SuperSport Schools Plus

Grey is bobaas in Bloemfontein

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-09-18 Tags: ,

NewsG Grey rugbyGrey-kollege het hierdie naweek seker gemaak van hul plek by die Hoërskole-sewesreeks se Kampioen van Kampioene-toernooi wat in Oktober in Bloemfontein aangebied word.

Volg die aksie op SuperSport Schools – Registeer nou Skakel na die toernooi

Grey se sewesspan het oor die afgelope twee naweke baie goed presteer om by twee groot sewestoernooie tot die eindstryd deur te dring, maar albei kere het hulle in hul groot vyand van Stellenbosch, Paul Roos, in die finale wedstryd vasgeloop.

Die seuns van Grey het egter nog teen geen ander span in die vinniger formaat van die spel verloor hierdie jaar nie, terwyl Paul Roos al ‘n paar keer vasgeval het.

Terwyl die Maroen Masjien by die eerste jaarlikse NWU Prestige Skole sewestoernooi in Potchefstroom na halftyd kon terugveg om vir Grey met 22-19 te klop, en verlede naweek by die groot Marius Schoeman fees in die Paarl hul spiere gebult het deur om die Bloemfonteiners met 33-10 weg te sit, sal die manne van Grey hul lippe aflek vir ‘n kans om die bordjies te verhang waneer die twee spanne mekaar in Oktober moontlik weer raakloop by die kampioenetoernooi.

Alzeadon Felix, Pieter van der Merwe, en Philip Mclaren is drie van die Grey-seuns wat uitblink sedert die sewes-seisoen afgeskop het. Van der Merwe het ook die jaar al uitgeblink vir die eerstespan gedurende die gewone 15-man seisoen waar Grey met al hul opponente kon afreken om heel bo aan die skoleranglyste te eindig.

Met sulke dinamiese groep spelers en ‘n afrigtingspan wat al jaar na jaar hulself bewys het belowe die manne van Bloemfontein om volgende jaar hul heerspkappy oor Suid Afrikaanse skolerugby voort te sit, maar vir eers sal alle aandag op die oorblywende sewesoernooie wees.

Met ‘n gemiddelde telling van 45-3 kan daar geen twyfel wees dat die Grey sewesspan hierdie naweek op ‘n vlak van hul eie was nie.

Albei ouderdomsgroepe se eindstrydwedstryde was Grey teen Grey, met die eerste en tweedespanne wat onoorwonne deur die plaaslike kompetisie kon beweeg.

Al die uitslae:

o.17

Groepwedstryde: Grey-kollege 22, Grey-kollege II 5; Landboudal 19, Jim Fouché 12; Wilgerivier 50, Kimberley Boys’ High 0; Grey-kollege 64, Jim Fouché 0; Grey-kollege II 50, Wilgerivier 7; Landboudal 47, Kimberley Boys’ High 0; Wilgerivier 35, Jim Fouché 12; Grey-kollege II 62, Kimberley Boys’ High 0; Grey-kollege 36, Landboudal 7; Grey-kollege II 33, Landboudal 24; Grey-kollege 45, Wilgerivier 5; Jim Fouché 51, Kimberley Boys’ High 7; Landboudal 21, Wilgerivier 19; Grey-kollege II 19, Jim Fouché 19; Grey-kollege 66, Kimberley Boys’ High 0.

Eindstryd

Bowl – Jim Fouché 25, Kimberley Boys’ High 0.

Plaat – Wilgerivier 24, Landboudal 19.

Beker – Grey-kollege 40, Grey-kollege II 5.

o.15

Groep A: Grey-kollege II 29, Jim Fouché 5; Wilgerivier 40, Kimberley Boys’ High 0; Grey-kollege II 60, Kimberley Boys’ High 0; Wilgerivier 27, Jim Fouché 5; Grey-kollege II 43, Wilgerivier 12; Jim Fouché 46, Kimberley Boys’ High 0.

Groep B: Grey-kollege 35, Landboudal 5; Grey-kollege III 42, HTS Louis Botha 0; Grey-kollege 95, HTS Louis Botha 0; Landboudal 26, Grey-kollege III 15; Landboudal 48, HTS Louis Botha 7; Grey-kollege 35, Grey-kollege III 0.

Halfeindronde

Bowl – Jim Fouché 24, HTS Louis Botha 14; Grey-kollege III 59, Kimberley Boys’ High 14.

Beker – Grey-kollege II 36, Landboudal 7; Grey-kollege 43, Wilgerivier 0.

Eindstryd

Skild – HTS Louis Botha 35, Kimberley Boys’ High 7.

Bowl – Jim Fouché 31, Grey-kollege III 15.

Plaat – Landboudal 14, Wilgerivier 12.

Beker – Grey-kollege 45, Grey-kollege II 19.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.