SuperSport Schools Plus

Gimmies bied ‘Welkom’ uitdaging vir Monnas

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-03-14 Tags: , , , ,

Juandré Marais voer ‘n duikslag uit teen Hoërskool Waterkloof in 2024. FOTO: Marius Nortjé.

Hoërskool Monument se eerste uitdaging van die jaar, teen Welkom Gimnasium, behoort ‘n goeie idee vir die afrigtingspan te bied met betrekking tot waar die Krugersdorpers hulself bevind op die vooraand van volgende Vrydag se reuse-stryd teen Grey-kollege.

Volg al die aksie regstreeks op SupersSport Schools(www.supersportschools.com)

Die Monumentare se nuwe hoofstuk gaan gepaard met ‘n aantal opwindende spelers van verlede seisoen wat weer beskikbaar is, soos die blitsige skrumskakel, Evan Bernhardi. Hy het in 2024 talle opponente met sy vaart en venynige lopies gefnuik om die nr. 9-trui sy eie te maak en maak vanjaar ‘n welkome terugkeer.

Voorlangs sal hoofafrigter en skrumdokter, Jannie du Plessis, uitsien daarna om vaskopstut, Jeandré Marais, verder te ontwikkel. Marais behoort ‘n sleutelfiguur in die Monumentare se vaste fasette te wees en is boonop ‘n kragtige baldraer.

Gimmies se agsteman, Emile Malherbe wag die Monnas-pak in, en vorm saam met haker, Kananelo Tutbala, die ervare kern van die Welkom-agttal. In die middeveld, beskik buitesenter, Nathan Muller, oor ‘n giftige kombinasie van vaart en visie om die verdediging te toets.

Hoërskool Noordheuwel skop sy seisoen af met ‘n opwindende jong span teen Hoërskool Rustenburg, in Krugersdorp. Die Blues se beginspan bevat ‘n hele paar nuwe name, maar die afrigtingskorps is opgewonde vir dié klomp om hul stempel vanjaar af te druk.

Noordheuwel kan nietemin steeds staatmaak op die ervaring van, Juandré Uithaler, wat sake dirigeer op losskakel en sy tweestryd met die Rusties se Waide Daivey kan vir ‘n opwindende 70 minute sorg. Voorlangs keer haker, Clinton Agu, en die veelsydige Andrew Lambert, wat sowel slot as flank kan speel, ook terug.

Die spanne:

Welkom Gimnasium t. Hoërskool Monument om 12:30 in Welkom:

Welkom Gimnasium: 15 Jadewin Solomons, 14 Ruan Theron, 13 Nathan Muller, 12 Dylan Titus, 11 Vusi Ndayi, 10 Leano Williams, 9 Rewaldo Farmer, 8 Emile Malherbe, 7 Reagan Kruge, 6 Relebohile Sello, 5 Hlmbe Mamane, 4 Diederik Beuken, 3 Julius Makhanda, 2 Kananelo Tutbala, 1 Ewald Booyens.

Monument: 15 Loghan Langeveldt, 14 Juandré Ehlers, 13 Viandré van Loggenberg, 12 Tasliem Guyan, 11 Ruan Genis, 10 Jaydon Viljoen, 9 Evan Bernhardi, 8 Vince Roberts, 7 Janco Botes, 6 Ryno van der Westhuizen, 5 Dean Hartman, 4 Janco Pretorius, 3 Juandré Marais, 2 Reghardt Ernst, 1 Kamogelo Katisa.

Noordheuwel t. Hoërskool Rustenburg in Krugersdorp:

Noordheuwel: 15 Pablo Moeketsane, 14 Andy Maarman, 13 Tristan Helmand, 12 Kieran Reid, 11 Jade Rollison, 10 Jeandré Uithaler, 9 Giellie Diedericks, 8 JB Blount, 7 Juandré de Villiers, 6 Andrew Lambert, 5 Roehan Hoogendyk, 4 Kean Lourens, 3 Steph Botha, 2 Clinton Agu, 1 Skuttie Bezuidenhout.

Hoërskool Rustenburg: 15 Lorenzo Snyers, 14 Raqiel Jaftha, 13 Jonré Jefthas, 12 Hendré Robinson, 11 Wes van Loggerenberg, 10 Wade Daivey, 9 Adriano George, 8 Donnie Moster, 7 Dirk Huisamen, 6 Pieta Niemandt, 5 Evan van Heerden, 4 Tristan Myburgh, 3 Ockert Grobler, 2 Xavier Steenkamp, 1 Carel Schoonraad.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.