SuperSport Schools Plus

Geroes of gereed? Monnas, Helpies hervat Noordvaal-wedywering…

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-04-18 Tags: , ,

PHOTO: Frans Lombard/Actionpix

Helpmekaar Kollege en Hoërskool Monument sal albei gretig wees om litte los te maak na ‘n lang breek.

Volg al die aksie op SuperSport Schools of op Kanaal 216. (www.supersportschools.com).

Die groot vraag is egter, is dié twee spanne effe verroes, of is hulle gereed vir die opwindende paar maande wat voorlê?

Hulle skop hierdie naweek die lang verwagte SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling vir 2024 in Johannesburg af. Albei het ‘n aansienlike breek geniet, terwyl ander spanne in die afdeling reeds besig was om sake in ander kompetisies uit te spook.

Die Helpies se laaste wedstryd was by die St Stithians College Easter Sports Festival, waar hulle teen Hartpury College, van Engeland, met 40-13 geseëvier het. Monnas was laas in aksie by die gesogte Noord/Suid-toernooi, waar hulle gemaklik, met ‘n telling van 50-21, met Hoërskool Durbanville afgereken het.

Die tuisspan se vaskopstut, Ulrich “Baksteen” van der Merwe, is tot dusver een van die Johannesburgers se grootste uitblinkers. Van der Merwe hou verál met die bal onder die arm ‘n yslike bedreiging in en het keer op keer bewys dat dit meer as een verdediger vat om hom grond toe te bring.

Met Wian Storm, Helpies se losskakel, se vermoë om die bal van bykans enige plek in die opposisie se halfgebied, en selfs verder, oor te klits, sal Monnas voorts uiters gedissiplineerd moet wees.

Dit is egter die interessante tweestryd tussen die onderskeie spanne se linkervleuels, Pieter Moller (Helpmekaar) en Ernesto Oersen (Monument), wat die skare kan laat regop sit. Albei beskik oor heelwat vaart, maar skroom ook nie om die verdediging fisies aan te vat nie.

Die Witbulle se pak sal hiér ‘n kritieke rol hê om te vervul. Die span van Krugersdorp se makro-pak, sal reeds vroeg in die kragmeting hul stempel wil afdruk, om ook te verseker dat losskakel, Justin Viljoen, en sy agterlyn vinnige balbesit op die voorvoet geniet.

Die geharde slotte, Jacques Botha en Luhan Swart, sal gewis die pap dik aanmaak en met hul krag en fisiekheid van voor lei.

Die spanne: 

Helpmekaar Kollege t. Hoerskool Monument om 12:30 in Johannesburg

Helpmekaar: 15 Zandre van der Westhuizen, 14 Tiaan Le Roux, 13 Ty Ax, 12 Michael Benzien, 11 Pieter Moller, 10 Wian Storm, 9 Tristan van Niekerk, 8 Molatsi Moloi, 7 Eugene de Lange, 6 Zaiden Kriege, 5 JP Lombard, 4 Christiaan Tonkin, 3 Ulrich van der Merwe, 2 Gustav Grotius, 1 Dylan Engelbrecht.

Monument: 15 Hanu Fourie, 14 Kealan Milton, 13 Jason Joubert, 12 Theuns du Plooy, 11 Ernesto Oersen, 10 Justin Viljoen, 9 Hanno du Toit, 8 Vincent Roberts, 7 RJ Barnard, 6 Jamaal Feldman, 5 Luhan Swart, 4 Jacques Botha, 3 Juandre Marais, 2 Keenan Myners, 1 Wikus Meyer.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.