SuperSport Schools Plus

Garsies behou sy houvas oor Menlopark, terwyl Monnas drieë teen Valia inryg

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2019-05-26 Tags: , ,

NewsGHelpmekaarDie Hoërskool Garsfontein se Bere het sy houvas oor sy eweknie van Menlopark sedert 2011 met ‘n sege van 46-28 behou.

Garsies kon na hy die meeste van die balbesit in die eerste helfte geniet het slegs ‘n skrale voorsprong van 17-14 teen rustyd bewerkstellig. Menlopark se heelagter, Lincoln Adams, het twee keer ‘n draai in die eerste helfte agter die doellyn gemaak na sy span daarin kon slaag om omgekeerde besit te bewerkstellig. 

Adams het ‘n blink vertoning vanuit die laaste vesting gelewer, maar sy direkte teenstander, Zeilinga Strydom, is in ‘n klas van sy eie. Strydom het die aanvoorwerk vir Garsies se tweede drie deur die vleuel Geraldo Flusk gedoen na hy aansluiting by die agterlyn gevind het.

Elke keer wat Strydom in besit geplaas is, het hy probleme vir Menlopark se verdediging veroorsaak. Adams se tweede drie was die beste deur sy span na ‘n goeie aangee van die linkervleuel, Ulrich Wiese, na Michael Schoeman aan die buitekant in spasie geplaas is. Strydom het vir Schoeman platgetrek, maar laasgenoemde kon die aangee wegkry om Adams weg te sit. 

Garsfontein se vaskopstut, Gerhard van der Merwe, die haker, Manie Potgieter, asook die agtsteman, Dupré Wessels, het voorlangs goeie spel vir die Turkoois Bere gelewer. Menlopark se flank Tiaan Lange het op die grond uitstekende werk vir sy span verrig, terwyl die haker, Enrique Courtriers, sy beste vertoning tot dusver van die jaar opgedis het. 

Monument het soos verwag oor heeltemal te veel skietgoed vir Transvalia beskik. Die Wit Bulle het op sy tuisveld vir Transvalia met 92-12 oorrompel. 

Monnas het al die wind teen rustyd reeds uit die besoekers 

Die wedstryd is tien minute voor die einde reeds gestop en die besoekers van Vanderbijlpark se hoofafrigter, Jaco Kok, sal die week nuwe planne moet beraam voor eerskomende Saterdag se stryd teen EG Jansen van Boksburg. 

Monnas se vleuel Jonathan Ackerman was self vir drie van sy span se 14 drieë verantwoordelik. Francois Weideman, KG Nyamande (vleuel) en Luan van der Walt het elk ook dubbelle driedruk-plesier ervaar. 

EG Jansen van Boksburg sal baie tevrede met sy volpunte wees waarmee van Middelburg terug na die Oos-Rand gekeer het. Die Jansies was met 43-7 gemaklik oor HTS Middelburg baas. 

Die tuisspan sal nie gelukkig wees met die gemak waarmee Jansies sy eerste drie drieë in die eerste helfte gedruk het om ‘n gemaklike voorsprong van 19-0 teen lemoentyd op te bou nie. Die besoekers se skakelpaar, Lesley October en Kyle Potgieter, het gesorg dat hul span se agterlyn seepglad weggesit. 

Die Hoërskool Noordheuwel het amper daarin geslaag om sy eerste ligapunt in vanjaar se reeks te verdien, maar was slegs een punt daarvan kort in sy nederlaag van 25-33 teen Helpmekaar-kollege. Die Nories was slegs twee minute van ‘n moontlike bonuspunt vir ‘n nederlaag van sewe punte of minder weg. 

Die span was waarskynlik ook na aan sy eerste sege in die reeks met ‘n lynstaan vyf tree van Helpies se doellyn met twee minute se speeltyd oor met die telling op 26-25 in die wenspan se guns. Helpies het balbesit by die lynstaan verloor en die plaasvervanger-skrumskakel, Xavier van der Merwe, het die sege van die omgekeerde besit met ‘n drie beklink. 

Helpies se agtsteman, Zander du Toit, en kantman Ruan Nortjé het deurgans uitstaande spel voorlangs gelewer. Nories se kaptein en agtsteman, Sergio Moreira, was die grootste doring in Helpies se vlees gewees.

Puntemakers: 

Garsfontein 46 (17) – Drieë: Dupré Wessels (2), Geraldo Flusk, Manie Potgieter, Gerhard van der Merwe, Neil Gericke. Doelskoppe: Dillon Olckers (3), Wikus Basson, Jurich Claassens. Strafdoele: Basson, Olckers. Menlopark 28 (14) – Drieë: Lincoln Adams (2), Nolan Pienaar, Jano Joubert. Doelskoppe: Niel Beukes (4). 

Monument 92 (54) – Drieë: Jonathan Ackerman (3), Francois Weideman (2), Luan van der Walt (2), KG Nyamande (2), Dehan Niemand, Herschelle Goodman, Brandon Beukes, Kayle Schultz, Ethan Snyman. Doelskoppe: Franco Hallett (10), JJ van der Walt. Transvalia 12 (0) – Drieë: Shaun Christie, Quinton Crause. Doelskop: Lee-Andrew du Preez.

Helpmekaar 33 (19) – Drieë: Tyler Skudder, Ruan Nortjé, Tiaan Botes, Aiden Parsons, Xavier van der Merwe. Doelskoppe: Botes (4). Noordheuwel 25 (8) – Drieë: Maurice Marks (2), Sergio Moreira. Doelskoppe: Juan Nieuwenhuizen (2). Strafdoele: Nieuwenhuizen (2). 

EG Jansen 43 (19) – Drieë: Lesley October (2), Jason Edwards (2), Brandon Pienaar, Juandré Odendaal, Tylon Kotze. Doelskoppe: Kyle Potgieter (4). HTS Middelburg 7 (0) – Drie: Christiaan Vlok. Doelskop: Justin Botha. 

Ander spanne: 

o.16: Garsfontein 21, Menlopark 21; HTS Middelburg 41, EG Jansen 22; Monument 47, Transvalia 17; Helpmekaar 19, Noordheuwel 19.

o.15: Garsfontein 15, Menlopark 12; EG Jansen 10, HTS Middelburg 10; Monument 17, Transvalia 8; Helpmekaar 63, Noordheuwel 3.

o.14: Menlopark 21, Garsfontein 13; HTS Middelburg 54, EG Jansen 0; Monument 45, Transvalia 14; Helpmekaar 62, Noordheuwel 10.   

PUNTELYS: 

#SpanGespeelWenGelykVerlPunte VPunte TDrieë VDrieë TLigapunte
1Garsfontein4301171103271417
2Helpmekaar33001176918915
3Monument320114569211011
4Menlopark320112188181211
5HTS Middelburg4202124129172111
6Waterkloof42029415212229
7EG Jansen210180551286
8Transvalia4004642129321
9Noordheuwel3003671069150

Kyk weer na die wedstryde op DigiTV.co.za

RooiesTVo.19A

HTS Middelburg vs EG Jansen

https://digitv.co.za/#/video/9540/10888/Vod

o.19B

HTS Middelburg vs EG Jansen

https://digitv.co.za/#/video/9509/10888/Vod

o.16A

 HTS Middelburg vs EG Jansen 

https://digitv.co.za/#/video/9512/10888/Vod

o.15A

HTS Middelburg vs EG Jansen 

https://digitv.co.za/#/video/9514/10888/Vod

o.14A

HTS Middelburg vs EG Jansen 

https://digitv.co.za/#/video/9510/10888/Vod

[powr-comments id=”ee8231a6_1558870787956″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.