Grey Kollege maak weer teen Trio op Steyners se Sportdag litte los
Dit is weer daardie tyd van die jaar.
Die skolerugbyseisoen is hier en soos gewoonlik skop dit net buite Bloemfontein op die Hoërskool President Steyn se jaarlikse Hester van der Walt Sportdag in Bainsvlei af.
Dit sal vanjaar die 33ste keer wees dat die sportdag aangebied word.
Grey Kollege sal soos gebruiklik sy litte teen die Hoërskool Trio van Kroonstad op Gonval Store-park tydens dié dag losmaak. Trio beskik vanjaar oor ‘n gedugte span en Suid-Afrika se rugbyfabriek sal dus nie kanse vat om slegs tot derde rat in die wedstryd oor te skakel nie.
Die kragmeting sal ook die hoofwedstryd tydens die sportdag wees. Grey het verlede jaar gemaklik met 38-10 as oorwinnaars uit die stryd getree.
Die gasheer President Steyn sal om 11:30 teen Hoërskool Bultfontein te staan kom. Die Steyners het die vorige drie jaar teen Wessel Maree van Odendaalsrus tydens dié dag te staan gekom. Die span van Odendaalsrus sal nie vanjaar hier in aksie wees nie.
Die vernaamste voorwedstryd tussen Jim Fouché van die Rosestad en Hentie Cilliers van Virginia kan ook vir heelwat opwinding sorg. Dit terwyl Fichardtpark se Leeus se ontmoeting teen Welkom Gimnasium vir die ander spanne in die sentrale streek ‘n goeie aanduiding behoort te gee vir wie hul nog lugtig tydens die seisoen moet wees.
Veral na Fichies se Guiteau Petrus (losskakel), Mathew Valentine (vleuel), Zee Mathese (buitesenter) en Leo Bosch (slot) die 4x100m aflos tydens die Motheo/Xhariep-byeenkoms in die Vrystaat-stadion gewen het.
Hulle het stof in die oë van Jim Fouché (44.41), Sentraal (44.54) en Grey Kollege (44.56) met ‘n wentyd van 44.18 sekondes tydenbs die byeenkoms geskop.
Die bepalings:
Gonval Store-park | o.19
17:20 – Grey College vs Hoërskool Trio
16:10 – Jim Fouché vs Hentie Cilliers
15:00 – Fichardtpark vs Welkom Gimnasium
13:50 – Voortrekker vs Louis Botha
12:40 – Grey College II (Cherries) vs Hoërskool Trio II
11:30 – President Steyn vs Bultfontein
10:20 – Brandfort vs Jim Fouché II
09:10 – Voortrekker II vs Moet nog bevestig word
08:00 – Zastron vs Fichardtpark II
B-veld | o.16 & o.19
16:15 – o.16 – Grey College vs Hoërskool Trio
15:15 – o.16 – Voortrekker vs Louis Botha
14:15 – o.16 – Jim Fouché vs Hentie Cilliers
13:15 – o.16 – Fichardtpark vs Welkom Gimnasium
12:15 – o.16 – Brandfort vs Hendrik Potgieter
11:10 – o.19 – Sand du Plessis vs Fichardtpark III
10:05 – o.16 – Zastron vs Sand du Plessis
09:00 – o.19 – Hendrik Potgieter vs Marquard
08:00 – o.16 – President Steyn vs Bultfontein




