Geen plek in die middel in Middelburg vandag, jy is of Rooi of Groen
Daar word hierdie week geen draadsitters in Middelburg toegelaat nie.
Jy is of Rooi of Groen. ‘n Rooi Bul of ‘n Middie.
Boonop is daar vanjaar ekstra druk op die jaarlikse Nashua/NMI Toyota Middelburg Derby tussen HTS Middelburg en die Hoërskool Middelburg in Mpumalanga.
Vanjaar se kragmeting is ook deel van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – www.supersportschools.com
Die Rooi Bulle is vanjaar die gasheer met die hoofwedstryd wat om 15:00 afskop. Die interskole is so ernstig dat HTS Middelburg se pale op 25 meter onder die hoogte rugbypale ter wereld tel.
Die pale is so verleng na die interskole-kragmeting van 1983.
Middies se aanslag sal deur sy agtsteman, Tjaart Joubert, gelei word. Joubert sal ook later vanjaar ‘n staatmaker vir die Pumas tydens die Cravenweek in George wees.
Hierdie sal Middies se eerste kragmeting in vanjaar se Plaat-afdeling wees. HTS Middelburg het sy aanslag in die kompetisie verlede week teen Zwartkop afgeskop. Die Zwarries was met 37-24 baas.
Die Rooi Bulle het in Kutloane Seabela op heelagter ‘n speler wat in ‘n oogwink ‘n wedstryd in sy span se guns kan swaai.
Middelburg was verlede jaar met 31-15 baas in die kragmeting. Dit was die span in groen se eerste sege sedert 2009 (33-10) oor die Rooi Bulle.
Transvalia is sover onoorwonne in die reeks en het laasweek ‘n goeie sege van 28-20 oor Kempton Park weg van die huis behaal. Die span kom Saterdag op sy tuisveld teen Montana van Pretoria te staan.
Die span se losskakel, Duan du Toit, was sover vanjaar vuurwarm met sy skopskoen en indien die besoekers sukses wil he, sal hul hom eers moet hokslaan.
In die Noordweste is daar ook ‘n lipleklekker tweestryd tussen die Hoërskool Klerksdorp en die Hoërskool Rustenburg wat in die reeks plaasvind. Vanjaar sal daar sonder twyfel duidelikheid wees oor wie die voorste skolespan vanuit die Luiperds-streek is.
Die spanne is:
HTS Middelburg vs Hoërskool Middelburg om 15:00:
HTS Middelburg: 15 Kutloano Seabela, 14 Chris Skosana, 13 Luhan Graaff, 12 Johnny dos Santos, 11 Desmond Milner (kaptein), 10 Gerry Gendall, 9 Darius Buytendach, 8 Michael-Owen Muller, 7 Luca Harmse, 6 Alex Pretorius, 5 Ben Meyer, 4 Hanco Nel, 3 Christiaan Conradie, 2 Toy Engelbrecht, 1 Kagiso Gumbi.
Hoërskool Middelburg: 15 Divan van der Westhuien, 14 Mthokozisi Yende, 13 Smiley Sibande, 12 Luke Geldenhuys, 11 Blessing Hammandishe, 10 Crawford Joubert, 9 Simtha Maseko, 8 Tjaart Joubert, 7 Kaylin Maphutha, 6 Ronin van Niekerk, 5 Joseph Loretz, 4 Paul van der Merwe, 3 Tebogo Nkosi, 2 Fumani Chauke, 1 Shaun Marx.
Hoërskool Klerksdorp vs Hoërskool Rustenburg om 13:20 in Klerksdorp:
Hoërskool Klerksdorp: 15 Brink von Wielligh, 14 Decon Loots, 13 Enricqu Classen, 12 Divan Labuschagne, 11 Papino Maluleke, 10 Leonard Bevan, 9 Sakkie Nienaber, 8 HJ Erasmus, 7 Pedri Snyman, 6 Kobus de Waal, 5 Heinrich Hovener, 4 JJ Nel, 3 Liam Pretorius, 2 Janu de Wet, 1 Juandre Botha.
Hoërskool Rustenburg: 15 Lorenzo Snyers, 14 Adriano George, 13 Adriaan Liebenberg, 12 Awie Alberts, 11 Zulu Khumalo, 10 Jaden Meyer, 9 Nathan van Aswegen, 8 GJ Steenberg, 7 MC Smit, 6 Coenraad Coeter, 5 Sybrandt Byleveldt, 4 Edrich Potgieter, 3 Divan Welgemoed, 2 Zander Steenkamp, 1 Carlo van Wijk.
Transvalia vs Montana om 12:40 in Vanderbijlpark:
Transvalia: 15 Daniel Grobler, 14 Kyle Esterhuizen, 13 Siya Khambula, 12 Brandon-Lee Smit, 11 Nkanyiso McCamal, 10 Duan du Toit, 9 Anro Nagel, 8 Anro Labuschagne, 7 Xander McNiel, 6 Wynand Stols, 5 Dane Beytel, 4 Alex McNiel, 3 Arne Botes, 2 Junior van Wyngaardt, 1 Stiaan Breedt.
Montana: 15 Divan Nel, 14 Joshua Fouche, 13 SW Nel, 12 JF Venter, 11 Ewald Willemse, 10 Rigard van Rensburg, 9 Ewan Korb, 8 Ivaan Koltzow, 7 Devan van der Merwe, 6 Zandre van Niekerk, 5 Justin Herbst, 4 Eduard Retief, 3 Henco Brits, 2 Christiaan Coetzee, 1 KC Smith.




