SuperSport Schools Plus

Grey-kollege kraai koning by Jim Fouché Sewestoernooi

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-09-12

PHOTO: Marnus van Wyk

Die seuns van Grey-kollege het hierdie naweek hul buurskole in die Rosestad herhinder wie die kroon in Bloemfontein dra met ‘n stewige vertoning by die Jim Fouché-sewestoernooi.

Vang al die aksie op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na toernooi

Terwyl Grey se eerstespan by die Marius Schoeman Sewestoernooi by Paarl Gimnasium in aksie was, waar hulle vir die tweede agtereenvolgende naweek die kompetisie kon kaf draf tot in die eindstryd, net om teen ‘n span van Paul Roos Gimnasium vas te loop wat witwarm is op die oomblik.

Die twee skole is op die oomblik ‘n stap voor hul naaste teenstanders, en die Grey-kollege Uitnodigingspan het dit ook bewys deur om hul spiere te bult by hul buurskool se toernooi.

Die manne van die Bloemfonteinse rugbyfabriek kon 283 punte gedurende die vyf wedstryde aanteken en slegs 31 afstaan, waarvan die meerderheid in die eindstryd teen Fichardtpark gekom het.

Die Fichies het self ‘n sterk toernooi beleef om bo aan hul groep te eindig. Hulle moes, onder andere, hul groot vyand Jim Fouché verslaan vir ‘n plek in die eindstryd.

Jim Fouché het vroeër in die jaar, gedurende die 15-man seisoen, Fichardtpark se harte gebreuk in die Bloemfontein Stadsbeker eindstryd, en die Fichies sou hul 22-17 oorwinning oor JF die naweek veral geniet.

Fichardtpark kon 28 punte teen Grey aanteken in die eindstryd, maar daar was geen manier om die Grey spoedvrate in te perk nie, en hulle kon uiteindelik redelik gemaklik wegstap met die titel na ‘n 39-24 sege

By die o.15s het Grey ook nie sy eweknie gehad nie, met die Grey-kollege uitnodigingspan wat hul skoolmaats in die Grey B span kon troef in die eindstryd met 28-10.

Die kampioene het ‘n verbysterende gemiddeld van 51-3 oor die vyf wedstryde die naweek behaal.

Al die uitslae:

o.17

Poel A: Jim Fouché 75, Brebner 0; Fichardtpark 75, Stallions 0; Fichardtpark 22, Staatspresident Swart 0; Jim Fouché 27, Stallions 0; Staatspresident Swart 45, Stallions 0; Fichardtpark 50, Brebner 0; Fichardtpark 22, Jim Fouché 17; Staatspresident Swart 50, Brebner 7; Brebner 24, Stallions 21; Jim Fouché 33, Staatpresident Swart 5.

Poel B: Grey-kollege Uitnodigingspan 92, Stallions II 0; Sentraal 62, Heatherdale 0; HTS Louis Botha 37, Heatherdale 0; Grey-kollege Uitnodigingspan 17, Sentraal 0; Sentraal 52, Stallions II 12; Grey-kollege Uitnodigingspan 67, HTS Louis Botha 7; Grey-kollege 68, Heatherdale 0; HTS Louis Botha 36, Stallions II; Ssentraal 29, HTS Louis Botha 7; Stallions II 15, Heatherdale 7.

Eindstryde:

Beker: Grey-kollege Uitnodigingspan 39, Fichardtpark 24.
Plaat: Sentraal 22, Jim Fouché 19.
Bowl: HTS Louis Botha 27, Staatspresident Swart 12.
Skild: Brebner 17, Stallions II 7.

o.15

Poel A: Grey-kollege Uitnodigingspan 29, Fichardtpark 7; Brebner 22, Stallions II 0; Staatspresident Swart 17, Brebner 12; Grey-kollege Uitnodigingspan 72, Stallions II 0; Fichardtpark 32, Stallions II 0; Grey-kollege 60, Staatspresident Swart 0; Grey-kollege Uitodigingspan 65, Brebner 0; Fichardtpark 45, Staatspresident Swart 0; Staatspresident Swart 20, Stallions 0; Fichardtpark 69, Brebner 12.

Poel B: Grey-kollege II 19, Sentraal 5; Jim Fouché 34, HTS Louis Botha 10; Jim Fouché 47, Stallions 0; Grey-kollege II 35, HTS Louis Botha 0; Sentraal 49, HTS Louis Botha 12; Grey-kollege II 59, Stallions 0; Grey-kollege II 45, Jim Fouché 5; Sentraal 62, Stallions 0; HTS Louis Botha 43, Stallions 7; Jim Fouché 17, Sentraal 10.

Eindstryde:

Beker: Grey-kollege uitnodigingspan 28, Grey-kollege II 10.
Plaat: Fichardtpark 19, Jim Fouché 10.
Bowl: Sentraal 55, Staatspresident Swart 0.
Skild: HTS Louis Botha 45, Brebner 0.

 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.