SuperSport Schools Plus

Garsies en Stellenberg in vir #Wildeklawer2016

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-09-21 Tags: , ,

Die kampioen van die Beeld Noordvaal Trofee, Garsfontein van Pretoria en Stellenberg van Kaapstad sal volgende jaar die twee nuwelinge op die Wildeklawer-toernooi in Kimberley wees. Die span van die Moederstad se laer spanne is reeds ‘n geruime tyd deel van Wildeklawer se junior-toernooi, terwyl Stellies se netbalspan die kampioen van Wildeklawer vir 2015 is. 

Stellenberg is vinnig besig om homself onder die voorste skolespanne in Suid-Afrika te vestig. Garsfontein het verlede jaar vir die eerste keer tot die eindstryd van die Beeldtrofee deurgedring en vanjaar die eerste keer die trofee omhoog gehou toe hy vir HTS Middelburg met 42-40 in die eindstryd verslaan het. 

Geen span van KwaZulu-Natal sal volgende jaar aan die toernooi deelneem nie. Glenwood sal Suid-Afrika se verteenwoordiger in die jaarlikse Sanix Internasionale toernooi in Japan wees. Paul Roos Gimnasium het vanjaar in Japan met die louere weggestap. Dit sal die derde keer wees dat die skool van Durban aan die toernooi in Japan gaan deelneem. 

Die bepalings van die toernooi sal later vanjaar bekend gemaak word. 

Die eerste spanne wat volgende jaar op #Wildeklawer2016 in aksie gaan wees is:

Affies, Hoer Jongenskool Paarl, Grey College, Waterkloof, Paul Roos Gimnasium, Paarl Gimnasium, Monument, Outeniqua, EG Jansen, Oakdale Landbou, HTS Middelburg, Boland Landbou, Menlopark, Selborne College, SARU XV, Louis Botha, Diamantveld, Noord-Kaap, Garsfontein, Stellenberg.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.