SuperSport Schools Plus

Gimmies weet Boland Landbou nooit maklik in die Agter-Paarl nie

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-05-12 Tags: ,

PHOTO: Frans Lombard/Actionpix

Paarl Gimnasium en Boland Landbou speel al vir die afgelope 30 jaar byna jaarliks teen mekaar rugby.

Paarl Gimnasium het vir die meerderheid van hierdie wedstryde nog die oorhand gehad, maar al Boland Landbou se oorwinnings het gekom waneer hulle tuis gespeel het.

Die Landbou seuns sal dus hoop dat die tuisveldvoordeel weer hierdie jaar in hul guns tel, hulle sal egter meer as net dit nodig hê om hierdie Gimmie span te ontstel waneer hulle mekaar Saterdag om 12:00 aanpak.

Die wedstryd word regstreeks op SuperSport Schools uitgesaai – Registreer nou.

Paarl Gim het nog slegs een wedstryd hierdie seisoen verloor, toe Grey College hulle met 33-12 kon wen by die Noord/Suid toernooi in Pretoria.

Hulle het verlede naweek in ‘n harde slag teen Paul Roos meegeding en 24-19 gewen, dit kom na twee groot seges by die Absa Wildeklawer toernooi die naweek voor dit teen Monument (19-5) en Helpmekaar (25-14).

Met sulke strawwe bepalings kort na mekaar is dit altyd moontlik vir van die bekende spanne om ‘n glips te begaan, maar dit lyk nie asof die Gimmies sommer weer hierdie jaar sal verloor nie.

Hul bure in die Pêrel sal egter ander planne hê. 

Boland Landbou was ook by die Wildeklawer toernooi in aksie. Hulle het met 27-5 teen die gasheerspan, Diamantveld, gewen, maar moes die knie buig teen Monument (37-26).

Die tuisspan se voorry sal moet sterk staan teen die besoekers wie tot dusver nog hul opponente fisies oorrompel.

Hul haker, Cilliers Viljoen, is die seisoen een van hul staatmakers en sal sy makkers moet bymekaartrek om die druk van die Paarl Gim pak te absorbeer.

In hul agterlyn is dit hul kaptein en senter, Albie Bester, wie sy span aanvoer.

Bester is, saam met Dewald de Villiers, die heelagter, gekies om deel te maak van die SA o.18 Sewes oefengroep met ‘n kans om die land by die 2023 Statebondspele in Trinidad en Tobago te verteenwoordig.

Boland Landbou is natuurlik baie kleiner as altwee die ander beroemde Paarl skole, maar dit het hulle nog nooit gekeer om op die topvlak te kompeteer nie.

Die Paarl Gim span bly byna onveranderd van die span wat verlede naweek met Paul Roos kon afsien, die enigste verandering is Louw du Toit wat in die plek van Nicus van Coller op agsteman sak.

Charlie Hofmeyr speel hierdie naweek teen Oakdale se tweedespan op die plaas in Riversdal.

Die skool van Ceres se losskakel, Luan Giliomee, het baie goed gedoen om uit te staan bo van die kompetisie van die groter skole in die omgewing om ook ‘n plek in die SA o.18 sewesgroep te kry.

Oakdale en Outeniqua se eerstespanspelers maak dan ook weer die meerderheid van die SWD Cravenweek span op, maar hierdie jaar het daar wel een ander speler uitgestaan en ‘n plek in die groep verdien.

Hoërskool Oudtshoorn se Logan Jantjies, slot, is ook in die span wat gekies is om die Suid-Wes Distrik te verteenwoordig by die Cravenweek in George later die jaar.

Oudtshoorn pak die naweek die lang pad aan om Saterdag, 12:10, teen Hermanus te speel, Jantjies is nie beskikbaar vir die Struisies nie nadat hy verlede naweek teen Hoërskool Punt reeds ‘n besering opgedoen het. Hy het in die week proewe gespeel met die besering, en kry dus nou kans om te herstel.

Die spanne is:

Boland Landbou t. Paarl Gimnasium om 12:00:

Boland Landbou: 15 Dewald de Villiers, 14 Wehan Lume, 13 Juan Swart, 12 Albie Bester, 11 Enslin Claasen, 10 Retagan van Rooi, 9 Turlon Adams, 8 AJ van der Merwe, 7 Alru Gous, 6 Hans Verster, 5 Ruan Viviers, 4 Karst Smits, 3 Pieter de Jager, 2 Cilliers Viljoen, 1 Christoff Etzebeth. 

Paarl Gimnasium: 15 Tazreeg Moerat, 14 Freek de Kock, 13 Hennie Otto, 12 Kobus Blanckenberg, 11 Pieter-Nel du Plessis, 10 Kyle Smith, 9 Dawid Kotze, 8 Louw du Toit, 7 Eduan Vosloo, 6 Adrúan Kotze, 5 Marco Steyn, 4 Danio Botha, 3 Nicholas Crous, 2 Jannie Grobbelaar, 1 Xander Mynhardt.

DF Malan t. Strand om 12:40:

DF Malan: 15 André Willemse, 14 Divan Louw, 13 Lester Abrhams, 12 Liam Greeff, 11 Keanu Swanepoel, 10 Zander Enslin, 9 Bernard Slabbert, 8 Xavier von Stein, 7 Ryan Williams, 6 Tyrese Consul, 5 Simon van Eeden, 4 Andries Krügel, 3 Marlo Human, 2 Joshua Kapp, 1 Christiaan Kriel.

