SuperSport Schools Plus

Grey het vanjaar ekstra motivering om drieë te druk

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-02-16

Die voormalige Springbok en huidige afrigter van die Universiteit van die Vrystaat se Shimlas, Franco Smith, sal vanjaar as konsultant Grey-kollege se afrigtingspan bystaan. Smith is ‘n ervare breier wat lank Treviso in Italië afgerig het.

Nog ‘n voormalige Bok, Theo Oosthuizen, het verlede jaar as consultant opgetree. Dié pos is ook voorheen deur die voormalige Engelse heelagter, Michael Horak, beklee. Horak het in 1995 vir Grey se eerstespan uitgedraf.

Wessel du Plessis is die span van Bloemfontein se hoofafrigter, met die gewese Cheetah, Tewis de Bruyn, wat die hulpafrigter is. Hein Vosloo hanteer die verdediging en kondisionering, terwyl Hendri Theron die spanbestuurder is.
Spanne moet vanjaar nog meer lugtig vir Grey-kollege se eerste rugbyspan as voorheen wees. Die span van 2015 het vanjaar ‘n bietjie ekstra motivering om drieë te gaan druk.

Dié span se nuwe borg 1Life gaan vir elke drie wat dié span druk ‘n R1500 skenk om iemand se lewe te verbeter. Elke keer wat een van Grey se spelers vanjaar die doellyn oorsteek sal dit dus meer as net vir ‘n wen wees, maar ook vir ‘n goeie doel geld insamel.

Die span van die Rosestad het verlede jaar ‘n gemiddeld van ses drieë per wedstryd in sy 20 wedstryde gedruk. Indien dié ooreenkoms verlede jaar geldig was sou dié borg ‘n volle R 181 500 vir Grey se 121 drieë tydens 2014 opgedok het. Dit sluit nie die 18 drieë in wat ‘n Grey XV-tal teen Goudveld-Hoërskool in ‘n wegholsege van 111-0 op die Hoërskool Staatspresident Swart se jaarlikse sportdag in Brandfort.

Buiten die span van Bloemfontein se jaarlikse interskoles sal die span ook op Kearsney-kollege se Paastoernooi teen die gasheer, HTS Middelburg en EG Jansen te staan kom. Tydens die Wildeklawer-toernooi in Kimberley sal Grey deur Waterkloof en Monument van Krugersdorp getoets word.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.