SuperSport Schools Plus

Goudveld wil 2019 se sukses teen Diamantveld herhaal

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-08-04

FOTO: Marnus Prinsloo

Goudveld-Hoërskool onthaal vir Diamantveld Saterdag in Welkom, waneer die twee skole hul Wesgrow Sentrale Sportreeks bepalings afhandel.

Dit is dan die laaste wedstryd van hierdie jaar se reeks, nadat Fichardtpark reeds verlede naweek die titel kon verower deur om hul veldtog onoorwonne af te sluit met ‘n 29-27 sege teen Witteberg in Bethlehem.

Die Wesgrow Sentrale Sportreeks wedstryde is beskikbaar op SuperSport Schools Registreer nou

In 2019, toe die spanne mekaar laas aangepak het, kon die Gouties vir Diamantveld met 21-12 klop.

Albei skole beleef ‘n moeilike seisoen, en hierdie wedstryd sal belangrik wees vir altwee spanne om hul hul seisoen sterk af te sluit.

Die besoekers het al gewys wat hul voorspelers kan doen waneer alles in plek val toe hulle teen ‘n sterk Hoërskool Trio span met 21-15 kon seëvier kort voor die vakansie.

Goudveld het vroeër in daardie maand ook teen die span van Kroonstad gespeel, maar Hoërskool Trio kon daardie ontmoeting met 29-0 wen.

Die tuisspan se senterpaar van Urban Pienaar en Ruben Crous staan hierdie seisoen vir hulle uit, en sal ‘n kardinale rol speel in hul pogings om die Diamonds se verdediging Saterdag oop te sluit.

Sy kaptein en Cravenweek agsteman, Jonathan Olivier, en slot, Jaunricht Cloete, het ook ‘n harde wedstryd wat wag, Diamantveld neem trots in hoe fisies hul voorspelers is, en  Olivier en sy makkers sal op hul beste moet wees om te verhoed dat die besoekers die spel voor oorheers.

Diamantveld het ses spelers in die Griekwaland-Wes Cravenweek span gehad hierdie jaar. Valentino Lenge (senter), Kyle Taute (vleuel), Achiles de Jager (flank) en FJ de Fries (stut) is hierdie naweek op die veld, nadat  hulle oor die vakansietyd in George hul provinsie verteenwoordig het.

Heinrich Nel, hul Cravenweek haker, begin op die reserwebank vir hierdie wedstryd, terwyl sy Griekwa-flank, JJ Fourie, nie beskikbaar is die naweek nie.

Hul ander groot stut, Flip du Randt, wie saam met sy senter, Simon Liversage, by die Akademieweek in Johannesburg uitgestaan het, begin ook op die bank die naweek.

Liversage is nog heel seisoen een van Diamantveld se uitblinkers, maar sal hierdie wedstryd misloop weens ‘n besering.

Ethan Marnus sou vir die Diamonds op losskakel begin, maar sy eerstespan hokkie wedstryd bots met hierdie bepaling en hy sal dus moontlik eers later as ‘n reserwe opkom en sy senter, Lenge, moes ook Vrydag onttrek, wat beteken dat Kaliq Jacobs die geleentheid kry om die wedstryd te begin.

Die spanne is:

Goudveld t. Diamantveld om 12:30:

Goudveld: 15 Tyrece Britz, 14 Ru-Bran Kock, 13 Urban Pienaar, 12 Ruben Crous, 11 Junior Motsamai, 10 Quinton Davids, 9 Ryan de Jager, 8 Jonathan Olivier, 7 Schalk du Plessis, 6 Kabous du Plooy, 5 Jaunricht Cloete, 4 Lodie van Dyk, 3 Marco-Jan Pretorius, 2 Jan Coetzee, 1 Pieter Reyneke.

Diamantveld: 15 Liam Ferris, 14 Kyle Taute, 13 Kaliq Jacobs, 12 Charl Swanepoel, 11 Lehan van der Westhuizen, 10 Marno Greef, 9 Dirk van Heerden, 8 Stiaan von Logenberg, 7 Paul Cronje, 6 Achiles de Jager, 5 Daniël Kuhn, 4 Diwan Muller, 3 Lu-Gene Coetzer, 2 De Wet du Plooy, 1 FJ de Fries.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.