Geen wegkruipplek in vanjaar se Pukke Prestige-reeks
Daar is vanjaar nie veel wegkruipplek in die NWU-Pukke se Prestige-reeks nie.
Geen van die 16 spanne in die reeks kan as ‘n maklike wedstryd beskou word nie. Daarom beloof vanjaar se reeks om vir heelwat opwinding te sorg. Marais Viljoen van Alberton wat verlede jaar nog aan die Tuks-reeks deelgeneem het, vervang vir Wonderboom van Pretoria in die kompetisie.
Die verdedigende kampioen, Hoërskool Lichtenburg, is saam met die Hoërskool Middelburg, Wesvalia van Klerksdorp en Oosterlig in Groep D geloot. Die Liggies sal hul aanslag om hulle titel te behou teen Middelburg afskop. Die verdedigende kampioen kon amper nie vir ‘n moeiliker wedstryd gevra het om sy aanslag te begin nie.
Lichtenburg het verlede jaar vir Noordheuwel met 37-3 in die eindstryd afgeransel. In die eindstryd van die Virseker Beeldtrofee het Lichtenburg verlede jaar met 10-55 sy rieme styfgeloop.
Gepraat van Noordheuwel. Hulle afrigtingskorps word vanjaar deur Hans Coetzee versterk en sal dus ook weer sterk aanspraakmakers wees om op 6 Mei die trofee omhoog te hou. Die span van Krugersdorp sal in sy drie groepwedstryde teen Jeugland, Marais Viljoen en Hugenote van Springs te staan kom.
Groep C kan verwal taai wees. Zwartkop is saam met Potchefstroom Volkskool, Randburg en HTS Witbank in die groep geloot. In Groep B sal Potchefstroom Gimnasium, Die Anker van Brakpan, Driehoek en Montana sake uitspook.
Die Groepe:
Groep A: Jeugland, Noordheuwel, Marais Viljoen, Hugenote (Springs).
Groep B: Die Anker, Potchefstroom Gimnasium, Driehoek, Montana.
Groep C: Potchefstroom Volkskool, Zwartkop, Randburg, HTS Witbank.
Groep D: Middelburg, Lichtenburg, Wesvalia, Oosterlig.
Die bepalings is:
11 Maart 2017
Jeugland vs. Noordheuwel
Marais Viljoen vs. Hugenote (Springs)
Die Anker vs. Potchefstroom Gimnasium
Driehoek vs. Montana
Potchefstroom Volkskool vs. Zwartkop
Randburg vs. HTS Witbank
Middelburg vs. Lichtenburg
Wesvalia vs. Oosterlig
16 Maart 2017
Jeugland vs. Marais Viljoen
25 Maart 2017
Noordheuwel vs. Marais Viljoen
Hugenote (Springs) vs. Jeugland
Potchefstroom Gimnasium vs. Montana
Die Anker vs. Driehoek
Potchefstroom Volkskool vs. HTS Witbank
Zwartkop vs. Randburg
Oosterlig vs. Lichtenburg
Wesvalia vs. Middelburg
28/29 Maart 2017
Noordheuwel vs. Hugenote (Springs)
Driehoek vs. Potchefstroom Gimnasium
Montana vs. Die Anker
Randburg vs. Potchefstroom Volkskool
HTS Witbank vs. Zwartkop
Oosterlig vs. Middelburg
Lichtenburg vs. Wesvalia




