SuperSport Schools News

Grens bekik oor te veel skietgoed vir die Limpopo Blou Bulle

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-07-09

Sibabalwe Xamlashe of Build It Border 2Grens se heelagter, Sibabalwe Xamlashe, was in ‘n vernietigende bui en het vier keer die doellyn in sy span se weghol-sege van 68-17 oor die Limpopop Blou Bulle gedruk.  

Dié sege is Grens se grootste nog sedert die ontstaan van die Cravenweek in 1964. 

Grens het teen rustyd reeds ‘n voorsprong van 40-10 opgebou. Die vleuel Jarrod Ramsey en senter Mnombo Zwelindaba het elk ook twee lopies agter die doellyn afgerond. Die wenspan het in totaal tien drieë gedruk. 

Daar was die begin af geen twyfel oor wie die wedstryd sou wen nie. Xamlashe het al vier sy drieë in die tweede helfte gedruk. Dit is nie aldag wat ‘n heelagter vier keer ‘n doellyn oorsteek nie, so vier drieë in ‘n tweede helfte getuig van ‘n uitsonderlike vertoning. 

Grens se skrumskakel, Thomas Bursey, het slegs een doelskop skeefgekorrel vir ‘n persoonlike bydrae van 18 punte tot die oorwinning. 

Die Limpopo Blou Bulle se vleuel Ofentse Maubane se drie was een van min ligpunte vir die verloorspan. Hy het ‘n steekskoppie van die skrumskakel, Anthony Brand, opgevolg en die losbal opgepik om te gaan druk. 

Puntemakers: 

Grens 68 (40) – Drieë: Sibabalwe Xamlashe (4), Jarrod Ramsay (2), Mnombo Zwelindaba (2), Sakhekile Dingile, Nolan Kemp. Doelskoppe: Thomas Bursey (9). Limpopo Blou Bulle 17 (10) – Drieë: Erik Snyman, Anthony Brand, Ofentse Maubane. Doelskop: Reece Wynne. 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.