Geen keer aan Gimmies in Griffon-liga
Dit is dalk nog vroeg in die Griffon-liga na slegs twee rondes, maar dis moeilik om te sien hoe enige iemand Welkom Gimnasium gaan weerhou om sy titel suksesvol te verdedig nie.
Gimmies het Saterdag vir Witteberg van Bethlehem met 71-12 ’n drag slae toegedien. Die span se kaptein en Cravenweek-haker, Duke Jantjes, het sy span met ’n skitterende vertoning van voor gelei. Die span se Cravenweek-losvoorspeler, Gift Dlamini, was soos gewoontlik weer uitstaande.
In die agterhoede het die vleuel Kwagga van Staden amper ’n hand in elkeen van Gimmies se drieë gehad. Die heelagter, Andrew Kota, begin met sy spel herhinner aan Cecil Afrika toe hy destyds met sy aanvallende spel vir die Harmony-Sportakademie die Griffon-liga aan die brand gespeel het.
Voortrekker van Bethlehem is die span wat dalk met die eerste stelling in die berig sal verskil. Die Trekkers het die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad met 38-21 in hulle kragmeting in Kroonstad verslaan.
Die span van Bethlehem se stut Francois Klopper en die haker, Tiaan van Zyl het voorlangs die grondslag vir die sege gelê. Sy binnesenter, Bertus Kleynhans, het ook sy goeie vertonings tot dusver die seisoen voortgesit.
Rooiskool se buitesenter, Zak van Niekerk, die agtsteman, Dian de Beer, en flank DJ Hattingh en heelagter, Dylan Stiemmie, het almal goeie vertonings vir die verloorspan gelewer.
In Virginia het Goudveld-Hoërskool in ’n klipharde tweestryd met 14-12 oor Hentie Cilliers geseëvier. Gouties het met die omdraaislag ’n voorsprong van 6-0 geniet danksy twee strafdoele deur Lorenzo Cloete.
Gouties se flank GP Nieuwenhuizen het ’n barshou voorlangs gespeel, terwyl sy flankmaat Paul Sauer goed op verdediging gevaar het. Die stut Dylon Aplon het in die skrums meer as sy man gestaan.
In die stryd van die Tekkies en die Spanners het HTS Welkom vir HTS Sasolburg met 54-10 verslaan. Die Tekkies het met die omdraaislag reeds ’n voorsprong van 21-5 geniet. Die wenspan se slot Wandile Seshetsa was sy bester speler op die dag.
Wilgerivier van Frankfort het sy eerste sege ooit in die Griffon-liga behaal deur die Hoërskool Kroonstad met 43-8 te klop. Daar heers groot kommer in skolerugbykringe in die Noord-Vrystaat oor Blouskool se rugbytoekoms.
In die Sandveld-liga het Hennenman vir Riebeeckstad met 22-10 verslaan, terwyl Wessel Maree op sy tuisveld in Odendaalsrus met 27-24 uitoorlê het.
Sandveld van Wesselsbron het vir die eerste keer in jare daarin geslaag om Bultfontein ore aan te sit. Sandveld se drie drieë in sy oorwinning van 17-0 is boonop deur sy twee voorrymanne, Ettienne Verster en Christo Reynecke, gedruk. Verster het twee keer oor die doellyn geval.
Ficksburg was op sy stukke teen Ladybrand en sy senter Jade Adams het ’n driekuns aan drieë in sy oorwinning van 53-0 behaal. Reitz het sy kragmeting teen Paul Erasmus van Senekal in die Oos-Vrystaatse liga met 20-10 gewen.
Puntemakers:
Welkom Gimnasium 71 – Drieë: Gift Dlamini (2), Lubabalo Mtyesi (2), Ronaldo Fortuin (2), Richman Gora (2), Duke Jantjes, Andrew Kota, Kyle Els. Doelskoppe: Kota (8). Witteberg 12 – Drieë: Cronjé Meiring, Nico Janse van Rensburg. Doelskop: George Spershott.
Voortrekker 38 (28) – Drieë: Tiaan van Zyl, Marco Labuschagne, Francois Klopper, Bertus Kleynhans, Michael Janse van Rensburg. Doelskoppe: Labuschagne (5). Strafdoel: Labuschagne. AHS Kroonstad 21 (14) – Drieë: Zak van Niekerk, Dian de Beer, Kobus Joubert. Doelskoppe: Chappies van der Walt (3).
HTS Welkom 54 (21) – Drieë: Adrian Olivier (2), Siya Ngxesha (2), Tefo Modiele, Tandolwethobola Nghosa, Tshepo Raseboka, Morena Seekoei. Doelskoppe: Vusikhaya Hanaba (7). HTS Sasolburg 10 (5) – Drieë: Thia Japtha (2).
Goudveld-Hoërskool 14 (6) – Drie: Zane Vorster. Strafdoele: Lorenzo Cloete (3). Hentie Cilliers 12 (0) – Drieë: Jovanian du Preez, Dillon Hardenberg. Doelskop: Owen Kleinhans.
Wilgerivier 43 (15) – Drieë: Corjan Muller, Christiaan Jooste, Daniel Jooste, Junior Jordaan, Tat van der Watt, Stean Marais. Doelskoppe: Cobus Erasmus (5). Strafdoel: Erasmus. Hoërskool Kroonstad 8 (5).
Hennenman 22 (10) – Drieë: Albe Venter, Richard Badenhorst, Nathan Nel, Fanie Pretorius. Doelskop: Venter. Riebeeckstad 10 (10) – Drieë: Liphoko Majoe (2).
Wessel Maree 27 (17) – Drieë: Brandon Smit, William Hlongolwane, Tian Potgieter, Mpho Moretlo. Doelskoppe: Potgieter (2). Strafdoel: Potgieter. Bothaville 24 (5) – Drieë: Stephan Bester, Jurie Viljoen, Hanco van Aswegen, Willem van der Merwe. Doelskoppe: Carlo Kleynhans (2).
Sandveld 17 (12) – Drieë: Ettiene Verster (2), Christo Reynecke. Doelskop: David Marais. Bultfontein 0.
Ficksburg 53 – Drieë: Jade Adams (3), Vincent Geldenhuys, Ernest van Dyk, Willie Pretorius, Tiaan Venter, Ranny Nolan, Lutho Konza. Doelskoppe: Nolan (4). Ladybrand 0.
Reitz 20 – Drieë: Jannes van Coller, John Swart, Ruben Kriel. Paul Erasmus 10.




