Geen Diamond harder as Harding, Trio wil onoorwonne status in Bethlehem behou

Daar het al heelwat water in die see geloop sedert Diamantveld en Fichardtpark mekaar die stryd vroeër vanjaar tydens die jaarlikse Fichardpark Sportdag die stryd aangesê het.
Veral na die Vaaldam en die Gariepdam heelwat water deur sy sluise vrygelaat het. Dié kragmeting was destyds albei se eerste van die 2025-seisoen met Diamonds wat met 25-7 as oorwinnaars van die veld gestap het.
Saterdag se herontmoeting het ietwat meer op die spel as deel van die Wesgrow-reeks. Die kragmeting sal ook op die Fichie Leeus se tuisveld in Bloemfontein beslis word.
Diamonds se kaptein en binnesenter, Jonathan Harding, was in die eerste kragmeting tussen die twee spanne die groot doring in die vlees met twee drieë. Hy het sedertdien nog 16 drieë in sy span se volgende 13 wedstryde ingeryg.
Harding is ook tans die voorste driedrukker in die Wesgrow-reeks met sewe drieë in sy span se drie kragmetings tot dusver in die toernooi. Dit sluit vyf drieë in sy span se sege van 51-21 oor Witteberg van Bethlehem in.
Die Fichies behoort ook beter van hulself die keer rekenskap te gee. Die span se senterpaar, Divan Maartens en JM van Rensburg, sal weet wat van hul verwag word en was ook nie in die middelveld in die wedstryd tydens die sportdag nie.
Boonop het Fichies die haastige Matthew Valentine op regtervleuel na hy eers die atletiek-seisoen met ‘n bronsmedalje in die 200m vir seuns o.17 tydens die SA Skole-kampioenskap vroeër vanjaar afgesluit het.
Sy pa William het boonop op sy dag op vleuel vir Griekwas uitgedraf.
Diamonds se Clinton Brits (heelagter) asook Jaco Beukes (buitesenter) sal ook fyn deur die tuisspan dopgehou moet word.
Die Hoërskool Trio van Kroonstad moet na Bethlehem toe reis vir ‘n ontmoeting met Voortrekker. Die wedstryd skop om 13:30 af.
Trio is nog onoorwonne in die Wesgrow-reeks na seges oor Jim Fouché (31-14), Sentraal (27-10), Goudveld-Hoërskool (35-10) en Witteberg (20-19).
Indien die span wat deur Quintin Geldenhuys en Francois Stemmet ‘n sege oor die Trekker kan behaal sal net Fichardtpark en Diamantveld tussen hom en die titel staan. Diamonds is die guntelinge om die kroon te dra.
Die Trekkers se lostrio – Attila Ozturk, Jayden de Jesus en Wian Muller sal op hul stukke moet wees indien hulle die besoekers wil omdop. Die haker, Wessel Hattingh, behoort ook ‘n doring in Trio se vlees te wees.
Die spanne is:
Fichardtpark vs Diamantveld in Bloemfontein om 13:30:
Fichardtpark: 15 Unati Ntuli, 14 Matthew Valentine, 13 JM van Rensburg, 12 Divan Maartens, 11 Junior Titoti, 10 Pule Motsilili, 9 Theko Ofentse, 8 Jonathen Duarte, 7 Buko Mlali, 6 Josh Nelson, 5 Dian Visagie, 4 Dillon Louw, 3 Marko van der Westhuizen, 2 Marno Smit, 1 Jordan Jordaan.
Diamantveld: 15 Ezlin Swarts, 14 VJ Davids, 13 Jaco Beukes, 12 Jonathan Harding (kaptein), 11 Driaan Jacobs, 10 JG van Heerden, 9 Ruben van der Linde, 8 Enrique Boshoff, 7 Jayden de Klerk, 6 Louis Fourie, 5 Zuan Rautenbach, 4 MG van Greuning, 3 Dian Ellis, 2 Jaydrian Jacobs, 1 CJ Meiring.
Voortrekker vs Hoërskool Trio in Bethlehem om 13:30:
Voortrekker: 15 Christiaan van der Sandt, 14 Sizwe Qwabe, 13 Juhin Muller, 12 Siya Mdubo, 11 Renier van Niekerk, 10 Adriaan Bonthuys, 9 Edré Wille, 8 Attila Ozturk, 7 Jayden de Jesus, 6 Wian Muller, 5 Berto van Niekerk, 4 Theo van Wyk, 3 Maropa Lepondo, 2 Wessel Hattingh, 1 AJ Myburgh.
Hoërskool Trio: 15 D’Marco Basson, 14 Darius Job, 13 Jaydin Windvogel, 12 Kyle Kruger, 11 Jaylin Jones, 10 Tyron Adams, 9 Jandré Meintjies, 8 Dian Serfontein (kaptein), 7 Franco de Wet, 6 Kilian Kriek, 5 Danie Fourie, 4 Regardt Joubert, 3 Hanco Geel, 2 Myburgh Jacobs, 1 Cade Swanepoel.
- Grey College favourites once again to be crowned Champion of Champions - 2025-09-19
- RUGBY | Grey College – 2025 - 2025-09-18
- Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan - 2025-08-30