SuperSport Schools Plus

Frikkies vasberade om terug te keer na wenpad in Randburg

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-04-11 Tags: , ,

FOTO: Hoërskool Randburg op Facebook.

Hoërskool Frikkie Meyer wil ten alle koste Saterdag weer oorwinning smaak wanneer hy na Gauteng reis vir ’n interessante kragmeting met Hoërskool Randburg.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schoolswww.supersportschools.com

Die span van Thabazimbi lek nog sy wonde ná die nederlaag van 10–17 teen Hoërskool Hans Strijdom in die eindstryd van die onlangse Mauritz Hansen-rugbyweek in Naboomspruit.

Die besoekers is nietemin deeglik bewus daarvan dat Randburg nie summier in sy eie agterplaas geklop word nie. Die Randburgers is bekend daarvoor om na ’n hoër rat oor te skakel wanneer die tuisskare agter hulle staan en, as dié twee spanne se vertonings tot dusver vanjaar ’n maatstaf is, wag daar Saterdag ’n fisieke stryd, verál voorlangs.

Frikkie Meyer beskik oor ’n gedugte voorry, saamgesnoer deur die stoere Boom Venter, wat tussen stutte, Lourens Pieterse en Johnny Barnard, sak. Die ywerige steelkantflank, Keanu Visser, sal oudergewoonte woel voorlangs en ook weer die besoekers aanvoer.

Die tuisspan plaas taamlike vertroue in hul jong slot, Phillip Rykaart, asook die woelwater-agsteman, Curwin Hill, om die besoekers se fisieke aanslag te probeer neutraliseer.

Agterlangs moet Frikkie Meyer op sy hoede wees vir giftige teenaanvalle deur die ervare heelagter, Francois Groenewald, wat verlede jaar reeds homself onderskei het as ’n sleutelspeler vir Randburg. Groenewald sal self skerp op die verdediging moet wees, aangesien die Frikkies se agterste driehoek ook groot gevaar inhou, met regtervleuel, Wian Pretorius, wat moeilik gekeer word wanneer hy op loop sit.

Die spanne:

Höerskool Randburg t. Hoërskool Frikkie Meyer om 12:30 in Randburg:

Randburg: 15 Francois Groenewald, 14 Bradley Burcher, 13 Eduan Bakkes, 12 Zander Drake, 11 Josh Wigget, 10 Jayden Todd, 9 Rico Vosloo, 8 Curwin Hill, 7 Zander van Tonder, 6 Victor van Blerk, 5 Branden Peterson, 4 Phillip Rykaart, 3 Malan van Heerden, 2 Dietlov Fourie, 1 Kian Kritzinger.

Frikkie Meyer: 15 Poppie Mphela, 14 Wian Pretorius, 13 Prince Sekoboane, 12 Mare Pieterse, 11 HW du Plessie, 10 Barnabas Nyamakupe, 9 MC Barnard, 8 Darren Pretorius, 7 Keanu Visser, 6 Stefan Mulder, 5 Herman Prinsloo, 4 Kgosi Leteane, 3 Johnny Barnard, 2 Ruben Venter, 1 Lourens Pieterse.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.