SuperSport Schools Plus

Gimmies wil kruin van golf in Bowl bly ry


FOTO: Potchefstroom Gimnasium op Facebook.

Potchefstroom Gimnasium se verdediging van sy Bowl-titel in vanjaar se SDC Noordvaal Cup loop tans volgens plan.

Volg al die Bowl aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Hy kom egter Saterdag voor nóg ‘n taamlike toets te staan wanneer Merensky Landbou Akademie op die Piet Malan-veld besoek aflê.

Die Gimmies het reeds ‘n groot uitdaging teen hul gedugte bure, Potchefstroom Volkskool, te bowe gekom met ‘n sege van 21-12 in die jaarlikse Potchefstroom-derby. Boonop is hulle steeds onoorwonne in vanjaar se reeks, wat ‘n gelykopuitslag van 33-33 insluit, en dit ten spyte daarvan dat hulle nog slegs een wedstryd tuis gespeel het.

Die Plasies het die wenkbroue gelig deur vir Volkies verlede naweek met 28-19 in Tzaneen te troef en so hul teenwoordigheid in die reeks te benadruk. Hoewel hulle hierdie week die lang tog na Potchefstroom moet aanpak, doen hulle dit met hope selfvertroue en betree die kragmeting boonop met ‘n onveranderde span.

Gimmies se breier, Regardt Kleingeld, het slegs twee veranderinge aan sy onoorwonne span gemaak. Orabile Koena vervang vir Chris van Zijl op linkervleuel, in ‘n taktiese skuif, terwyl ‘n besering aan slot, Dirk Stear, vir Joubert Niemann geleentheid bied in die beginspan.

In Centurion wag nog ‘n titaniese stryd wanneer twee van die Bowl se ander swaargewigte, Potchefstroom Volkskool en Hoërskool Eldoraigne, op laasgenoemde se tuisveld in Pretoria slaags raak.

Dit lyk asof die beseringspook oplaas vir die Eldos met rus gelaat het, met die gevaarlike Kevin Earle (senter) en kantman, MC Scheepers, wat altwee hul terugkeer van die plaasvervangerbank maak.

Die Volkies ervaar las van drie beserings, maar dit is taktiese skuiwe in die agterhoede wat verál aandag trek. Anro Nel verruil die nr. 15-trui vir dié van losskakel, terwyl Lourenzo Louw sy plek in die beginspan behou, maar na regtervleuel skuif met Lethabo Riet op heealgter.

Bergsig Akdemie het ‘n groot terugslag beleef op die vooraand van sy kragmeting met Hoërskool Dinamika in Rustenburg, met flank en kaptein, Christian de Abreu, wat vir die res van die seisoen buite aksie is. De Abreu word vervang deur Tatwane Bagwase, wat van stut na die kant van die skrum skuif. Marnus Dercksen skuif na vaskopstut met Ruandré van der Mescht wat sy plek in die middel van die voorry inneem.

Dit is ‘n spesiale dag vir die Dos Santos-familie, met die broers, Paulo (skrumskakel) en Alzandro (losskakel), wat albei in hul 50ste wedstryd as Arende uitdraf.

Hoërskool Randburg verwelkom kaptein, Malan van Heerden, terug op sy pos as loskopstut, in sy kragmeting met Hoërskool Ermelo, in Ermelo. Van Heerden het die Randburgers se laaste twee uitstappies misgeloop weens ‘n besering wat hy teen die Gimmies opgedoen het.

Die spanne:

Potchefstroom Gimnasium t. Merensky Landbou Akademie om 12:30 in Potchefstroom:  

Potchefstroom Gimansium: 15 Jandré Oosthuizen, 14 Rea Moloalosi, 13 Irumeleng Pheto, 12 Elrich Bosch, 11 Orabile Koena, 10 Zandré Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 De Wet Gorbler, 7 Reuel Potgieter, 6 Damian Zwahlen, 5 Rynel Rautenbach, 4 Joubert Niemann, 3 Matthew Redelinghuys, 2 Kobus Grobbelaar, 1 Juandré Barends.

Merensky: 15 George Steenkamp, 14 Meschack Mohlala, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Maritz Meintjies, 11 Henru Venter, 10 JD Boshoff, 9 Muis Koen, 8 Phuki Mpiti, 7 PG Botes, 6 Jan Pretorius, 5 Craig Walker, 4 Blessing Mathebula, 3 Otto Muller, 2 Marno Nel, 1 Carel Volschenk.

Eldoraigne t. Potchefstroom Volkskool om 13:00 in Centurion:

Eldoraigne: 15 Damian Elferink, 14 Tristan Lee, 13 Justin Meintjies, 12 Hugo Theron, 11 Hanno Jacobs, 10 Darren Bruwer, 9 Aiden Labuschagne, 8 Juawan Pietere, 7 Kyle de Bruin, 6 Cameron Killian, 5 Damian Janse van Vuuren, 4 Esdee Kotze, 3 Chase Wessels, 2 JG Engelbrecht, 1 Wian White.

Potchefstroom Volkskool: 15 Lethabo Riet, 14 Lourenzo Louw, 13 Hennie Pretorius, 12 Rivel Samuel, 11 Juan Fourie, 10 Anro Nel , 9 Juhan Geldenhuys, 8 Henré Nel, 7 Nolan Roets, 6 Wian Victor, 5 Caden Kruger, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 De Waal Coetzer, 2 Marlu du Preez, 1 Koan Smit.

Bergsig Akademie t. Dinamika om 12:30 in Rustenburg:

Bergsig Akademie: 15 Alzandro Dos Santos, 14 Keabetswe Daile, 13 Bradley Stonehouse, 12 Dan Bogopane, 11 Heinrich Krugel, 10 Carlo de Jager, 9 Paulo Dos Santos, 8 Jacques Viviers, 7 Thatano Bagwase, 5 Martin Pieterse, 4 Ryan Nagel, 3 Bagwase Thatano, 2 Marnus Dercksen, 1 Dylan Smith.

Dinamika: 15 Zavian Mathys, 14 Nathan Kearns, 13 Shane Serfontein, 12 Nico Greyling, 11 Caiden van der Merwe, 10 Keanu de Sousa, 9 Gustav Schutte, 8 Monré van Wyk, 7 Hendrik Albert, 6 Darren Pretorius, 5 Ruan van Tonder, 4 Branden Smit, 3 Jayden Smith, 2 Duandré Boshoff, 1 Janco Fourie

Hoërskool Ermelo t. Hoërskool Randburg in Ermelo:

Ermelo: 15 WJ Pretorius, 14 Luthando Mahlangi, 13 HJ Hobkirk, 12 Nicolas Steyn, 11 Thabo Mokwena, 10 Janco Kleynhas, 9 Dick Rouillard, 8 Cules Hamman, 7 Marco de bruin, 6 WJ Cronje, 5 Janneman Malan, 4 De La Rey Hattingh, 3 Jacques Diedericks, 2 Ruan Grobler, 1 Hennie Geel.

Randburg: 15 Joshua Wiggett, 14 Eduan Bakkes, 13 Bradley Bitcher, 12 Zander Drake, 11 Jayden Oosthuizen, 10 Jayden Todd, 9 Rico Vosloo, 8 Cruwin Hill, 7 Chrisjan van Niekerk, 6 Victor van Blerk, 5 Philip Rykaart, 4 Jayden Brown, 3 Kian Kritzinger, 2 Michael Payne, 1 Diedlof Fourie.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.