollege, sal sy seisoen in Krugersdorp teen die Hoërskool Monument afskop. Monnas vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar en dié kragmeting op die Ras van Rooyen sou een van die hoogtepunte van die jaar gewees het. Dié wedstryd wat vanjaar vir 17 April geskeduleer is se belangrikheid vir die twee skole het egter nou nog ‘n trappie geklim.

Grey-kollege se nuwe hoofafrigter, Jannie Geldenhuys, sal ‘n behoorlike vuurdoop in sy nuwe pos ontvang. Die span van Bloemfontein sal na die stryd teen Monnas ook ‘n week later op die Ras van Rooyen tydens ‘n rugbydag ter viering van Monns as eeufees in aksie wees. Vier dae later aantree vir die Barloworld Noord/Suid-toernooi wat by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria aangebied sal word.

Affies, wat verlede jaar sy eeufees gevier het, sou die toernooi verlede jaar ook aangebied het. Die voorlopige bepalings van die Noord/Suid het Menlopark en EG Jansen as Grey-kollege se teenstanders in die Jakarandastad gehad.

Grey-kollege sal vanjaar slegs drie keer in die Rosestad te sien wees. Hy sal in drie interskoles – teen Selborne College, Oakdale Landbou en Paul Roos Gimnasium op sy tuisveld in aksie wees.

Grey se o.14-toernooi sal ook steeds plaasvind vanaf 9 tot 13 Julie. Dit is die eerste keer wat die toernooi aangebied sal word. Die ander groot junior-toernooie – Kwagga-week (o.14), Boishaai-week (o.15) en Jean de Villiers-week (o.16) by Paarl Gimnasium se aanbieding moet nog bevestig word.

 

#DatumTeenstanderPlek Toernooi
117/04/2021vs MonumentKrugersdorp
224/04/2021vs TBCKrugersdorpMonnas Eeufees
328/04/2021vs MenloparkPretoriaNoord/Suid
401/05/2021vs EG JansenPretoriaNoord/Suid
508/05/2021vs Paarl Boys’ HighPaarl
615/05/2021vs AffiesPretoria
722/05/2021vs Selborne CollegeBloemfontein
829/05/2021vs Oakdale LandbouBloemfontein
931/07/2021GlenwoodDurban
1006/08/2021vs TBCKimberleyWildeklawer
1109/08/2021vs TBCKimberleyWildeklawer
1214/08/2021vs Grey High SchoolPort Elizabeth
1321/08/2021vs Paul RoosBloemfontein

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.