SuperSport Schools Plus

Grey en Welkom Gim pak mekaar vandag op Steyners se Sportdag

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2022-02-26 Tags:

Steyners SportdagSkolerugbyondersteuners van Bloemfontein kan hulle lippe aflek vir die program van die Hoërskool President Steyn se jaarlikse Hester van der Walt Sportdag net buite die Rosestad. 

Die hoofvoorwedstryd op Gonval Store-park sal ongetwyfeld die meeste aandag trek. Grey-kollege sê hier vir Welkom Gimnasium die stryd om 16:10 aan. Die Gimmies het vanjaar al teen Glenwood se skadu-eerstespan met 17-12 op Sarel Cilliers se rugbydag op Glencoe sy seisoen afgeskop. Hierdie sal Grey se eerste wedstryd van dié seisoen wees. 

Grey het drie spelers in sy geledere wat verlede jaar saam met die Suid-Afrikaanse o.18-span na Georgië sou toer. Hulle is die buitesenter, Alfondso Isaacs, skrumskakel Caleb Abrahams en die haker Juanré Breitenbach. Die toer is kort voor die span se vertrek weens die Covid-19 pandemie afgelas. 

Grey se een kantman, Jean-Henri Smit, kan ook vir homself vanjaar naam maak. Hy is die seun van die voormalige Springbok- en Griekwa-flank, Philip Smit.

Welkom Gimnasium het vier spelers in sy geledere van die Griffons se o.18-span verlede jaar op die Cravenweek sou verteenwoordig. Die Perses het wel na die kanselasie van die Cravenweek steeds wedstryde teen onderskeidelik die Luiperds, Oostelike Provinsie en KwaZulu-Natal gespeel. 

Die viertal is Tristan Appollis (stut), Conlin Treurnicht (skrumskakel), Divan Danhauser (slot) en Jayleigh Arendse (vleuel). Hulle sal fyn deur Grey dopgehou moet word. 

In die hoofwedstryd van die dag sal President Steyn teen die Hoërskool Bultfontein kragte meet. Die twee spanne behoort ook goed teen mekaar op te weeg. 

Die Steyners word aangevoer deur sy binnesenter, Christopher Fourie

Toeskouers sal ook ‘n geskiedkundige oomblik beleef wanneer die Hoërskool Trio van Kroonstad se eerstespan vir die eerste keer in hul geskiedenis in aksie sal wees. Hulle kom om 15:00 teen Jim Fouché te staan. Trio het einde verlede jaar ontstaan toe die Hoërskool Kroonstad (Blouskool) en die Afrikaane Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) saamgesmelt het. 

Die span word deur die voormalige Italiaanse kaptein, Quintin Geldenhuys, afgerig. Geldenhuys is ‘n oud-Monumentaar wat Italië in 67 toetse verteenwoordig het. 

Die bepalings is: 

08:00 – St Andrews vs Marquard 
09:10 – Reddersburg vs Ladybrand
10:20 – Sand du Plessis vs Riebeeckstad
11:30 – Brandfort vs Wessel Maree
12:40 – Cherries vs Welkom Gimnasium II
13:50 – Fichardtpark vs Wesvalia
15:00 – Jim Fouché vs Trio
16:10 – Grey-kollege vs Welkom Gimnasium
17:20 – President Steyn vs Bultfontein

[powr-comments id=”23cf266d_1645865017745″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.