Gouties en Tralies in Wesgrow-tweestryd in Goudveld Sportdag se hoofmaal
Goudveld-Hoërskool bied hierdie naweek weer hul jaarlikse sportdag aan.
Die hoofwedstryd van die dag dien dan ook as ‘n Wesgrow Sentrale Sport-reeks bepaling vir Goudveld en Sentraal.
Goudveld het hul eerste twee wedstryde albei met minder as vier punte verloor, hierdie wedstryd bied vir hulle ‘n geleentheid om hul seisoen om te draai voordat teveel skade gedoen word.
Die Gouties het die vorige ontmoeting tussen die twee skole in 2019 met 59-28 in Bloemfontein gewen en sal hoop om Saterdag weer so ‘n vertoning te lewer.
Goudveld het al reeds hierdie jaar gewys dat hulle ‘n sterk pak, en spelers soos heelagter, Ruben Crous, en senter Urban Pienaar (kaptein) in hul agterlyn het wat ook opwindend lyk.
Hulle kon egter nog nie die ekstra bietjie wat nodig is vind om ‘n oorwinning te kry nie, maar dit is hul eerste wedstryd tuis, en die atmosfeer mag dalk net genoeg help om hulle oor die lyn te kry.
Sentraal het ‘n moeilike begin aan hul seisoen gehad, en sal net so gretig wees om hierdie wedstryd te gebruik om momentum te bou.
JP Pretorius is een van Sentraal se belowende spelers, maar hy het tot dusver nog nie veel tyd met die bal in hand gekry nie. Saterdag beweeg hy van vleuel na binnesenter waar hy dalk meer betrokke kan wees.
Die spanne is:
Goudveld vs Sentraal om 15:00:
Goudveld: 15 Enzo Beukes, 14 Ru-Bran Kock, 13 Urban Pienaar, 12 Joshua Coertzen, 11 Junior Morsamai, 10 Ruben Crous, 9 Ryan de Jager, 8 Jonathan Olivier, 7 Schalk du Plessis, 6 Kabous du Plooy, 5 Juanricht Cloete, 4 Wehan Mostert, 3 Marco-Jan Pretorius, 2 Jan Coetzee, 1 Pieter Reyneke.
Sentraal: 15 Pat Cloete, 14 Lee-Yagin Arendse, 13 Hanco Smith, 12 JP Pretorius, 11 Reece van Rooyen, 10 Hendrik Jonker, 9 Johan van der Merwe, 8 Sarel Taljaard, 7 Stephan de Lange, 6 Robert van Eeden, 5 Steven Smith, 4 Damian van Zyl, 3 AJ Senekal, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.
HTS Welkom vs Ficksburg om 13:50:
HTS Welkom: 15 Teboho Hlalele, 14 Lesego Mokgoetsi, 13 Amohelang Makhalanyane, 12 Unati Kula, 11 Ndzalama Kubayi, 10 Boitshepo Lebesa, 9 Mario Zaca, 8 William Matlabe, 7 Thabo Tlali, 6 Tshepo Ramanamane, 5 Sihle Mpikeleli, 4 Nkosi Kutyunga, 3 Oscar Mazaza, 2 Kamohele Mokhothu, 1 Keke Lebina.
Ficksburg: 15 Lefa Lehalehale, 14 Karabo Phori, 13 Khotso Potloane, 12 Ernest Makhele, 11 Bokang Ntsala, 10 Clement Molapo, 9 Thlonolofatso Matlotlo, 8 Lebo Lehohla, 7 Karabo Morobe, 6 Thato Chaka, 5 Heimierich Meyer, 4 JJ Nel, 3 Molibeli Theoha, 2 Juandre Steenkamp, 1 Thabo Mafane.
Wessel Maree vs Winburg om 12:40:
Wessel Maree: 15 Retabile Letanta, 14 Thato Lebitso, 13 Kamohelo Ntaje, 12 Mpumelelo Dumako, 11 Kabelo Oliphant, 10 Tsepo Fako, 9 Neo Broems, 8 Jeff Khobi, 7 Ntute Tsotsotso, 6 Kananelo Makethla, 5 Sizwe Mhlongo, 4 Koal Labuschagne, 3 Andile Gumedi, 2 Thebe Makatsoane, 1 Tshepo Tale.
Winburg: 15 Thabang Nyaredi, 14 Dillo Motseki, 13 Kamohelo Matobako, 12 Lebohang Senoko, 11 Goodwill Mabooe, 10 Kghetso Mokhati, 9 Tekante Ledimo, 8 Sabata Lthulo, 7 Daniel Letebele, 6 Thulo Mojau, 5 Fusi Mathobisa, 4 Pule Pitso, 3 Mosuoa Mosuoa, 2 Piet Tladi, 1 Bonga konyongo.