Strand: 15 Junaim Abels, 14 Vincheslo van Wyk, 13 Gino Cupido, 12 Grezano Plaatjies, 11 Heinrich April, 10 Tyron Nicholas, 9 Leighton Fisher, 8 Ayden Afrika, 7 Michael Meyer, 6 Hanro Bezuidenhout, 5 Charlie Friess, 4 PJ van der Schyff, 3 Wikus Meyer, 2 Andre Bester, 1 Zane Fortuin.

Robertson t. Swartland om 12:30:

Robertson: 15 Brad-Leigh Cookson, 14 DG Swanepoel, 13 Mullan Burger, 12 Sean Cedras, 11 Ruwan Stevens, 10 Craig Rossouw, 9 Kyle Cedras, 8 Helgard Bruwer, 7 Luke Davids, 6 Andre Gelderblom, 5 Zakira Carlus, 4 Denzel Eyssen, 3 Petrus Coetzee, 2 Petri van Dyk, 1 Stephen Kent.

Swartland: 15 Henrico Maas, 14 Sergio Arendse, 13 Mighael Oberholzer, 12 Iminathi Njozela, 11 Deven Bocks, 10 Jordan Abels, 9 Kailen Kotze, 8 Craig Wearly, 7 Reinhardt Adonis, 6 Marko Janse van Rensburg, 5 CJ Symington, 4 Hunter Grobler, 3 Kallie Boutsikaris, 2 Hendré de Kock, 1 Ryan Brewer.

Hoërskool Vredendal t. Porterville om 14:10:

Hoërskool Vredendal: 15 Wian van Zyl, 14 Branwill Arries, 13 Theunis Roux, 12 Calvin du Toit, 11 Jaydon Volmer, 10 Derrick van der Westhuizen, 9 Thydrin Lott, 8 Benré de Waal, 7 Hansie Coetzee, 6 Eduard Kellerman, 5 Christivan Fryer, 4 AJ Botha, 3 Ewald Goosen, 2 Franco van Zyl, 1 Dayle Rademeyer.

Porterville: 15 Howard Ocks, 14 Jo Andrique Brand, 13 Brendon September, 12 Nathan Gous, 11 Henré Blom, 10 Llewellen Fransman, 9 Callum van Staden, 8 Arno Venter, 7 Asheeq Bradfortd, 6 Jandro Phutego, 5 Xavier Veloen, 4 Keanu Plaatjies, 3 RW Duggan, 2 Ricky Lesch, 1 Antwone Rudolph.

Hermanus t. Oudtshoorn om 12:10:

Hermanus: TBC

Oudtshoorn: 15 Jordan Browers, 14 Divan Rademeyer, 13 Imiel Viljoen, 12 Waylinn McDillon, 11 Shane Draai, 10 Delaud Baartman, 9 Sachin Wagenaar, 8 Xavion Galant, 7 Uviwe Masola, 6 Louwayne Wagenaar, 5 Naydon Jackson, 4 Sinebongo Moyeni, 3 Jeandre Jaftha, 2 Andri Raal, 1 Thomas Schäfer.

Oakdale II t. Charlie Hofmeyr om 12:40:

Oakdale II: 15 Duraan Janse van Rensburg, 14 De la Rey du Preez, 13 Lorenco Crous, 12 Michael Fourie, 11 Tristan Atsell, 10 Shayden Fourie, 9 Lukas Olivier, 8 D’Neil de Wet, 7 George Coetzee, 6 Zack Wessels, 5 Sebastian Lötter, 4 Daniël le Roux, 3 Zak van Heerden, 2 Gustav van der Merwe, 1 Louwrens van der Linde.

Charlie Hofmeyr: 15 Ronwill Frans, 14 Lawrence Jantjies, 13 Kyle Swartland, 12 Phillip du Plessis, 11 Matthew Syster, 10 Luan Giliomee, 9 Iza-Vin van Wyk, 8 Johann Coetzee, 7 LeRoux Groenewald, 6 Tyron Davids, 5 Benja Muller, 4 Conrad Weber, 3 Duran Shiba, 2 Connor Baron, 1 Niquin Petersen.

Vredendal Sekondêre t. Augsburg Lanbouskool om 10:30:

Vredendal Sekondêre: 15 Devan Ghall, 14 Edward Jacobs, 13 Vian Don, 12 Zandre Beukes, 11 Ashten Swanepoel, 10 Diego Minnaar, 9 Garneth Farao, 8 Raymond Khatamba, 7 Bahle Sidukwana, 6 Jaiden de Bruin, 5 Anchulle Beukes, 4 Ashley Smith, 3 Jo-Cray Burggraaf, 2 Nickquin Scholtz, 1 Juandry van Wyk.

Augsburg Gimnasium: 15 Danru Christopher, 14 Lucardo Swarts, 13 Heinricho Waldeck, 12 Hanré Swarts, 11 Grayton van Maroe, 10 Matthew Moolman, 9 Jeruze Ukena, 8 Leon Loots, 7 Moegamad Engelbrecht, 6 Jacques Marais, 5 JJ van der Merwe, 4 André Vermeulen, 3 Ian Pinto, 2 Neelum Jafta, 1 Ulrich Brits.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.