SuperSport Schools Plus

Garsies se Bere skommel afrigtingspan met nuwe bloed

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2026-01-10 Tags: ,

Hoërskool Garsfontein se nuwe afrigtingspan. Name in die foto van links na regs: Gustav Theunissen, Marinus van der Watt, Sylvester Booysen, Andries Bekker. Foto: Verskaf.

Hoërskool Garsfontein se Bere het op die vooraand van die 2026 skolerugbyseisoen sy afrigtingspan gevul met nuwe, baie ervare bloed.

Sylvester Booysen, die Bere se rugbydirekteur en nuwe hoofafrigter, het die ervaring van die Naka Bulle se agterlynafriger, Marinus van der Watt, en Andries Bekker nader geroep. Bekker, nog tot onlangs betrokke by die Bulle se Verenigde Rugbykampioenskap, sal vir Booysen as die Bere se voorspelerkonsultant bystaan.

Van der Watt, bekende in die Pretorianse rugby kringe, het al vier Carlton Bekers saam met die klub in Oos-Moot ingepalm, waarvan drie oor drie agtereenvolgende jare gestrek het. Van der Watt is sedert 2015 as hoofafrigter by die Naka Bulle betrokke.

Bekker het reeds in 2025 as lynstaankonsultant by die Noordvaal kampioen diens gedoen. Hý het 29 keer vir die Springbokke uitgedraf en ‘n merkwaardige 104 keer vir die Stormers, tussen 2005 en 2013 uigedraf.

Saam met Bekker, sal Springbok flank, Marcell Coetzee weer sy dienste aan die Bere bied. Coetzee het self al 31 keer vir die Springbokke uitgedraf en is tans steeds ‘n prominente lid van die Bulle se span VRK. Sý se ervaring wat afbreekpunte betref het reeds ‘n beduidende verskil in dié span se 2025 siesoen gehad. Agterlangs het Van der Watt die ondervinding van Oud-Springbok en Goue Leeus heelagter Andries “Boeboes” Coetzee.

Coetzee, ook 13 wedstryde as Springbok, se rol fokus meer en deels op verdediging, terwyl hy ook die stelskoppers onder hande neem.

Jacques van Rooyen, ex-Leeus en Bulle stut, sal vir nog ‘n jaar in beheer van die skrums wees. Armand Olivier is weer in beheer van kondisionering. Lezanné Vermaak sal weer ‘n prominente rol as fisioterapeut speel.

Boonop sal Hennign Gericke die Bere se bestuurspan verder, as spansielkundige versterk. Gericke was die kopdokter vir die Springbokke tydens die suksesvolle 2007 Wereldbeker toernooi in Frankryk.

Die Bere se paaie het aan die einde van 2025 met Johan du Plessis geskei. Du Plessis was vir 16 jaar ‘n hoeksteen van die Bere se sukses. Hy sal in 2026 Die Hoërskool Menlopark se agterlyn brei.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.