SuperSport Schools Plus

Grey-kollege het appeltjie met Boishaai in Rosestad te skil

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2019-05-09 Tags:

NewsGFCduPlessisDit kan nie as wraak beskou word nie, maar Grey-kollege se eerstespan het ongetwyfeld ‘n appeltjie met sy eweknie van die Hoër Jongenskool Paarl te skil.

Die wedstryd is deel van die Premier Interschools-program en word regstreeks op SuperSport gebeeldsend.

Boishaai was met sy twee vorige besoeke aan die Rosestad baas, waarvan die eerste ‘n geskiedkundige sege was, omdat dit die eerste keer ooit was wat die span van Paarl daarin kon slaag om Grey (21-19) op sy tuisveld om te dop.

Grey-kollege was verlede jaar met 34-20 in die Paarl baas na Boishaai vir drie jaar op ‘n streep (2015-2017) bragging rights geniet het.

Grey het tydens die onlangse Wildeklawer-toernooi in Kimberley na nog ‘n hoër rat oorgeskakel en Outeniqua (64-7) en Paarl Gimnasium (47-33) op ‘n indrukwekkende verslaan.

Daar wag ‘n behoorlike tweestryd tussen die twee spanne se agtstemanne, George Cronjé (Grey) en Gideon van Wyk (Boishaai). Cronjé voer ook die span van die Rosestad aan. Hy het tydens Wildeklawer gewys dat hy ‘n sterk aanspraakmaker op die SA Skole-span se Nr. 8-trui sal wees.

Van Wyk is ‘n sleutelspeler vir Boishaai en is met agt drieë sover die seisoen sy span se voorste driedrukker.

Die Hoër Jongenskool Paarl beklee tans die derde posisie op School of Rugby se ranglys. Die span van die Paarl is nog onoorwonne en dis slegs ‘n ligte vlekkie ‘n gelykop-uitslag teen Helpmekaar-kollege (20-elk) wat hom van die tweede posisie weerhou het.

Boishaai het egter ook tydens die Wildeklawer-toernooi daarin geslaag om tot ‘n hoër rat oor te skakel. Dit was veral die spel van die losskakel, Kian Meadon, wat tot dusver 133 punte in agt wedstryde aangeteken het.

Die terugkeer van die losskakel, Jacques Rousseau, op heelagter het waarskynlik ook ‘n rol in Boishaai onlangse vertonings gespeel. Rousseau het 24 punte in Boishaai se eerste wedstryd van die seisoen teen HTS Drostdy (64-3) aangeteken.

Boishaai hou ook duidelik daarvan om die bal lug te gee met sy buitesenter, Quan Horn (7 drieë), asook die twee vleuels, Javier Farmer (7) en Angelo Osch (6), wat nie onbekend met die doellyn is nie.

Grey se agterste driehoek Nabo Sokoyi, JD Odendaal en Franco Knoetze was egter sover vanjaar in ‘n klas van hul eie. Hulle het sover vanjaar 25 drieë in hul span se tien wedstryde vanjaar bygedra. Dit sluit egter nie die plaasvervanger-vleuel, Marcell Muller, se ses drieë in nie.

Muller is met sy vaart asook sy 100kg lyf moeilik om in die laaste tien minute van ‘n wedstryd te stuit.

Die spanne is:

Grey-kollege: 15 Sonwabo Sokoyi, 14 JD Odendaal, 13 Ian Small-Smith, 12 Lesley Botha, 11 Franco Knoetze, 10 FC du Plessis, 9 Juan-Dee Olivier, 8 George Cronjé (kaptein), 7 Deon le Roux, 6 Ricardo Fourie, 5 Danwich Beukes, 4 Tiaan Jonker, 3 Petrus Naude, 2 André-Hugo Venter, 1 Jan-Hendrik Wessels.

Hoër Jongenskool Paarl: 15 Jacques Rousseau, 14 Angelo Osch, 13 Quan Horn, 12 Tyler Bocks, 11 Javier Farmer, 10 Kian Meadon, 9 Wian van der Sandt, 8 Gideon van Wyk, 7 Eon van den Berg, 6 Stass Nel, 5 Niel Venter, 4 Evan Roode, 3 Sebastian Lombard, 2 Allister Williams, 1 Rhynardt Rijnsburger (kaptein).

Skeidsregter: Darren Colby

Vorige Uitslae (2000-2018): 

 
2018Grey College34Paarl Boys’ High20Paarl
2017Paarl Boys’ High46Grey College31Bloemfontein
2016Paarl Boys’ High28Grey College18Paarl
2015Paarl Boys’ High21Grey College19Bloemfontein
2014Grey College15Paarl Boys’ High10Paarl
2013Grey College35Paarl Boys’ High28Bloemfontein
2012Paarl Boys’ High28Grey College18Paarl
2011Grey College15Paarl Boys’ High15Bloemfontein
2010Grey College32Paarl Boys’ High12Paarl
2009Grey College50Paarl Boys’ High8Bloemfontein
2008Grey College34Paarl Boys’ High24Paarl
2007Grey College48Paarl Boys’ High24Bloemfontein
2006Grey College20Paarl Boys’ High5Paarl
2005Grey College38Paarl Boys’ High13Bloemfontein
2004Grey College38Paarl Boys’ High3Paarl
2003Grey College27Paarl Boys’ High16Bloemfontein
2002Grey College23Paarl Boys’ High6Paarl
2001Grey College38Paarl Boys’ High15Bloemfontein
2000Paarl Boys’ High17Grey College10Paarl

 [powr-comments id=”68a7f81e_1557400484973″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.