SuperSport Schools Plus

Gevaarlike Gimmies skop seisoen teen Jade Brigade af

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2022-03-18 Tags:

NewsGDamianMarkusWaarskynlik die voorste skolerugbyspan van 2021, Paarl Gimnasium, se eerstespan met dieselde doelwitte as sy voorganger skop vanmiddag sy 2022-seisoen teen die Hoërskool Stellenberg af. School of Rugby het weens die aantal wedstryde wat in 2021 weens die Covid-pandemie nie kon plaasvind nie ‘n ranglys in 2021 uitgebring nie. 

Paarl Gimnasium sou waarskynlik die boonste posisie beklee het indien daar een was. Die span van Gimmies behoort vanjaar weer ‘n sterk aanspraakmaker te wees om dié seisoen as die voorste span af te sluit. In sy geledere is die losskakel, Liam Koen, asook die haker, Luca Bakkes, wat reeds verlede jaar naam gemaak het. 

Albei het ook bekende pa’s – Koen is die seun van die voormalige Springbok-losskakel, Louis Koen, terwyl Luca se pa Luther Bakkes lank vir Griekwas vanaf agtsteman aangevoer het. Gimmies se senterpaar, PA van Niekerk en Janeil Losper, behoort soos verlede jaar weer ‘n hele paar spanne se verdedigingslyne behoorlik te beproef. 

Dit is reeds veral die tweestryd vanmiddag tussen Van Niekerk en Stellenberg se Damian Markus in die middelveld wat vir hope vuurwerke behoort te sorg. Van Niekerk en Markus sou verlede jaar albei saam met die Suid-Afrikaanse o.18-span na Georgië getoer het, maar die toer het nooit plaasgevind nie. 

Gimmies se Bakkes, Koen en Logan Opperman (vleuel) sou ook saam met die nasionale span na Georgië getoer het. 

Stellenberg was vanjaar al tydens Boland Lanbdbou se rugbydag in aksie. Daar het hy vir HTS Drostdy met 33-26 die loef afgesteek. Buiten Markus kan die losskakel, Tommie Smook, ook ‘n gevaarman wees.

Die Jade Brigade kan nie beskuldig word dat hulle vanjaar ‘n maklike bepalingslys het nie. Die span se volgende wedstryd is teen Grey-kollege van Bloemfontein tydens die NMI Toyota Noord/Suid-toernooi in Pretoria. Sy tweede wedstryd van dié toernooi is teen EG Jansen van Boksburg wat altyd ‘n fisieke kragmeting is. 

Gimmies word vanjaar weer deur die gewese Bok-vleuel, Pieter Rossouw, en Helmut Lehmann, gebrei. Stellenberg se afrigters is Divan Batt en Corné Kannenmeyer.

Die spanne is: 

Hoërskool Stellenberg: 15 Jayson January, 14 Chad van Wyk, 13 Gideon Anderson, 12 Damian Markus, 11 Ughan Africa, 10 Tommie Smook, 9 Aiden Muller, 8 Kobus Verster, 7 Wessel Joubert, 6 Daniel Kennon, 5 Corné Bruwer, 4 Stiaan Grobbelaar, 3 Herman Lubbe, 2 Franco Roux, 1 Skye Watkins.

Paarl Gimnasium: 15 Shaun Ray, 14 Logan Opperman, 13 Janeil Losper, 12 PA van Niekerk, 11 Johandré van Niekerk, 10 Liam Koen, 9 Emrique Liedeman, 8 Louw du Toit, 7 Dean Crouse, 6 Willie de Waal, 5 Keanu Coetsee, 4 Slabbert Maartens, 3 Bernard Bladergroen, 2 Luca Bakkes, 1 Jean Fourie. 

Afskop: 17:00

Regstreeks op DigiTV – https://bit.ly/StellvsPaarlGim2022 

[powr-comments id=”4de3e11a_1647599104266″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.